{"id":6201,"date":"2014-07-14T06:30:52","date_gmt":"2014-07-14T06:30:52","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/babelse-verwarring-by-die-cravenweek-in-middelburg\/"},"modified":"2014-07-14T06:30:52","modified_gmt":"2014-07-14T06:30:52","slug":"babelse-verwarring-by-die-cravenweek-in-middelburg","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6201","title":{"rendered":"Babelse verwarring by die Cravenweek in Middelburg"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">MIDDELBURG. \u2013 \u2019n Babelse verwarring het gister vir \u2019n ruk lank by die registrasie van die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole by HTS Middelburg hier plaasgevind.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die afrigters en spelers van Griekwaland-Wes en Griekwa-platteland se beplanning vir hulle onderskeie eerste wedstryde van die toernooi was amper omver gewerp. Volgens die amptelike program wat hulle op die toernooi by die registrasie ontvang het, moet Griekwas vandag teen die Limpopo Blou Bulle in die eerste wedstryd van die toernooi kragte meet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit verskil van die bepalings wat op SA Rugby se amptelike webtuiste en van die bepalings wat die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging (SASRV) na afloop van sy jaarvergadering verlede jaar bekend gemaak het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens di\u00e9 bepalings moet Griekwa-platteland vandag teen die span van die Limpopo provinsie uitdraf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit blyk dat \u2019n persoon by SA Rugby deurmekaar geraak het met die twee spanne van Griekwas. Volgens die amptelike boekie moet Griekwa-platteland more teen Grens-platteland uitdraf.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die fout wat in di\u00e9 boekie is, is ook op die betaalkanaal, SuperSport, se uitsaaiprogram vir die toernooi herhaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Griekwas het Vrydag teen Namibi\u00eb in Kimberley \u2019n opwarmings-wedstrdy gespeel en met 22-17 gewen. Die span kon egter nie hulle truie laat was voor hulle na Middelburg vertrek het nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span se een afrigter, Shaun Huygen, was gister nog in Pretoria waar hy vandag die truie sou laat was om gereed te wees vir more se wedstryd.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Na di\u00e9 nuus dat sy span dalk vandag speel, moes Huygen sal inspring en die truie was. \u201cEk het die truie nou net klaar opgevou. Dit was \u2019n hengse verwarring en ek moes inderhaas plan maak en die truie self begin te was,\u201d het Huygen gisteraand gese.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 fout is egter vinnig gevind en uitgestryk. Die plattelanders van die Noord-Kaap sal nou vandag soos waarvoor hulle voorberei het teen die Limpopo Blou Bulle speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Griekwas sal more teen Grens-platteland sy toernooi afskop. Wat die verwarring verder aangevuur het, is die feit dat die Poubloues verlede jaar in sy laaste wedstryd van die Cravenweek in Polokwane die einste Grens-platteland met 94-5 verneder het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grens-platteland se span was sedert 2004 se toernooi in Nelspruit nog net in drie van sy 30 wedstryde aan die wenkant. Sy laaste sege was in 2009 in Oos-Londen toe hy die SA LSOB-span (vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes) 17-5 geklop het. Die LSOB-span en die nasionale Akademie-span is as proefnemings daardie jaar by die toernooi betrek. Dit was albei spanne se laaste deelname.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>MIDDELBURG. \u2013 \u2019n Babelse verwarring het gister vir \u2019n ruk lank by die registrasie van die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole by HTS Middelburg hier plaasgevind. Die afrigters en spelers van Griekwaland-Wes en Griekwa-platteland se beplanning vir hulle onderskeie eerste wedstryde van die toernooi was amper omver gewerp. Volgens die amptelike program wat hulle op die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6201","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6201","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6201"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6201\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6201"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6201"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6201"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}