{"id":6200,"date":"2014-07-11T06:07:30","date_gmt":"2014-07-11T06:07:30","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/beeldtrofee-grey-vs-paul-roos-deur-sa-skole-kragmetings-geraak\/"},"modified":"2014-07-11T06:07:30","modified_gmt":"2014-07-11T06:07:30","slug":"beeldtrofee-grey-vs-paul-roos-deur-sa-skole-kragmetings-geraak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6200","title":{"rendered":"Beeldtrofee, Grey vs. Paul Roos deur SA Skole kragmetings geraak"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Twee van die belangrikste skolerugby-wedstryde van vanjaar sal waarskynlik deur die Suid-Afrikaanse Skole-span se bepalings ontwrig word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die kragmeting tussen Grey-kollege en Paul Roos Gimna\u00adsium wat waarskynlik sal bepaal wie 2014 as die voorste rugbyspan in die land sal afsluit, sowel as die Beeldtrofee se eindstryde word op 23 Augustus beslis wanneer die SA Skole-span Engeland pak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die moontlikheid bestaan dat heelwat spelers wat in di\u00e9 wedstryde moet speel vir die nasionale skolespan sal uitdraf. Die SA Skole-proewe wat vanjaar op 26 Julie in Kempton Park gehou word, het reeds teweeggebring dat die Leeus nie vanjaar \u2019n Makro-skole eindstryd sal h\u00ea nie. Die twee spanne wat mekaar in die eindstryd sou pak, Ho\u00ebrskool Monument en Florida, het besluit dat die proefwedstryde heel moontlik \u2019n te groot invloed in die beplande eindstryd sou h\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar sal vanjaar soos in 2012 nie \u2019n SA Skole-span n\u00e1 die Cravenweek aangekondig word nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole begin Maandag op HTS Middelburg in Mpumalanga se hoofveld. Daar sal net \u2019n groep bekend gemaak word, wat aan die proewe in Kempton Park sal deelneem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Verlede jaar was daar vier spelers, Pieter Jansen (EG Jansen), Marco Janse van Vuuren (Transvalia), Brandon Thomson (Ermelo) en Jinxi Molapo (Ben Vorster) in die Beeldtrofee se onderskeie eindstryde in aksie, wat ook al die nasionale skolespan verteenwoordig het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Molapo het in 2012 die span gehaal, terwyl die ander drie almal lede van verlede jaar se span was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey en Paul Roos se wedstryd is al voorheen deur die nasionale skolespan se kragmetings omver gegooi. Grey het in 2009 met 9-3 teen die span van Stellenbosch verloor, nadat ses van sy spelers weens verpligtinge by die nasionale skolespan die kragmeting misgeloop het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">As heelwat van die twee spanne se spelers soos verwag die SA Skole-span haal, sal vanjaar se wedstryd se uitslag weer \u2019n groot besprekingspunt wees \u2013 veral omdat di\u00e9 wedstryd sal bepaal wie Suid-Afrika se voorste rugbyskool is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is egter nie al kragmetings wat ontwrig sal word nie. Die SA Skole-span speel ook teen Frankryk (15 Augustus) en Wallis (19 Augustus).<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die nasionale skolespan het in 2009 laas verloor toe Engeland hom met 45-13 op GWK-park in Kimberley geklop het.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Twee van die belangrikste skolerugby-wedstryde van vanjaar sal waarskynlik deur die Suid-Afrikaanse Skole-span se bepalings ontwrig word. Die kragmeting tussen Grey-kollege en Paul Roos Gimna\u00adsium wat waarskynlik sal bepaal wie 2014 as die voorste rugbyspan in die land sal afsluit, sowel as die Beeldtrofee se eindstryde word op 23 Augustus beslis wanneer die SA Skole-span [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6200","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6200","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6200"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6200\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6200"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6200"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6200"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}