{"id":614,"date":"2013-05-17T15:27:08","date_gmt":"2013-05-17T15:27:08","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-speelstyl-het-grey-se-ew-na-kaap-gelok\/"},"modified":"2013-05-17T15:27:08","modified_gmt":"2013-05-17T15:27:08","slug":"wp-speelstyl-het-grey-se-ew-na-kaap-gelok","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=614","title":{"rendered":"WP-speelstyl het Grey se EW na Kaap gelok"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">DIE speelstyl van die Westelike Provinsie was die groot trekpleister vir Grey-kollege se heelagter, EW Viljoen en daarom het hy besluit om sy loopbaan volgende jaar in Kaapstad voort te sit. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cEk hou van die soort rugby wat hulle speel en die Westelike Provinsie was altyd nog my tweede span wat ek ondersteun het. Ek is nog altyd \u2018n Cheetah-ondersteuner gewees,\u201d het Viljoen oor sy skuif ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Viljoen sal ook heel moontlik kans kry om sy vaardighede in sewesrugby aan te vul. Viljoen sou reeds deel van die nasionale o.18-sewesspan gewees het, wat vro\u00ebr vanjaar die goue medalje op die Australiese Jeug Olimpiese-fees verower het. Hy moes hom egter kort voor die span se vertrek weens siekte aan die span onttrek. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Viljoen kan indien hy op sy goeie vertonings voortbou \u2018n sterk aanspraakmaker op \u2018n plek in die Suid-Afrikaanse Skole-span wees. Die span word na afloop van die 50ste Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole gekies wat van 7 tot 13 Julie in Polokwane aangebied word. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel die Vrystaat-span nog nie gekies is nie, behoort Viljoen die laaste vesting vir di\u00e9 span te beman. Vrystaat kom op die tweede dag van di\u00e9 toernooi teen Oostelike Provinsie in sy eerste wedstryd te staan. <\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Viljoen was met 43 punte die voorste puntemaker op die Grant Khomo-week vir o.16-spanne in 2011. Di\u00e9 Vrystaat het di\u00e9 toernooi onoorwonne afgesluit. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cEk hou baie van die manier hoe die Waratahs se heelagter Israel Folau en die Reds se losskakel Quade Cooper speel,\u201d het Viljoen oor sy rolmodelle vertel. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Viljoen is boonop \u2018n begaafde krieketspeler. Hy was in 2011 die vinnigste snelbouler op die nasionale o.17-krieketweek in Bloemfontein. Hy was op di\u00e9 week die Vrystaat se voorste bouler sowel as kolwer. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy sou verlede jaar op die Khaya Majola-week in Potchefstroom gespeel het, maar oor sy verpligtinge met die nasionale skole-sewesspan het hy weer aan die o.17-krieketweek deelgeneem. <\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cEk glo ek gaan nog krieket speel omdat ek dit geniet, maar net vir die lekkerte,\u201d het Viljoen ges\u00ea.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE speelstyl van die Westelike Provinsie was die groot trekpleister vir Grey-kollege se heelagter, EW Viljoen en daarom het hy besluit om sy loopbaan volgende jaar in Kaapstad voort te sit. \u201cEk hou van die soort rugby wat hulle speel en die Westelike Provinsie was altyd nog my tweede span wat ek ondersteun het. Ek [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-614","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/614","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=614"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/614\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=614"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=614"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=614"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}