{"id":6187,"date":"2014-07-02T06:10:56","date_gmt":"2014-07-02T06:10:56","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/valke-en-lammergeiers-in-eindstryd-van-vkb-week\/"},"modified":"2014-07-02T06:10:56","modified_gmt":"2014-07-02T06:10:56","slug":"valke-en-lammergeiers-in-eindstryd-van-vkb-week","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6187","title":{"rendered":"Valke en Lammergeiers in eindstryd van VKB-week"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">REITZ. \u2013 Die Valke en Noord-Natal sal mekaar Vrydag in die eindstryd van die 17de VKB-week hier op Piet Geyer-park pak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Valke het nog \u2019n kragtige vertoning Dinsdag gelewer deur Suid-Natal met 35-10 te verslaan. Die span se kantman, Marco Roets het \u2019n driekuns aan drie\u00eb behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die vaskopstut, Broche Re, het egter die meeste met sy lopies be\u00efndruk as hy die bal onder die arm vasgeknyp het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Valke is die verdedigende kampioen, terwyl Noord-Natal se Lammergeiers in 1999 en 2009 die titel verower het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Vrystaatse Kiewiete het nie \u2019n antwoord op die fisieke spel van die Lammergeiers gehad nie. Veral die buitesenter Andile Ndlovu, flank JD Earle en Francois de Klerk het met hulle spel sleutelrolle in die span van Noord-Natal se sege van 38-17 gespeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Kiewiete se senter, Vlam Groenewald, het twee puik drie\u00eb vir sy span gedruk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die eerste van \u2019n steekskoppie deur homself kort na Earle weens \u2019n laatvat deur die skeidsregter, AJ Jacobs, koelkas toe gestuur is. Die Kiewiete se flank, Fanie Griessel het ook moedig probeer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tweede dag was \u2019n dag vir die losskakels. WJ Crous (Sandveld), Stefan Nel (Suid-Vrystaat) Jeandr\u00e9 Nel (Valke) en Conrad Engelbrecht (Lynx-Suid) het almal blink vertonings vir hulle onderskeie spanne gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Crous en Nel het die meeste be\u00efndruk. Crous het vir die tweede agtereenvolgende dag met die toekenning as Speler van die Wedstryd weggestap.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy was weer in die kol met sy skopskoen en het 17 punte tot sy span se oorwinning van 40-28 oor die Dubai Exiles bygedra. Hy het ook een van sy span se drie\u00eb gedruk na \u2019n skitterende breekslag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nel het glo reeds aanbiedinge tydens die week gekry om sy loopbaan volgende jaar by die Universiteit van die Vrystaat of die Sharks se akademie met \u2019n volle beurs voort te sit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy en sy skakelmaat, Ruan Goosen, was uitmuntend in die gelykop-uitslag van 19-elk tussen Suid-Vrystaat en die Luiperds.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Laasgenoemde se voorrymanne, Radi Burger en Ockie Ackerman, is albei ysters. Engelbrecht se skopstewel het met sy drie strafdoele en doelskop \u2019n waardevolle rol in Lynx-Suid se oorwinning van 21-17 oor die Rooikatte vertolk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die skopskoen van Oos-Vrystaat se skrumskakel, Keagan Christiaans, was die verskil tussen die twee spanne in sy span se sege van 14-5 oor die Cobras. Hy het met drie strafdoele geslaag.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>REITZ. \u2013 Die Valke en Noord-Natal sal mekaar Vrydag in die eindstryd van die 17de VKB-week hier op Piet Geyer-park pak. Die Valke het nog \u2019n kragtige vertoning Dinsdag gelewer deur Suid-Natal met 35-10 te verslaan. Die span se kantman, Marco Roets het \u2019n driekuns aan drie\u00eb behaal. Die vaskopstut, Broche Re, het egter die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":240,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6187","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6187","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6187"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6187\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/240"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6187"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6187"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6187"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}