{"id":6184,"date":"2014-06-30T10:56:09","date_gmt":"2014-06-30T10:56:09","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/brandon-verskaf-griekwa-vonk\/"},"modified":"2014-06-30T10:56:09","modified_gmt":"2014-06-30T10:56:09","slug":"brandon-verskaf-griekwa-vonk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6184","title":{"rendered":"Brandon verskaf Griekwa-vonk"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">SASOLBURG. \u2013 As die Noordvaal-Bondedag enigsins as \u2019n rigtingwyser beskou kan word, sal die o.18-rugbyspan van Griekwaland-Wes vanjaar \u2019n veel hegter eenheid as die afgelope tyd op die Cravenweek-rugbytoernooi wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die Poubloues het Saterdag hier in die DP de Villiers-stadion die Luiperds met 34-7 kafgedraf. Griekwas kom op die tweede dag van die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebr\u00adskole van 14 tot 19 Julie in Middelburg (Mpumalanga) teen die melkkoeie van die toernooi, Grens-platteland, te staan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">\u2019n Gedugter Griekwa-span kan dalk vanjaar met eer uit die stryd tree na afloop van hul drie wedstryde op vanjaar se toernooi.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Teen die Luiperds het die span nie in die eerste tien minute oortuig nie en het dit gelyk asof die geploeter van die afgelope paar jaar maar vanjaar sal voortgaan. Die Luiperds het vroeg met 7-0 voorgeloop nadat sy agtsteman, Edmund Rheeder, oorgeval het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die span van die Noord-Kaap se skrumskakel, Brandon de Melim, het met \u2019n paar breekslae om die losskrums sy span op die voorvoet begin kry en toe hy vir sy span se eerste drie oorduik, was dit welverdiend.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Sy vonk het die vuur verskaf wat die Poubloues nodig gehad het. Die voorspelers het ook skielik die oorhand begin kry en die slot Rikus Zwart het in die lynstane en in die los uitgetroon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die heelagter, Keaton Gordon, het sy span se tweede drie gedruk nadat hy die bal net buite sy span se doelgebied onderskep het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die gereelde heelagter, Wilfred Bowers, was op die vleuel soos gewoonlik gevaarlik op die aanval. Hy het \u2019n hele paar keer verdedigers na die lug laat gryp met sy vaart en vinnige voetwerk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die feit dat die losskakel, Robbie Petzer, sy skopskoene aangehad het, het ook gehelp. Petzer het takties goed geskop en sy stelskopwerk het die telbord aan die rol gehou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><\/span><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se versoolde binnesenter, Gerhard Holtzhausen, verdien ook \u2019n klop op die skouer vir sy vertoning.<\/span><br \/><span style=\"color: #000000;\">Hy was verlede jaar di\u00e9 span se agtsteman op die Cravenweek in Polokwane.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>SASOLBURG. \u2013 As die Noordvaal-Bondedag enigsins as \u2019n rigtingwyser beskou kan word, sal die o.18-rugbyspan van Griekwaland-Wes vanjaar \u2019n veel hegter eenheid as die afgelope tyd op die Cravenweek-rugbytoernooi wees. Die Poubloues het Saterdag hier in die DP de Villiers-stadion die Luiperds met 34-7 kafgedraf. Griekwas kom op die tweede dag van die 51ste Cravenweek [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6184","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6184","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6184"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6184\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6184"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6184"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6184"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}