{"id":6168,"date":"2014-06-23T07:00:42","date_gmt":"2014-06-23T07:00:42","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/uitslae-van-die-beeldtrofee-se-onderskeie-streke-se-halfeindstryde\/"},"modified":"2014-06-23T07:00:42","modified_gmt":"2014-06-23T07:00:42","slug":"uitslae-van-die-beeldtrofee-se-onderskeie-streke-se-halfeindstryde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6168","title":{"rendered":"Uitslae van die Beeldtrofee se onderskeie streke se halfeindstryde"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Die eindstryd om die titel as kampioen van die Luiperds se Groot skole-rugbyliga tussen Ho\u00ebrskool Lichtenburg en Ho\u00ebrskool Klerksdorp beloof om een van die taaistes in jare te wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei spanne het na Saterdag se laaste rondomtalie-wedstryde van die liga met 23 punte ligapunte bo-aan die puntelys ge\u00ebindig. Lichtenburg sal gasheer van die eindstryd op 26 Julie wees na sy oortuigende sege van 67-7 oor Potchefstroom-Gimnasium Saterdag aan hom \u2019n beter punteverskil besorg het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die agtsteman Johan Dettman het drie drie\u00eb gedruk. Die span se losskakel Jan-Wessel Meyer het 21 punte tot sy span se sege bygedra.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het nege van sy span se tien drie\u00eb gedoel en ook \u2019n skepdoel behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Klerksdorp het in sy kragmeting teen Potchefstroom Volkskool met 38-15 koning gekraai. Die span se linkervleuel, Riaan Scholtz, het Volkies se doellyn twee keer oorgesteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ho\u00ebrskool Vryburg is die Luiperds se mediumskole-kampioen van 2014 na hy Ho\u00ebrskool Wesvalia van Klerksdorp op sy tuisveld met 25-21 tot oorgawe gedwing het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se heelagter, Francois Pelser, was die tuisspan se held in die sege. Pelser het goed by die agterlyn aangesluit en twee keer deurgedraf vir \u2019n drie. Wesvalia het voorlangs die botoon gevoer en was rustyd met 13-12 voor.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span id=\"U310276370802ESB\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Die Ho\u00ebrskool Tuine het die bordjies teen Pretoria-Noord in die halfeindstryd van die Blou Bulle se Groot-skoleliga verhang. Tuine het die halfeindstryd tussen die twee spanne op \u2019n drafstap met 54-0 gewen. Pretoria-Noord was verlede week in die laaste ronde van die liga met 23-17 oor Tuine baas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Tuine sal teen Oos-Moot in die eindstryd van die liga te staan kom. Oos-Moot was in sy halfeindstryd teen Overkruin met 29-7 baas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span id=\"U310276370802xEB\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>EJ Jansen en Kemptonpark sal mekaar in die eindstryd van die Valke se Makro-liga ontmoet. EG Jansen het Saterdag op Dr. Malan se hoofveld in Meyerton vir Vereeniging Gimnasium met 62-0 van die veld gevee. Kemptonpark het self nie veel probleme ondervind om Jeugland met 42-0 kaf te draf nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die Groot-skole halfeindstryde op dieselfde veld was Transvalia en Hugenote van Springs aan die wenkant. Transvalia het Driehoek met 43-20 verslaan, terwyl Hugenote met 22-20 oor Heidelberg Volkskool baas was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span id=\"U310276370802kY\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>In die Pumas se halfeindstryd in die Groot-skole se liga was Standerton met 38-29 te sterk vir Ho\u00ebrskool Ermelo, terwyl Volksrust hard moes werk vir sy sege van 23-21 oor Ligbron.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ligbron se Cravenweek-losskakel, Muller Joubert, het al sy span se punte met ses strafdoele en \u2019n skepskop aangeteken. Die verloorspan het ook meeste van die gebiedsvoordeel geniet, maar kon dit net nie in drie\u00eb omskep nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span id=\"U310276370802PND\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Frikkie Meyer het Ben Vorster met 16-14 in die Limpopo halfeindstryd vir Groot-skole uitgeskakel. Die span se Cravenweek-losskakel, Benhard van Rensburg het laat in die wedstryd met \u2019n strafdoel geslaag om aan sy span di\u00e9 sege te besorg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se agtsteman en kaptein, Hendrik du Plessis, het self \u2019n uitstaande vertoning gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir Ben Vorster was sy vleuel Eddie Engelbrecht en skrumskakel Diederik Oberholzer, uitstaande. In die ander halfeindstryd van Ho\u00ebrskool Pietersburg met 34-17 oor Piet Pogieter baas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span id=\"U310276370802cLE\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Helpmekaar gaan moeilik in die Leeus se afdeling vir Groot-skole geklop word. Die span was te sterk vir Ho\u00ebrskool Randburg in die halfeindstryd van die liga en het met 52-15 as oorwinnaars van die veld gestap. Linden het in die ander halfeindstryd oor Bastion met 23-13 koning gekraai.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eindstryd om die titel as kampioen van die Luiperds se Groot skole-rugbyliga tussen Ho\u00ebrskool Lichtenburg en Ho\u00ebrskool Klerksdorp beloof om een van die taaistes in jare te wees. Albei spanne het na Saterdag se laaste rondomtalie-wedstryde van die liga met 23 punte ligapunte bo-aan die puntelys ge\u00ebindig. Lichtenburg sal gasheer van die eindstryd op [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6168","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6168","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6168"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6168\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6168"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6168"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6168"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}