{"id":615,"date":"2013-05-17T15:39:30","date_gmt":"2013-05-17T15:39:30","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/skeidsregters-vir-vanjaar-se-cravenweek-bekend\/"},"modified":"2013-05-17T15:39:30","modified_gmt":"2013-05-17T15:39:30","slug":"skeidsregters-vir-vanjaar-se-cravenweek-bekend","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=615","title":{"rendered":"Skeidsregters vir vanjaar se Cravenweek bekend"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">DIE eerste en enigste Vrystaatse skeidsregter wat nog ooit \u2018n hoofwedstryd op die Cravenweek vir ho\u00ebrskole hanteer het, Jaco Kotz\u00e9 sal vanjaar ook op die 50ste weergawe van di\u00e9 toernooi in aksie wees. Di\u00e9 toernooi vind van 8 tot 13 Julie in Polokwane plaas.<\/span><\/p>\n<p>Kotz\u00e9 het verlede jaar die eerste Vrystater geword in die toernooi se hoofwedstryd te blaas toe hy di\u00e9 kragmeting tussen die Blou Bulle en Leeus in Port Elizabeth hanteer het. Die Vrystaatse Cravenweek-span se sukses sedert die ontstaan van di\u00e9 toernooi in 1964 het grootliks daartoe bygedra dat geen Vrystater nog voor Kotz\u00e9 die eer gehad het om die fluitjie in \u2018n hoofwedstryd te dra nie.<\/p>\n<p>\u201cEk sien dit as \u2018n groot geleentheid vir my om weer vir SA Rugby op die Cravenweek te blaas. \u2018n Ou kan nie jou doelwit maak om weer die hoofwedstryd te blaas nie omdat daar soveel faktore \u2018n rol tot so \u2018n aanstelling speel. My doelwit vir die toernooi is om elke wedstryd waarin ek betrokke is \u2018n vertoning van ho\u00eb gehalte te lewer,\u201d het Kotz\u00e9 ges\u00ea.<\/p>\n<p>Kotz\u00e9 het vanjaar reeds goeie ondervinding bygedoen. Hy het die moeilike ENB Classic Clash tussen Ho\u00ebrskool Noord-Kaap en Diamantveld op GWK-park geblaas. Hy was ook die skeidsregter in die Classich Clash tussen Grey-kollege en Affies verlede week. Affies het in die kragmeting vir Grey hulle eerste nederlaag in Bloemfontein sedert 2006 toegedien.<\/p>\n<p>Kotze is egter nie al skeidsregter wat om vanjaar se toernooi sal blaas wat al \u2018n hoofwedstryd hanteer het nie. Archie Sehlako het 2009 se hoofwedstryd tussen die Vrystaat en Westelike Provinsie in Oos-Londen hanteer. Die Streeptruie het die kragmeting 19-17 gewen met die Springbok-slot Eben Etzebeth wat as speler van die wedstryd aangewys is.<\/p>\n<p>Matt Kemp het in 2006 se hoofwedstryd in Johannesburg tussen die Leeus en die Blou Bulle as lynregter diens gedoen.<\/p>\n<p>Die enigste ander Vrystater wat op die nasionale skoleweke in aksie sal wees is Marlize Jordaan wat die Akademieweek in Durban gaan bywoon. Twee van die Griffons se skeidsregters, AJ Jacobs en Enrico van Rooyen sal op die Grant Khomo-week vir o.16-spanne diens doen. \u2018n Voormalige skeidsregter van die Perses, Wilco Esterhuizen sal ook op di\u00e9 week in aksie wees. Hy val egter deesdae onder die Blou Bulle se structure. Griekwas se Nico Schmahl sal ook na di\u00e9 week as \u2018n beampte gaan.<\/p>\n<p><strong>Die skeidsregters vir vanjaar se 50ste Cravenweek is:<\/strong> <br \/>Jaco Kotz\u00e9 (Vrystaat), Cwengile Jadezweni, Dani\u00ebl Fortuin, Francois Pretorius, Matt Kemp (almal Westelike Provinsie), Lihan Pretorius (Valke), Oregpotse Rametsi (Luiperds), Eduan Nel, Tahla Ntshakaza (albei Leeus) en Archie Sehlako (Sharks).<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DIE eerste en enigste Vrystaatse skeidsregter wat nog ooit \u2018n hoofwedstryd op die Cravenweek vir ho\u00ebrskole hanteer het, Jaco Kotz\u00e9 sal vanjaar ook op die 50ste weergawe van di\u00e9 toernooi in aksie wees. Di\u00e9 toernooi vind van 8 tot 13 Julie in Polokwane plaas. Kotz\u00e9 het verlede jaar die eerste Vrystater geword in die toernooi [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-615","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/615","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=615"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/615\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=615"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=615"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=615"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}