{"id":6157,"date":"2014-06-20T09:29:57","date_gmt":"2014-06-20T09:29:57","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/jong-bokkies-struikel-oor-laaste-hekkie\/"},"modified":"2014-06-20T09:29:57","modified_gmt":"2014-06-20T09:29:57","slug":"jong-bokkies-struikel-oor-laaste-hekkie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6157","title":{"rendered":"Jong Bokkies struikel oor laaste hekkie"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6156\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/NuusG_Engeland.jpg\" width=\"367\" height=\"245\" alt=\"NuusG Engeland\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/NuusG_Engeland.jpg 448w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/06\/NuusG_Engeland-300x200.jpg 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 367px) 100vw, 367px\" \/>Die Jong Bokkies het met \u2018n enkele punt oor die laaste hekkie op die Junior W\u00eareldbeker-toernooi op Edenpark in Auckland teen Engeland gestruikel. Die Engelse o.20-span het met hulle sege van 21-20 in die senutergende eindstryd slegs die tweede span in die geskiedenis van die toernooi geword om sy titel suksesvol te verdedig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is vooraf verwag dat die Suid-Afrikaners se plaasvervangersbank dalk vir die span die knoop sou deurhaak. Dit was egter die Engelse plaasvervanger kantman, Joel Conlon, wat na \u2018n rolmaalbeweging van \u2018n lynstaan af vir Engeland gaan druk het, wat van die plaasvervangersbank die grootste invloed op die wedstryd gehad het. Conlon se drie het die Engelse met agt punte laat voorloop na rustyd met die telling op 21-13.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Jong Bokkies se plaasvervangers, die vleuel Duhan van der Merwe en stut Pierre Schoeman, het wel \u2018n positiewe invloed gehad met hulle verskyning op die veld. Die Suid-Afrikaners se senter, Jesse Kriel, het twee puik drie\u00eb gedruk waarvan sy tweede sy span weer in die wedstryd gebring het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kriel se eerste drie het gekom na \u2018n perfekte steekskoppie deur sy kaptein en losskakel, Handr\u00e9 Pollard. Die kaptein het met sy taktiese skopwerk be\u00efndruk in die eindstryd. Hy het met twee skepskop-pogings misluk, maar was ook een van sy span se staatmakers.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Engelse gevaarman, Nathan Earle, het sy sesde drie van di\u00e9 toernooi net voor rustyd gedruk nadat die senter Nick Thompkins vir Kriel en Andr\u00e9 Esterhuizen op die verdediging ontbloot het. Earle het tot voor en n\u00e1 die drie die Suid-Afrikaners nie veel probleme besorg nie. Die kampioen het danksy di\u00e9 drie met die omdraaislag \u2018n voorsprong van 11-10 geniet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Engelse se heelagter, Aaron Morris, het kort voor Earle se drie die eerste sielkundige hou toegedien toe hy met \u2018n reuse strafdoel van binne sy eie halfgebied geslaag het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar was niemand beter vir die Jong Bokkies as die slot, JD Schickerling, nie. Hy het in die eerste helfte drie keer die Engelse se balbesit by lynstane afgeneem. Sy rankwerk het ook waarskynlik die Engelse haker, Tom Woolstencroft, gedwing om \u2018n paar van sy ingooie skeef te trek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Jong Bokkies sal wel as slegs die tweede span in die geskiedenis na Suid-Afrika terugkeer wat daarin kon slaag om \u2018n Nieu-Seelandse nasionale rugbyspan twee keer agtereenvolgens op sy eie agterplaas te klop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 ander span, die Springbokke van Phillip Nel in 1937 word vandag steeds as die beste Springbok-toerspan wat Suid-Afrika ooit verlaat het beskou. Nel se span het die All Blacks met 17-6 en 13-6 in die eerste twee toetse in \u2018n reeks van drie toetse verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Engeland 21 (11) \u2013 Drie\u00eb: Joel Conlon, Nathan Earle. Doelskop: Billy Burns. Strafdoele: Burns (3). Suid-Afrika 20 (10) \u2013 Drie\u00eb: Jesse Kriel (2). Doelskoppe: Handr\u00e9 Pollard (2). Strafdoele: Pollard (2).<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; Die Jong Bokkies het met \u2018n enkele punt oor die laaste hekkie op die Junior W\u00eareldbeker-toernooi op Edenpark in Auckland teen Engeland gestruikel. Die Engelse o.20-span het met hulle sege van 21-20 in die senutergende eindstryd slegs die tweede span in die geskiedenis van die toernooi geword om sy titel suksesvol te verdedig. Daar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6156,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6157","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6157","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6157"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6157\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6156"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6157"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6157"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6157"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}