{"id":6203,"date":"2014-07-14T06:40:51","date_gmt":"2014-07-14T06:40:51","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/cravenweek-sal-weer-kwota-springbokke-oplewer\/"},"modified":"2014-07-14T06:40:51","modified_gmt":"2014-07-14T06:40:51","slug":"cravenweek-sal-weer-kwota-springbokke-oplewer","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6203","title":{"rendered":"Cravenweek sal weer kwota Springbokke oplewer"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">MIDDELBURG. \u2013 Die Cravenweek is steeds \u2019n belangrikste voedingsbron vir Springbok-rugby, al het drie van die sewe nuwe Springbokke van 2014 nie Cravenweek-rugby gespeel nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die drie Bokke wat nie goed genoeg op skool vir di\u00e9 toernooi geag is nie, is Lood de Jager, Cornal Hendricks en Stephan Lewies.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole, wat Maandag hier by HTS Middelburg in Mpumalanga afskop, sal weer sy gebruiklike kwota Springbokke oplewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Toe die toernooi laas in 1978 hier aangebied is, het die Westelike Provinsie die Vrystaat in die hoofwedstryd met 12-3 geklop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Twee Springbok-vleuels, Carel du Plessis en Jaco Reinach, was in di\u00e9 wedstryd regstreekse teenstanders.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Goue Leeus is vanjaar een van die vroe\u00eb gunstelinge.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 span mik daarna om vir die vierde agtereenvolgende jaar in die hoofwedstryd in aksie te wees, hoewel die Leeus nie daarin kon slaag om in enige van die vorige drie jaar \u2019n sege in die hoofwedstryd te behaal nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Westelike Provinsie behoort ook een van die voorste spanne te wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die kern van vanjaar se groep het die Vrystaat met 10-7 in die Grant Khomo-week (vir o.16-spelers) se hoofwedstryd in 2012 geklop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Streeptruie draf Maandag in die hoofwedstryd teen die gasheer, die Pumas, uit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">KwaZulu-Natal, die Vrystaat en die Blou Bulle behoort vanjaar ook sterk aanspraakmakers te wees om Saterdag in die hoofwedstryd te speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die KwaZulu-Natallers was laas in 1990 in die hoofwedstryd te sien.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Griffons sal hul trotse rekord die laaste paar jaar wil behou. Die Perses draf teen Grens uit en was sedert 2011 se toernooi in Kimberley slegs een keer aan die verloorkant.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Miskien sal hulle ook inspirasie uit die vorige Cravenweek hier wil put. T\u00f3\u00e9 was die Springbokke Gert Smal en Christo Ferreira in die Noord-Vrystaatse span.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Toeskouers wat die eerste keer rugby op HTS Middelburg se hoofveld kyk, sal die rugbypale op die hoofveld meer as een kyk gee, want hulle is \u2019n allemintige 25\u2009m hoog \u2013 \u2019n volle 9 m langer as die norm.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 pale is verleng n\u00e1 \u2019n omstrede strafdoel in die derby tussen die Rooi Bulle en die Ho\u00ebrskool Middelburg in 1984.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>MIDDELBURG. \u2013 Die Cravenweek is steeds \u2019n belangrikste voedingsbron vir Springbok-rugby, al het drie van die sewe nuwe Springbokke van 2014 nie Cravenweek-rugby gespeel nie. Die drie Bokke wat nie goed genoeg op skool vir di\u00e9 toernooi geag is nie, is Lood de Jager, Cornal Hendricks en Stephan Lewies. Die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole, wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6203","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6203","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6203"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6203\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6203"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6203"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6203"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}