{"id":6139,"date":"2014-06-14T00:13:16","date_gmt":"2014-06-14T00:13:16","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/slabbert-en-muller-vandag-onder-die-vergrootglas\/"},"modified":"2014-06-14T00:13:16","modified_gmt":"2014-06-14T00:13:16","slug":"slabbert-en-muller-vandag-onder-die-vergrootglas","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6139","title":{"rendered":"Slabbert en Muller vandag onder die vergrootglas"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is vandag twee individuele spelers se vertonings wat vandag op die Vrystaatse Bondedag by Grey-kollege deur die keurders fyn dopgehou sal word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei is losvoorspelers en sal as die twee ongelukkigste spelers vanjaar in die sentrale streek tel indien hulle nie hulle onderskeie unies se spanne na die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Middelburg (Mpumalanga) haal nie. Die twee spelers is Henry \u201cTumi\u201d Slabbert (Vrystaat) en Gerrie Muller (Griffons).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Slabbert sal vandag \u2019n uitstaande vertoning vir die Vrystaatse Akademie-span teen sy eweknie van Griekwaland-Wes wil lewer. \u2019n Uitmuntende vertoning kan dalk net vir hom \u2019n plek in die span vir die Cravenweek-span besorg voor di\u00e9 span gefinaliseer word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Slabbert was vanjaar een van Grey-kollege se uitstaande voorspelers. Hy was verlede jaar in Zastron en het die Suid-Vrystaatse span op die VKB-week in Reitz verteenwoordig. Na afloop van di\u00e9 week was hy in die span ingesluit wat verlede jaar na Frankryk getoer het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Slabbert was voor hy Zastron toe is in 2012 in Grey, maar kon nie \u2019n gereelde plek in die skool se o.16A-span kry nie. Hy het net na sy skuif uit Grey vir Zastron se sewesspan gehelp op op Vrystaat se jaarlikse sewesdag vir Grey met 15-12 te troef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het vanjaar al tien keer vir Grey se eerstespan geen druk, wat die meeste deur enige speler in die span is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Muller van die Ho\u00ebrskool Wilgerivier beleef sover \u2019n uitstekende seisoen op die rugbyveld. Hy spog vanjaar met nege drie\u00eb in sy span se ses ligawedstryde in die Oos-Vrystaat. Hy is hiermee ook die voorste driedrukker in di\u00e9 liga.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Muller het in 2012 die Griffons op die Grant Khomo-week verteenwoordig. Verlede jaar was hy lid van die Perses se Plattelandse-akademiespan. Hy is vandag ook in die span teen hulle eweknie van Griekwas te sien. Muller kan egter soos Slabbert nog met \u2019n uitstaande vertoning sy plek in die Cravenweek-span oopspeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy was in 2012 ook as die speler van die wedstryd in die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) se eindstryd aangewys toe sy skoolspan as kampioen gekroon is. \u2019n Uitsonderlike prestasie as daar in ag geneem word dat hy nog slegs in graad tien was.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is vandag twee individuele spelers se vertonings wat vandag op die Vrystaatse Bondedag by Grey-kollege deur die keurders fyn dopgehou sal word. Albei is losvoorspelers en sal as die twee ongelukkigste spelers vanjaar in die sentrale streek tel indien hulle nie hulle onderskeie unies se spanne na die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Middelburg [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6139","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6139","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6139"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6139\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6139"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6139"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6139"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}