{"id":6141,"date":"2014-06-14T00:22:24","date_gmt":"2014-06-14T00:22:24","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/preview-griffons-vs-griekwa-platteland\/"},"modified":"2014-06-14T00:22:24","modified_gmt":"2014-06-14T00:22:24","slug":"preview-griffons-vs-griekwa-platteland","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6141","title":{"rendered":"Preview &#8211; Griffons vs. Griekwa-platteland"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Die Griffons en Griekwa-platteland se o.18-rugbyspanne pak mekaar in die vernaamste voorwedstryd van die hoofwedstryd van vanjaar se Vrystaatse Bondedag. Die Bondedag word op Grey-kollege se veld in Bloemfontein aangebied.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Die vlie\u00ebnde vleuels van die Perses <\/b><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Griffons se twee vleuels, Nazo Nkala en Jonathan April, is nie ouens wat jy \u2019n halwe geleentheid kan gun nie, anders gaan kuier hulle agter jou pale.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei het al verlede jaar ook die Perses op die Cravenweek verteenwoordig. Nkala het vanjaar reeds sewe keer in sy skoolspan, Welkom-Gimnasium, se vyf ligawedstryde gaan druk. April is ietwat stiller vanjaar as verlede jaar, maar het self vanjaar vyf keer in vyf ligawedstryde die doellyn oorgesteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar kan dus verwag word dat die Griffons vanjaar die bal hope lug sal gee.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Die Plattelanders is \u2019n jongspan<\/b><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Meer as \u2019n helfte van Griekwa-platteland se span is volgende jaar steeds verkiesbaar om vir die unie op die Cravenweek te verteenwoordig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Selgs twee spelers die slot Ryno Karstens en stut Sergio Boer was verlede jaar ook vir die span op die Cravenweek in aksie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Slotte dalk sleutel vir Griekwa-platteland <\/b><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van die voormalige Noordoos-Kaap (NOK) se twee slotte, Karstens en Cobus Wiese, sal waarskynlik sleutelrolle vir die span vertolk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Karstens het met sy ondervinding \u2019n belangrike rol om voorlangs te vertolk. Wiese is vroe\u00ebr vanjaar in die span van die week tydens die jaarlikse Oakdale Landbou rugbyweek ingesluit. Wiese staan 1.97\u2009m in sy sokkies en weeg 94\u2009kg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Standvastige Juries <\/b><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Griffons se skrumskakel, Jaywinn Juries, is die speler met die suiwerste aange\u00eb vanuit die oond in die sentrale streek. Op skolevlak in Suid-Afrika is dit slegs Ralton October (Leeus) wat by hom kan kers vashou. Juries, October en die Blou Bulle se Embrose Papier is die vernaamste aanspraakmakers om vanjaar die SA Skole-span se oond skoon te maak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Die aanvallende Alexander <\/b><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Met die Perses wat van oor die gevaarlikste vleuels in die land beskik, moet die skeppende vaardighede van die heelagter, Ezrick Alexander, nie weggegooi word nie. Hy het die vermo\u00eb om spanne se verdedigings aan flarde te hardloop as hy besluit om \u2019n teenaanval te loots.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Die spanne is:<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Griffons:<\/b> Ezrick Alexander, Nazo Nkala, Siyamamkela Ngxesha, Boeta Vermaak, Jonathan April, Luan James, Jaywinn Juries, Francois Stemmet, Henry Searle, JP Kalp, Erik Knoetze, Wesley McMaster, Armand van Wyk, Toffie van Zyl, Fanie Vermaak. Plaasvervangers: Nick Fortuin, Neo Mohapi, Niel Janse van Rensburg, Nathan Kemp, Jason Olivier, Kobus Kleyn, Tokkie van Zyl.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Griekwa-platteland:<\/b> Renaldo Theron, Joe-Lyhten Willemse, Ettiene Kruger, Dillon Magerman, Marcel van der Westhuizen, Coenie Lamprecht, Andr\u00e9 Share, Rynard Hayes, Erik Jordaan, Dian Dry, Ryno Karstens, Cobus Wiese, Stefan Hanekom, Erlu Jonck, David du Toit. Plaasvervangers: Gert Nel, Sergio Boer, Wynand Terblanche, Garth-Lee Young, Denvil Joseph, Naziem van Wyk, Franco Snyders.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Griffons en Griekwa-platteland se o.18-rugbyspanne pak mekaar in die vernaamste voorwedstryd van die hoofwedstryd van vanjaar se Vrystaatse Bondedag. Die Bondedag word op Grey-kollege se veld in Bloemfontein aangebied. Die vlie\u00ebnde vleuels van die Perses Die Griffons se twee vleuels, Nazo Nkala en Jonathan April, is nie ouens wat jy \u2019n halwe geleentheid kan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":47427,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6141","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6141","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6141"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6141\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/47427"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6141"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6141"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6141"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}