{"id":61883,"date":"2024-12-15T07:08:36","date_gmt":"2024-12-15T05:08:36","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=61883"},"modified":"2024-12-15T07:08:36","modified_gmt":"2024-12-15T05:08:36","slug":"monnas-vat-hande-met-franse-reus","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=61883","title":{"rendered":"Monnas vat hande met Franse reus"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_61884\" aria-describedby=\"caption-attachment-61884\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-61884\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/12\/PSX_20240420_141237-400x293.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"293\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-61884\" class=\"wp-caption-text\">KEALAN MILTON, regtervleuel van Monnas se Wit Bulle, duik hier sierlik oor die doellyn in sy span se kragmeting teen Helpmekaar. FOTO: Marius Nortj\u00e9<\/figcaption><\/figure>\n<p>Les Blancs Taureaux!<\/p>\n<p>Ja julle lees reg, di\u00e9 Wit Bulle van die Ho\u00ebrskool Monument in Krugersdorp sal voortaan ook so ietwat van \u2018n pienk skynsel h\u00ea.<\/p>\n<p>Monnas het \u2018n vennootskap met die Franse klubspan Stade Fran\u00e7ais gesluit. Die klub vanuit Parys bekend as die Pienk Soldate vir hul kenmerkende pienk truie.<\/p>\n<p>Die vennootskap beloof om aan Monnas se rugbyprogram en sy spelers meer geleenthede te skep. Die skool van Krugersdorp is nie die eerste skool van Suid-Afrika wat hande met \u2018n Franse-klubspan opgeneem het nie.<\/p>\n<p>Grey-kollege van Bloemfontein het in 2018 \u2018n samewerkingsooreenkoms met Montpellier aangegaan. Destyds het heelwat oud-Greys vir Montpellier uigedraf. Di\u00e9 ooreenkoms het intussen &#8216;n stille dood gesterf.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle se nuut aangestelde hoofafrigter, Jannie du Plessis, was een van die oud-Greys wat vir Montpellier in aksie was. Ander is Jan Serfontein, Frans Steyn, Ruan Pienaar, Henry Immelman en Bismarck du Plessis.<\/p>\n<p>Du Plessis sal die Wit Bulle in 2025 reeds so paar keer op die Ras van Rooyen in Frans kan aanhits en s\u00f3 ook sommer gereed kry indien hulle loopbane in Frankryk oorweeg.<\/p>\n<p>Twee voormalige Springbok-afrigters Nick Mallet (2002-2004) en Heynecke Meyer (2018-2020) het ook al die Franse span afgerig.<\/p>\n<p>Monnas het boonop reeds een Frans toetspeler in die slot Paul Willemse opgelewer. Willemse speel tans ook vir Montpellier. Nog \u2018n Wit Bul-slot Stephan le Roux het in reeds in graad 11 in 2018 besluit om sy loopbaan by nog \u2018n Franse klub Racing 92 voort te sit.<\/p>\n<p>Die samewerking tussen Monnas en Stade Fran\u00e7ais sal onder andere die uitruiling van kennis tussen afrigters en spelers insluit. Monnas sal eksklusiewe toegang tot Stade Fran\u00e7ais se opleidingsomgewing, akademie en proffesionele spanne\u00a0h\u00ea..<\/p>\n<p>Stade Fran\u00e7ais sal ook klinieke by Monnas aanbied met die eerste junior kliniek wat reeds op 17 Januarie volgende jaar aangebied sal word. Monnas se spelers sal ook die geleentheid kry om Parys te besoek vir opleiding en evaluasies.<\/p>\n<p>Die Wit Bulle se uitstaande spelers sal ook voortaan voorkeur geniet wanneer spelers vir Stade Fran\u00e7ais se akademies asook ander spanne gewerf word.<\/p>\n<p>Daar is ook \u2018n uitruilprogram in plek wat dit moontlik sal maak vir \u2018n paar Franse o.16 en o.18-spelers om volgende jaar vir Monnas in aksie te wees.<\/p>\n<p>Die skool van Krugersdorp se o.14-rugbyspan sal ook die geleentheid gegun word om aan Stade Fran\u00e7ais se jaarlikse Gilardi-toernooi in Parys deel te neem.<\/p>\n<p>Hierdie sal ongetwyfeld \u2018n gevoelige slag vir SA Rugby wees, veral indien meer juniors van di\u00e9 skool besluit om hul loopbane direk na skool oorsee voort te sit. Die Wit Bulle het sedert die ontstaan van die o.20 W\u00eareldkampioenskap die vierde meeste spelers tot die Junior Springbokspan bygedra.<\/p>\n<p>Daar het al 22 Wit Bulle vir die Junior Springbokke uitgedraf. Grey-kollege (36), die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl (29) en Paarl Gimnasium (28) is die enigste skole wat al meer skole tot die program bygedra het.<\/p>\n<p>Buiten die aanstelling van Du Plessis as afrigter by die eerstespan, het Monnas ook \u2018n oud-leerling Reinhard Gerber as direkteur van rugby vanuit Duitsland terug na Krugersdorp gelok. Gerber het in sy spelersloopbaan vir Grens uitgedraf.<\/p>\n<p>Hy het as afrigter ook al spore by Stirling in Oos-Londen, Glenwood in Durban asook Ben Vorster in Tzaneen agtergelaat.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Les Blancs Taureaux! Ja julle lees reg, di\u00e9 Wit Bulle van die Ho\u00ebrskool Monument in Krugersdorp sal voortaan ook so ietwat van \u2018n pienk skynsel h\u00ea. Monnas het \u2018n vennootskap met die Franse klubspan Stade Fran\u00e7ais gesluit. Die klub vanuit Parys bekend as die Pienk Soldate vir hul kenmerkende pienk truie. Die vennootskap beloof om [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":61884,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-61883","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/61883","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=61883"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/61883\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=61883"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=61883"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=61883"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}