{"id":6209,"date":"2014-07-15T08:37:42","date_gmt":"2014-07-15T08:37:42","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/pumas-grom-maar-wp-is-te-sterk\/"},"modified":"2014-07-15T08:37:42","modified_gmt":"2014-07-15T08:37:42","slug":"pumas-grom-maar-wp-is-te-sterk","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6209","title":{"rendered":"Pumas grom, maar WP is te sterk"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">MIDDELBURG. \u2013 Die nie-amptelike kampioen van die Cravenweek-rugbytoernooi vir ho\u00ebrskole, die Westelike Provinsie, moes harder sweet as verwag om die gasheer, die Pumas, Maandag hier met 33-32 te troef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 oorwinning was die WP se sesde op \u2019n streep op die Cravenweek. Hy het n\u00e1 \u2019n kliniese vertoning in die eerste helfte met 30-15 voorgeloop en \u2019n mens kon sien hoekom di\u00e9 span se afrigter, Hein Kriek, as vanjaar se Suid-Afrikaanse Skole-afrigter aangewys is. KwaZulu-Natal (KZN) se Dean Moodley is die spanbestuurder.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die WP se slot Ruben de Villiers en stut Gavin van den Berg het die bal sterk gedra, terwyl die kaptein en senter, Edrich Venter, die planmaker in die agterlyn was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die verskil tussen die twee spanne was die skopskoen van die heelagter, Tiaan Swanepoel, wat met al sewe sy pogings na die pale suksesvol was vir \u2019n bydrae van 18 punte.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Pumas se agtsteman, Oscar Schuld, en slot Driaan Bester het albei in die eerste helfte tien minute in die koelkas deurgebring.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* Suidwestelike Distrikte (SWD) het die eerste verrassing gelewer toe hy KZN welverdiend met 18-13 die loef afgesteek het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">SWD se senter JT Jackson en KZN se heelagter, Morn\u00e9 Joubert, se vertonings was waarskynlik die beste van die dag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Jackson het amper na willekeur gapings in KZN se verdediging gevind, terwyl sy skopskoen ook \u2019n bate was. Joubert se vermo\u00eb op die aanval is sy sterkpunt.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* Miskien verdien die Griffons om op die derde dag in die hoofwedstryd te speel n\u00e1 hul sege van 47-20 oor die Grens. Die Perses het sedert 2011 se toernooi in Kimberley nog net een keer verloor.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span het wel \u2019n insinking in die tweede helfte beleef nadat hy teen rustyd stewig met 42-6 in die saal was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die heelagter, Ezrick Alexander, se drie vanuit sy eie halfgebied was ongetwyfeld die beste op die eerste dag. Alexander en die slot Erik Knoetze het elk twee keer gaan druk. Knoetze het sy tweede drie gedruk nadat \u2019n strafdoel van Jaywinn Juries die regoppaal getref het. Knoetze het met albei sy drie\u00eb die verdediging met fopaange\u00eb geflous.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* Toe die Oostelike Provinsie-platteland met nog drie minute se spel in die eerste helfte met 39-3 teen Zimbabwe voorgeloop het, sou \u2019n mens gedink het ons Noordelike bure gaan \u2019n drag slae kry. Hulle het egter ander planne gehad, maar steeds uiteindelik met 54-43 in \u2019n opwindende wedstryd verloor.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* Die Limpopo Blou Bulle en Griekwas-platteland het die toeskouers op een van die opwindendste openings-wedstryde in jare trakteer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Albei spanne was nie bang om die bal lug te gee nie en Limpopo het met 25-19 gewen. Griekwas het met die omdraaislag met 19-13 voorgeloop.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>MIDDELBURG. \u2013 Die nie-amptelike kampioen van die Cravenweek-rugbytoernooi vir ho\u00ebrskole, die Westelike Provinsie, moes harder sweet as verwag om die gasheer, die Pumas, Maandag hier met 33-32 te troef. Di\u00e9 oorwinning was die WP se sesde op \u2019n streep op die Cravenweek. Hy het n\u00e1 \u2019n kliniese vertoning in die eerste helfte met 30-15 voorgeloop [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6209","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6209","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6209"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6209\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6209"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6209"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6209"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}