{"id":6183,"date":"2014-06-30T10:51:31","date_gmt":"2014-06-30T10:51:31","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/sa-skole-kleure-wink-vir-perses-se-nkala\/"},"modified":"2014-06-30T10:51:31","modified_gmt":"2014-06-30T10:51:31","slug":"sa-skole-kleure-wink-vir-perses-se-nkala","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6183","title":{"rendered":"SA skole-kleure wink vir Perses se Nkala"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">SASOLBURG. \u2013 Die Griffons het Saterdag op die jaarlikse Noordvaal-Bondedag in die DP de Villiers-stadion hier gewys dat hulle vanjaar weer \u2019n goeie Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole kan beleef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se twee afrigters, Kassie Kasselman en Roean Bezuidenhout, sal ondanks hul oortuigende sege van 48-20 oor die Limpopo Blou Bulle nog heelwat skaafwerk voor die 51ste Cravenweek in Middelburg (Mpumalanga) aan die span doen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Veral die skrums behoort, wanneer die span weer saamtrek, heelwat aandag te geniet. Die span se skrum was deurentyd onder druk in die wedstryd.Dit het egter nie die plaasvervanger-skrumskakel van die span, Jason Olivier, wat die wedstryd begin het, gekeer om&nbsp;\u2019n spoggerige vertoning te lewer nie. Sy aangeewerk was van hoogstaande gehalte, terwyl hy ook heelwat vrae aan Limpopo se verdediging gevra het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gepraat van Limpopo se verdediging. Dit was nou nie juis watwonders nie, maar dit neem niks van die Perses se sege weg nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se vleuel, Nazo Nkala, kan vanjaar, indien hy voortbou op sy huidige spelpeil, dalk aanspraak maak om die nasionale skolespan te haal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het twee van sy span se drie\u00eb gedruk en het \u2019n hele paar keer op die ander vleuel afgehardloop. Benewens die feit dat hy heeltyd gaan werk soek het, was hy ook \u2019n hele paar keer baie naby daaraan om \u2019n driekuns aan drie\u00eb te voltooi.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kobus Kleyn, wat as vleuel van die plaasvervangersbank opgekom het, het self twee bewegings kort n\u00e1 mekaar vir die Griffons gaan afrond.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die twee skrumskakels van die span, Jaywinn Juries en Jason Olivier, het ook met hul spel be\u00efndruk.&nbsp;Juries het in die eerste helfte op heelagter as proefneming diens gedoen.&nbsp;Die proefneming het geslaag, maar Olivier het gewys dat hy self \u2019n speler van gehalte is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Juries het in die tweede helfte weer die oond gaan skoonmaak en Olivier se vertoning in die eerste helfte het hom moontlik aangevuur tot sy uitmuntende vertoning.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei skrumskakels se aangeewerk was van hoogstaande gehalte, terwyl hulle ook Limpopo se verdedigers om die losskrums laat bontstaan het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die losskakel, Tokkie van Zyl, kan self tevrede met sy vertoning voel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Limpopo se skrumskakel, Diederik Oberholzer, en heelagter, Vandre Rolls, het goeie vertonings gelewer.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Hulle het \u2019n hele paar vrae aan die Griffons se verdediging gevra.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>SASOLBURG. \u2013 Die Griffons het Saterdag op die jaarlikse Noordvaal-Bondedag in die DP de Villiers-stadion hier gewys dat hulle vanjaar weer \u2019n goeie Cravenweek-toernooi vir ho\u00ebrskole kan beleef. Die span se twee afrigters, Kassie Kasselman en Roean Bezuidenhout, sal ondanks hul oortuigende sege van 48-20 oor die Limpopo Blou Bulle nog heelwat skaafwerk voor die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6183","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6183","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6183"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6183\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6183"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6183"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6183"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}