{"id":6180,"date":"2014-06-30T04:44:10","date_gmt":"2014-06-30T04:44:10","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/vrystaat-bo-in-wedstryd-van-twee-helftes\/"},"modified":"2014-06-30T04:44:10","modified_gmt":"2014-06-30T04:44:10","slug":"vrystaat-bo-in-wedstryd-van-twee-helftes","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6180","title":{"rendered":"Vrystaat bo in wedstryd van twee helftes"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">SASOLBURG. \u2013 Uit vorige wedstryde tussen die Vrystaat en die Blou Bulle op die jaarlikse Noordvaal-bondedag weet ons dat die uitslag van di\u00e9 wedstryd nie noodwendig die twee spanne se sukses in die jaarlikse Cravenweek bepaal nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei spanne sal egter n\u00e1 Saterdag se kragmeting van twee helftes in die D.P. de Villiers-stadion weet waaraan hulle nog voor die toernooi moet werk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaters het met 31-21 koning gekraai nadat hulle teen rustyd reeds \u2019n stewige voorsprong van 24-0 opgebou het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tweede helfte van die kragmeting het egter aan die span van die Jakarandastad behoort. Veral die kaptein en haker, Jan-Henning Campher, het met sy verskyning van die plaasvervangersbank sy span tot \u2019n reuse-terugvegpoging aangevuur.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die eerste vonk is egter verskaf deur die span se SA Skole-flank, PJ Toerien, wat op agtsteman in die wedstryd gespeel het. Hy het kort n\u00e1 rustyd \u2019n kraglopie ingekry waarna sy kaptein met nog so \u2019n lopie gaan afrond het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ligbloues kon egter met die telling op 24-21 in die Vrystaters se guns sake met \u2019n strafdoel gelyk trek. Die skrumskakel, Embrose Papier, en Cam\u00adpher het egter besluit om nie pale toe aan te l\u00ea nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Toe die Vrystaatse plaasvervanger-skrumskakel, Dian Badenhorst, saam met sy kaptein, Alex Jonker, kort daarna laat in die wedstryd n\u00e1 \u2019n rolmaalbeweging oorval, was die skrif aan die muur.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ligbloues se vleuel Ruan de Beer en heelagter, Eduan Keyter, was uitstekend voordat Cam\u00adpher en Toerien die tweede helfte met hul spel in die Bulle se guns laat swaai het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaat het drie beserings opgedoen wat die bestuurspan bekommerd sal h\u00ea. Die span se drie vleuels, Llewellyn Hein (enkel), Patrick Mbangi (knie) en Dale Koopman (enkel), moes die veld weens beserings verlaat.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">As enigeen van hulle drie nie Cravenweek toe kan gaan nie, kan die span probleme h\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hein het met sy twee drie\u00eb vroeg in die wedstryd gewys dat hy ongetwyfeld die vinnigste speler op skolevlak in Suid-Afrika is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Sy tweede drie het gekom nadat Keyter \u2019n hangskop op sy direkte teenstander, Louwtjie Steenkamp, geloods het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Steenkamp het in sy eie kwartgebied twee verdedigers gesystap voordat hy sy senter Mike Andrade in besit gestel het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Andrade het in die duikslag \u2019n aangee \u00e0 la Sonny Bill Wil\u00adliams na Hein uitgekry, waarna die vleuel hakskene vir die verdedigers gewys het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Steenkamp het kort daarna \u2019n strafdoel van ongeveer 60\u2009m tussen die pale deurgejaag om die telling na 24-0 op te skuif.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>SASOLBURG. \u2013 Uit vorige wedstryde tussen die Vrystaat en die Blou Bulle op die jaarlikse Noordvaal-bondedag weet ons dat die uitslag van di\u00e9 wedstryd nie noodwendig die twee spanne se sukses in die jaarlikse Cravenweek bepaal nie. Albei spanne sal egter n\u00e1 Saterdag se kragmeting van twee helftes in die D.P. de Villiers-stadion weet waaraan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6180","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6180","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6180"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6180\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6180"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6180"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6180"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}