{"id":6208,"date":"2014-07-15T08:36:46","date_gmt":"2014-07-15T08:36:46","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/skole-speel-ook-te-veel-wedstryde\/"},"modified":"2014-07-15T08:36:46","modified_gmt":"2014-07-15T08:36:46","slug":"skole-speel-ook-te-veel-wedstryde","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6208","title":{"rendered":"Skole speel ook te veel wedstryde"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die meeste van die groot rugbyskole in Suid-Afrika speel te veel rugby.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het vanjaar al 20 wedstryde gespeel. Die hoofrede vir di\u00e9 syfer is die feit dat hy vanjaar Suid-Afrika op die jaarlikse Sanix-toernooi in Japan verteenwoordig het. Boishaai sal vanjaar nog vier wedstryde speel met die moontlikheid vir n\u00f3g twee wedstryde as hy tot in Die Burger-kompetisie se eindstryd vorder.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cOns het al 20 wedstryde gespeel en van ons seuns wat aan proewe, die Cravenweek en ander provinsiale weke gaan deelneem, sal amper 40 speel. Nie eens professionele spelers speel so baie wedstryde in \u2019n seisoen nie,\u201d het Sean Erasmus, hoof van rugby by Boishaai, ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Erasmus is n\u00e1 die eerste jaar van die Jake White-afrigtings-kursus, wat landwyd aangebied is, as die voorste breier aangewys wat die kursus bygewoon het. \u201cOns spandokter, dr. Kobus Uys, het self ges\u00ea die getal wedstryde is swaar op ons seuns se lywe. Dit is ook moeilik om die kondisionering reg te hou met di\u00e9 getal kragmetings,\u201d het Erasmus ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dries van der Wal, voormalige hoof van rugby by Grey-kollege en voormalige Suid-Afrikaanse skolekeurder, het Erasmus se gevoelens beaam oor die hoeveelheid rugby wat die seuns speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cEk dink dit raak te veel. Daar is ook soveel ekstra druk op di\u00e9 skole, spelers en afrigters om te presteer. Die gehalte van skolerugby is baie hoog. Die seuns speel buiten proewe nog drie opwarmingswedstryde voor die Cravenweek en dan nog drie wedstryde tydens die Cravenweek. As jy die SA Skole-span haal, speel jy n\u00f3g drie wedstryde,\u201d het Van der Wal ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grey het vanjaar 21 wedstryde op sy program. Spanne wat vanjaar soos Grey die Kearsney-kollege-Paastoernooi en die Wildeklawer-toernooi bygewoon het, het binne 11 dae vyf wedstryde teen die voorste rugbyskole in Suid-Afrika gespeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dan is daar ook \u2019n skool soos die Ho\u00ebrskool Noord-Kaap in Kimberley wat sukkel om genoeg wedstryde te kry. Die span kon tot dusver nog net 11 wedstryde speel, met nog vyf wedstryde wat vir die span in di\u00e9 seisoen voorl\u00ea as hy tot die eindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie deurdring.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cOns sukkel om genoeg wedstryde te kry. Ons het nou weer gevra dat daar gekyk sal word om die Griekwa-liga weer te begin speel. Ek dink 20 wedstryde \u2019n seisoen vir \u2019n skoolspan is genoeg,\u201d het Shaun Huygen, hoofafrigter van Noord-Kaap, ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Affies in Pretoria speel die afgelope twee jaar net 15 wedstryde per seisoen. \u201cDaar moet dalk gekyk word om die seisoen se tydsduur te verleng en nog dieselfde getal wedstryde te speel. Ons moet die seuns beter bestuur,\u201d het Erasmus ges\u00ea.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die meeste van die groot rugbyskole in Suid-Afrika speel te veel rugby. Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het vanjaar al 20 wedstryde gespeel. Die hoofrede vir di\u00e9 syfer is die feit dat hy vanjaar Suid-Afrika op die jaarlikse Sanix-toernooi in Japan verteenwoordig het. Boishaai sal vanjaar nog vier wedstryde speel met die moontlikheid vir n\u00f3g twee [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6208","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6208","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6208"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6208\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6208"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6208"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6208"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}