{"id":6179,"date":"2014-06-30T04:43:19","date_gmt":"2014-06-30T04:43:19","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/tedder-red-kwazulu-natal-van-nederlaag\/"},"modified":"2014-06-30T04:43:19","modified_gmt":"2014-06-30T04:43:19","slug":"tedder-red-kwazulu-natal-van-nederlaag","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6179","title":{"rendered":"Tedder red KwaZulu-Natal van nederlaag"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">SASOLBURG. \u2013 Die Leeus se o.18-rugbyspan sal nie te bekommerd wees n\u00e1 sy naelskraapse nederlaag van 22-20 teen sy eweknie van KwaZulu-Natal op die jaarlikse Noordvaal-bondedag nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Een ding wat seker is uit die Piesangboere se vertoning is dat hulle vanjaar gewis ook \u2019n aanspraakma-<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">ker sal wees om in die hoofwedstryd van die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Middelburg (Mpumalanga)<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">te speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die toernooi vind van 14 tot 19 Julie by die HTS Middelburg plaas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">KwaZulu-Natal het die wedstryd in die doodsnikke gewen danksy \u2019n strafdoel deur Tristan Tedder, sy kaptein en losskakel, van feitlik reg voor die pale.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2019n Strafdoel kort tevore deur James Hall, skrumskakel van KwaZulu-Natal, vanuit \u2019n moeilike hoek omtrent op die tientree-stippellyn dra waarskynlik net soveel gewig in die uitslag as Tedder s\u2019n.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hall se strafdoel het die wenspan se voorsprong tot 19-13 gerek voordat die vleuel Justin Bhana die Leeus met sy drie die geleentheid gegee het om met 20-19 voor te loop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nadat Tedder in die tweede helfte in Curtis Jonas se plek op die veld verskyn het, het KwaZulu-Natal se span met meer ywer begin speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Tedder se taktiese skopwerk en<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">balverspreiding was van hoogstaande gehalte.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Jonas het in die eerste helfte ook goed op die aanval gevaar.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wikus van Biljon, losskakel van die Leeus, kon ook nie \u2019n voet verkeerd sit nie. Hy het sy skopskoene aangehad en sy agterlyn ook seepglad weggestuur.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Juan Lemmer, Leeu-agtsteman, het in die tweede helfte \u2019n paar kragtige lopies ingekry.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Leeus se flank Gavin Delport het die enigste drie van die eerste helfte gedruk nadat die Piesangboere die fout begaan het om Ralton October, skrum\u00adskakel, nie behoorlik dop te hou nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het van \u2019n skrum net binne die Leeus se gebied gebreek om die aanvoorwerk vir die drie te doen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">As die Leeus soos Saterdag in die D.P. de Villiers-stadion in die Cravenweek verdedig, sal die span nie baie drie\u00eb afstaan nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan kon slegs een drie deur sy flank McMillan Muller druk nadat sy flankmaat, James Venter,<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2019n bal wat losgespat het, bemeester het en Tedder in besit gestel het voordat laasgenoemde Muller weggestuur het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se agtsteman, Jaco Coetzee, en heelagter, Morn\u00e9 Joubert, het deurgaans puik vertonings gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Joubert was nooit uit posisie nie en het \u2019n hele paar gevaarlike teenaanvalle vanuit die laaste vesting geloods.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Coetzee het die bal goed gedra en sy posisionele spel was uit die handboek vir agtsteman-spel.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>SASOLBURG. \u2013 Die Leeus se o.18-rugbyspan sal nie te bekommerd wees n\u00e1 sy naelskraapse nederlaag van 22-20 teen sy eweknie van KwaZulu-Natal op die jaarlikse Noordvaal-bondedag nie. Een ding wat seker is uit die Piesangboere se vertoning is dat hulle vanjaar gewis ook \u2019n aanspraakma- ker sal wees om in die hoofwedstryd van die 51ste [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6179","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6179","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6179"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6179\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6179"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6179"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6179"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}