{"id":6195,"date":"2014-07-08T08:35:42","date_gmt":"2014-07-08T08:35:42","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/hein-uit-die-cravenweek\/"},"modified":"2014-07-08T08:35:42","modified_gmt":"2014-07-08T08:35:42","slug":"hein-uit-die-cravenweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6195","title":{"rendered":"Hein uit die Cravenweek"},"content":{"rendered":"<p><p>Die Vrystaatse o.18-rugbyspan is \u2018n reuse slag toegedien dat sy blitsige vleuel, Llewellyn Hein, nie saam met die span na die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole volgende week in Middelburg (Mpumalanga) sal gaan nie.<\/p>\n<p>\u201cLlewellyn het ligamente in sy enkel beseer en dis \u2018n groot slag vir ons dat hy nie na die Cravenweek sal gaan nie,\u201d het Michael Barker, voorsitter van die Vrystaatse Ho\u00ebrskole-rugbyvereniging, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Dan is daar ook nog twyfel of die span se losskakel, Dwayne Wessels, beskikbaar vir die gesogte toernooi sal wees. Albei spelers het in die Vrystaat se sege van 31-21 op die jaarlikse Noordvaal Bondedag op Sasolburg seergekry.<\/p>\n<p>Die span se ander twee vleuels, Patrick Mbangi en Dale Koopman, wat ook tydens die wedstryd teen die Blou Bulle beseer is, sal gereed wees om aan die span se oefenkamp deel te neem.<\/p>\n<p>Hein word deur Grey se Peaches se vleuel, Sentle Lehoko vervang. Lehoko is tans vir die Vrystaatse Akademie-span op Worcester in aksie. Wessels sal nog tot Donderdag kans te kry om van sy besering te herstel voordat daar \u2018n belsuit oor sy deelname aan die toernooi gemaak sal word.<\/p>\n<p>Indien hy nie na Middelburg sal gaan nie, behoort Sentraal se DP de Lange in die binnebaan te wees om hom te vervang. De Lange het in 2012 die nasionale o.16-oefengroep gehaal. Die span kan ook dalk oorweeg om Jim Fouch\u00e9 se Tiaan Schutte nader te trek. De Lange is ook tans op die nasionale Akademie-week in aksie.<\/p>\n<p>Daar is ook altyd die opsie om Niell Stannard nader te trek wat in die span sou wees, maar weens \u2018n kniebesering nie betyds sou herstel nie. Stannard kon egter reeds sedert 1 Julie volgens die dokters weer speel. Indien Stannard nader getrek word sal hy op senter in Mike Andrade se plek speel, terwyl laasgenoemde as generaal sal uitdraf.<\/p>\n<p>\u201cDwayne kry nog behandeling is daar is nog genoeg tyd vir hom om te herstel,\u201d het Dirkie Groenewald, hoofafrigter van die Vrystaat, ges\u00ea. Die Vrystaters se oefenkamp begin vandag in Parys.<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Vrystaatse o.18-rugbyspan is \u2018n reuse slag toegedien dat sy blitsige vleuel, Llewellyn Hein, nie saam met die span na die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole volgende week in Middelburg (Mpumalanga) sal gaan nie. \u201cLlewellyn het ligamente in sy enkel beseer en dis \u2018n groot slag vir ons dat hy nie na die Cravenweek sal gaan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6195","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6195","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6195"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6195\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6195"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6195"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6195"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}