{"id":6133,"date":"2014-06-10T07:29:26","date_gmt":"2014-06-10T07:29:26","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/jong-bokkies-wen-ondanks-verspeelde-kanse\/"},"modified":"2014-06-10T07:29:26","modified_gmt":"2014-06-10T07:29:26","slug":"jong-bokkies-wen-ondanks-verspeelde-kanse","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6133","title":{"rendered":"Jong Bokkies wen ondanks verspeelde kanse"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel die Suid-Afrikaanse o.20-rugbyspan se sege van 21-8 oor Samoa in die Ecolight-stadion in Pukekohe beteken dat die span as die voorste gekeurde span tot die halfeindstryde deurdring, sal die wedstryd onthou word vir die verspeelde kanse deur die Jong Bokkies.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Suid-Afrika het \u2018n hele paar kere gulde geleenthede om te gaan druk laat verbygaan deur oordeelfoute sowel as hanteerfoute. Die Suid-Afrikaners het in die eerste helfte in die koue en nat toestande besluit om van die dryfmaalbeweging van hulle lynstane gebruik te maak. Die span se kaptein en losskakel, Handr\u00e9 Pollard, het met sy lang lynskoppe vir Samoa in toom gehou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die reusagtige slot van Samoa, Cameron Skelton het die Jong Bokkies se dryfmale van lynstane af \u2018n hele paar keer gestuit. Die 19-jarige reus wat nog volgende jaar ook aan di\u00e9 toernooi mag deelneem staan \u2018n allemintige 2.07m in sy sokkies en laat die skaal op 135kg kreun. Hy het egter ook twee keer strafskoppe afgestaan in sy pogings om die Suid-Afrikaners te stuit. Samoa se agtsteman, Richard Mariota het toe die prys daarvoor betaal toe hy vir herhaalde oortredings by die afdeling van die spel koelkas toe gestuur is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Jong Bokkies se agtsteman, Aidon Davis vanaf \u2018n skrum sy span se eerste drie gedruk kort na Mariota koelkas toe is. Dit het aan die Jong Bokkies \u2018n voorsprong van 7-5 gegee, maar dit het nie lank geduur nie. Samoa se losskakel, William Talataina Mu, het kort daarna en net voor rustyd met \u2018n strafdoel sy span met 8-7 laat voorloop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Samoa het na 30 minute se spel die eerste drie in die wedstryd gedruk nadat Harry Luteru \u2018n skop van die Jong Bokkies se heelagter, Jesse Kriel, afgestorm het. Die senter, Nathaniel Apa, het die bal deurgeskop en opgepik om te gaan druk. Apa het in die tweede helfte ook tyd in die koelkas deurgebring na \u2018n hoogvat op die Suid-Afrikaanse vleuel, Sergeal Petersen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir die Jong Bokkies het sy binnesenter, Andr\u00e9 Esterhuizen oorgestorm vir \u2018n drie om sy span vir die eerste keer te laat voorloop in die tweede helfte. Die sege is verse\u00ebl toe Petersen \u2018n welverdiende drie aan die einde van die wedstryd gaan druk het.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Suid-Afrika 21 (7) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Aidon Davis, Andr\u00e9 Esterhuizen, Sergeal Petersen. Doelskoppe: Handr\u00e9 Pollard (3). <strong>Samoa 8 (8) \u2013<\/strong> Drie: Nathaniel Apa. Strafdoel: William Talataina Mu.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Hoewel die Suid-Afrikaanse o.20-rugbyspan se sege van 21-8 oor Samoa in die Ecolight-stadion in Pukekohe beteken dat die span as die voorste gekeurde span tot die halfeindstryde deurdring, sal die wedstryd onthou word vir die verspeelde kanse deur die Jong Bokkies. Suid-Afrika het \u2018n hele paar kere gulde geleenthede om te gaan druk laat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6133","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6133","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6133"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6133\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6133"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6133"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6133"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}