{"id":6175,"date":"2014-06-28T05:36:13","date_gmt":"2014-06-28T05:36:13","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/skole-onttrek-oor-beginsel\/"},"modified":"2014-06-28T05:36:13","modified_gmt":"2014-06-28T05:36:13","slug":"skole-onttrek-oor-beginsel","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6175","title":{"rendered":"Skole onttrek oor \u2018beginsel\u2019"},"content":{"rendered":"<p><p>Die drie Groot-skole van die Goue Leeus se besluit om aan die onderskeie eindstryde teen Helpmekaar-kollege te onttrek is \u2018n beginselsaak, meer as wat dit \u2018n geval is dat hulle net boedel oorgee.<\/p>\n<p>\u201cOns het daarna gekyk dat ons die kinders van \u2018n geleentheid ontneem om in \u2018n eindstryd te speel, maar ons drie skole het uit beginsel die besluit geneem om nie die wedstryde te speel nie. Ons sien dit as die beste besluit vir ons skolespanne,\u201d het Dr. Jorrie Jordaan, hoof van Ho\u00ebrskool Linden ges\u00ea. Linden, Ho\u00ebrskool Randburg en Ho\u00ebrskool Riebeeckrand is die drie skole wat aan die Leeus se eindstryd onttrek het.<\/p>\n<p>Helpmekaar is dus die Leeus se Groot-skole kampioen in die vier betrokke ligas en sal tot die Beeldtrofee as die Leeus se voorste spanne deurdring. Die skole het glo reeds verlede jaar hulle ontevredenheid dat hulle nie teen Helpmekaar wil speel nie aan die Goue Leeus se Ho\u00ebrskole-rugbyvereniging (GLHRV) te kenne gegee.<\/p>\n<p>Helpmekaar se werwing van spelers is glo ook een van die redes wat tot die ongelukkigheid bygedra het.<\/p>\n<p>\u201cHelpmekaar se groei is vir ons verblydend. Hulle het ongeveer tien jaar terug as \u2018n klein skool aan die ligas deelgeneem en tot \u2018n groot skool gegroei. Hulle spelers se verteenwoordiging in die provinsiale spanne getuig daarvan dat hulle groei vir ons as unie baie beteken. Ek sien dat hulle in die toekoms as makro-skool sal deelneem en so ons as unie versterk,\u201d het Tinus Diedericks, voorsitter van die GLHRV ges\u00ea.<\/p>\n<p>\u201cDaar is vir verskeie jare reeds `n onwilligheid van die groot skole om teen Helpmekaar te speel as gevolg van die feit dat Helpmekaar as privaatskool baie meer vermo\u00ebnd is en ander voordele het wat openbare skole nie het nie. Die gevolg is dat hulle heeltemal te sterk geraak het vir die liga en dat skole begin weier het om teen hulle te speel,\u201d lui \u2018n verklaring van di\u00e9 drie skole oor hulle ontrekking.<\/p>\n<p>\u201cEk vra om verskoning dat die matriekseuns nie ingelig is dat ons nie teen Helpmekaar in die eindstryd sal speel nie,\u201d het Jordaan ges\u00ea. <\/p>\n<p>Linden se eerstespan se breiers, Francois Vosloo en Gert van den Berg, was Donderdag nie by die span se oefening omdat hulle by van die Goue Leeus se verteenwoordigende spanne as breiers betrokke is. Die span se kondisionerings afrigter, Stefan van Deventer, was wel by die oefening. Hy was egter nie ingelig oor die besluit nie.<\/p>\n<p>\u201cDie Leeus se bestuur moet die aangeleentheid volgens hulle grondwet hanteer. Daar is niks volgens die reels van die Beeldtrofee wat Helpmekaar oortree het nie. Ons as Noordvaal se bestuur kan slegs intree as so geval gebeur wanneer dit die Beeldtrofee se wedstryde behels,\u201d het Jackie Tredoux, voorsitter van die Noordvaal se bestuur ges\u00ea.<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die drie Groot-skole van die Goue Leeus se besluit om aan die onderskeie eindstryde teen Helpmekaar-kollege te onttrek is \u2018n beginselsaak, meer as wat dit \u2018n geval is dat hulle net boedel oorgee. \u201cOns het daarna gekyk dat ons die kinders van \u2018n geleentheid ontneem om in \u2018n eindstryd te speel, maar ons drie skole [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6175","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6175","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6175"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6175\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6175"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6175"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6175"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}