{"id":6143,"date":"2014-06-14T00:26:54","date_gmt":"2014-06-14T00:26:54","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/so-staan-sake-in-die-beeldtrofee-se-groot-skole-afdeling\/"},"modified":"2014-06-14T00:26:54","modified_gmt":"2014-06-14T00:26:54","slug":"so-staan-sake-in-die-beeldtrofee-se-groot-skole-afdeling","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6143","title":{"rendered":"So staan sake in die Beeldtrofee se Groot Skole-afdeling"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Wanneer die eerste rugbyspanne van die Ho\u00ebrskool Randburg en Ho\u00ebrskool Linden vandag om 12:45 op die veld draf in hul jaarlikse interskole wedstryd, is daar meer as net uitslag van di\u00e9 derby op die spel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 kragmeting op Randburg se tuisveld is ook die laaste van die rondomtalie-wedstryde van die Leeus se Groot skole-liga. Linden het bonuspunt-seges in elk van hul wedstryde sover vanjaar behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Randburg het op sy beurt weer net teen Bastion met 15-13 die knie gebuig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Indien hulle die kragmeting wen, sal Randburg egter bo Linden op die puntelys eindig. Die span spog met \u2019n beter punteverskil as Linden. Dit beteken die twee spanne sal mekaar weer in die halfeindstryd van die liga die stryd aans\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenner van di\u00e9 halfeindstryd sal tot die Beeldtrofee deurdring. Pennypinchers en Timbercity is medeborge van di\u00e9 reeks.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Verloor Randburg egter vandag se stryd, sal hy sake uitspook teen Helpmekaar in die halfeindstryd van die Leeus-streek. Randburg se sleutelspeler sal hulle Cravenweek-stut, Franco van der Berg, wees. Hy kan Linden hoofbrekens besorg met sy kraglopies. Randburg sal Linden se losskakel, Kyle Lues, fyn moet dophou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Mpumalanga se Groot skole pak mekaar vandag in die kwarteindrondes van die liga. Op Ligbron se velde in Ermelo sal die tuisspan sake om 13:20 teen Oosterland uitspook. In die ander halfeindstryd om 12:00 op di\u00e9 veld pak Standerton en Generaal Hertzog mekaar.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die ander twee kwarteindstryde word by Ho\u00ebrskool Ermelo beslis. Ermelo speel om 13:20 teen Secunda vir \u2019n plek in die halfeindstryd, terwyl Piet Retief en Volksrust om 12:00 sake in die ander kwarteindstryd uitspook.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Luiperds se afdeling vir Groot skole s\u00ea Ho\u00ebrskool Klerksdorp en Lichtenburg mekaar om 12:15 in Klerksdorp in \u2019n belangrike kragmeting die stryd aan. Albei het verlede week oortuigende seges behaal teen onderskeidelik Potchefstroom Gimnasium en Ho\u00ebr Volkskool in Potchefstroom.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Die spanne is:&nbsp;<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebrskool Randburg:<\/strong> 15 Vuyo Shongwe, 14 Reinardt de Wet, 13 Jeandr\u00e9 van Schalkwyk, 12 Gareth Kramer, 11 George Robinson, 10 Ruben Jacobs, 9 Christoff Buys, 8 Shaun Hulley (kaptein), 7 Brandon Baker, 6 Donovan Otto, 5 Le Roux Joubert, 4 Armand Kruger, 3 Joshua Erasmus, 2 Andr\u00e9 Bezuidenhout, 1 Franco van der Berg.&nbsp;<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ho\u00ebrskool Linden:<\/strong> 15 Brandon Lizamore, 14 Andy Venter, 13 Dyllan van Tonder, 12 Ryan Johst, 11 Morn\u00e9 van den Berg, 10 Kyle Lues, 9 Philmar de Wet, 8 Brendon Schutte, 7 Christiaan Botha, 6 Ruan Murray, 5 Pascal Snyman (kaptein), 4 Jason Carlse, 3 Wayne van der Merwe, 2 De la Rey van Heerden, 1 Jean Rabie.&nbsp;<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Wanneer die eerste rugbyspanne van die Ho\u00ebrskool Randburg en Ho\u00ebrskool Linden vandag om 12:45 op die veld draf in hul jaarlikse interskole wedstryd, is daar meer as net uitslag van di\u00e9 derby op die spel. Di\u00e9 kragmeting op Randburg se tuisveld is ook die laaste van die rondomtalie-wedstryde van die Leeus se Groot skole-liga. Linden [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6143","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6143","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6143"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6143\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6143"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6143"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6143"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}