{"id":6188,"date":"2014-07-02T06:14:38","date_gmt":"2014-07-02T06:14:38","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/jong-reuse-laat-oe-rek\/"},"modified":"2014-07-02T06:14:38","modified_gmt":"2014-07-02T06:14:38","slug":"jong-reuse-laat-oe-rek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6188","title":{"rendered":"Jong reuse laat o\u00eb rek"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">DURBAN. \u2013 \u2019n Seun van 116\u2009kg wat swaarder as die Springbokslot Victor Matfield (110\u2009kg) weeg, is vanjaar die swaarste speler op die 43ste Cravenweek vir laerskole wat in Durban gehou word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Stephan Posthumus van Suidwestelike Distrikte in die Wes-Kaap, is 1,79\u2009m lank.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy is nie veel kleiner as Coenie Oosthuizen, die Springbokke se Cheetah-loskopstut, wat verlede Saterdag teen Skotland uitgedraf het nie. Oosthuizen weeg 127\u2009kg en is 1,81\u2009m lank.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Westelike Provinsie se vaskopstut, Jaco Claassen, is self \u2019n stewige jongeling. Hy weeg 112\u2009kg en is 1,77\u2009m lank.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar was gister vrae oor die veiligheid van spelers op die Cravenweek nadat \u2019n foto van die stewige Posthumus, \u2019n gr.\u20097-leerling aan die Laerskool Hartenbos, op sosiale netwerke versprei is. Hy was eergister op die eerste dag van die toernooi op Glenwood se velde teen die Vrystaat in sy span se oorwinning van 10-8 in aksie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">B.D. Oosthuizen, hoof van die Laerskool Hartenbos, het gister vertel Posthumus het in gr.\u20096 van Kathu in die Noord-Kaap na die skool gekom. Hy het toe al rugby gespeel. \u201cHy is baie lief vir rugby en is die grootste ou\u00adtjie in die skool se span. Hy is \u2019n groot seun met \u2019n groot hart. Hy gee baie om vir ander mense.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Thys Bezuidenhout, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging (SASRV), s\u00ea dit is reeds wat rugby so uniek maak. \u201cDit is \u2019n spel vir die groot, klein, lank en kort outjies waarin elk van hulle \u2019n rol het om te speel. Party ouens is weer vinniger as ander,\u201d het hy ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDie stelsel wat ons gebruik, is die heel beste. Hier is baie groot seuns op die week in aksie. Slegs spelers wat onder 12 of onder 13 is, kan aan die toernooi deelneem. As \u2019n mens soos in die ou dae volgens spelers se gewigte gaan speel, kan \u2019n mens dit weer kry dat \u2019n speler wat 13 jaar oud is en 50\u2009kg weeg, teen \u2019n speler wat in graad vier is, speel wat dieselfde weeg,\u201d het Bezuidenhout ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens die amptelike program van die Cravenweek is daar 32 van die 396 seuns wat aan die toernooi deelneem, wat langer as 1,78\u2009m is. En daar is 15 seuns wat meer as 80\u2009kg weeg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die mediese bestuurder van SA Rugby, Clint Redhead, het ges\u00ea die kwessie word deurentyd gemonitor. Nieu-Seeland gebruik \u2019n stelsel waar spelers se gewig bepaal in watter spanne hulle op laerskoolvlak speel. \u201cOns het prof. Mike Lambert van die Universiteit van Kaapstad \u2019n paar jaar gelede gevra om vir ons navorsing te doen. Hy het bevind dat daar geen verskil is in die risiko om beserings op te doen tussen die twee stelsels nie,\u201d het Redhead ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2022\u2009Meer as 90% van die spelers op vanjaar se Cravenweek verjaar in die eerste ses maande van die jaar. Verder verjaar die meeste van di\u00e9 spelers in die eerste drie maande van die jaar.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>DURBAN. \u2013 \u2019n Seun van 116\u2009kg wat swaarder as die Springbokslot Victor Matfield (110\u2009kg) weeg, is vanjaar die swaarste speler op die 43ste Cravenweek vir laerskole wat in Durban gehou word. Stephan Posthumus van Suidwestelike Distrikte in die Wes-Kaap, is 1,79\u2009m lank. Hy is nie veel kleiner as Coenie Oosthuizen, die Springbokke se Cheetah-loskopstut, wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6188","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6188","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6188"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6188\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6188"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6188"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6188"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}