{"id":62116,"date":"2025-01-06T17:03:27","date_gmt":"2025-01-06T15:03:27","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=62116"},"modified":"2025-01-06T17:03:27","modified_gmt":"2025-01-06T15:03:27","slug":"fichie-bowlers-troef-driehoek-wilken-moker-51-in-jf-sege","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=62116","title":{"rendered":"Fichie-boulers troef Driehoek, Wilken moker 51* in JF-sege"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_62117\" aria-describedby=\"caption-attachment-62117\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-62117 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/M36A8482-400x242.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"242\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-62117\" class=\"wp-caption-text\">FOTO: Absolute Photos &#8211; Diederick de Vos<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die eerste dag van die tweede <strong>Kovsie Smash-<\/strong>toernooi is gekortwiek deur nat weer in die Rosestad, maar dit het nie die gasheer, <strong>Ho\u00ebrskool Fichardtpark<\/strong>, verhoed om &#8216;n eerste oorwinning te behaal nie.<\/p>\n<p>Herleef al die aksie op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong><a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com<\/a>)<\/strong><\/p>\n<p>Dit was die Fichies se boulers, gelei deur <strong>Dylan Greninger<\/strong>, wat die eerste houe geland het in hul kragmeting met <strong>Ho\u00ebrskool Driehoek<\/strong>, om die besoekers van Vanderbijlpark vir &#8216;n skamele 57 lopies uit te haal. Greninger se 2\/9 in sy toegelate vier beurte het 20 le\u00eb balle bevat, wat die druk vierkantig op die Driehoek-kolwers geplaas het.<\/p>\n<p><strong>Nathan Ackerman<\/strong> en <strong>Devante Claasens<\/strong> het ook nie op hulle laat wag nie, met boulsyfers van 2\/15 elk, om te verseker dat die laaste paaltjie reeds in die 17de beurt kantel.<\/p>\n<p><strong>Jaden Geldenhuys<\/strong> het daarna sy stempel met die kolf afgedruk as openingskolwer en twee viere en een ses gemoker vir 31 lopies van slegs 28 aflewerings. Dit het die tuisspan met gemak in die negende beurt oor die wenstreep geneem en vroeg reeds &#8216;n waarskuwing aan die ander spanne in die toernooi gerig.<\/p>\n<p><strong>Niel Wilken<\/strong> het die toernooi se eerste 50-tal gemoker om <strong>Jim Fouch\u00e9<\/strong> tot &#8216;n gemaklike sege met ses paaltjies oor <strong>Ho\u00ebrskool Upington<\/strong> te lei. Nadat die Bloemfonteiners aanvanklik in die sop was met hul telling op 45\/4, het Wilken kop gehou. Sy onoorwonne beurt van 51 het ses grenshoue, vyf viere en &#8216;n ses, bevat.<\/p>\n<p>Die Speler van die Wedstryd-toekenning het egter aan <strong>Duan Bastone<\/strong> gegaan. Bastone se oes van vier paaltjies vir net 21 lopies in sy toegelate vier beurte was altemit die rede hoekom Wilken en kie slegs &#8216;n teiken van 104 moes jaag.<\/p>\n<p>Vir Upington het <strong>Ruann Esterhuizen<\/strong> uitgestaan. Die toporde-kolwer het die druk uitstekend absorbeer en steeds sy normale houe gespeel om uiteindelik met 49 lopies van slegs 44 aflewerings te spog. Hy sal vorentoe egter beter bystand van sy medekolwers verwag.<\/p>\n<p><strong>Dian Gouws<\/strong> en <strong>Stephan Swanepoel<\/strong> het tot <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg<\/strong> se redding gekom na &#8216;n stadige begin met die bal. Die besoekers uit Limpopo se boulers het duidelik gesukkel met ritme.<\/p>\n<p>Nadat hulle 33 ekstras afgestaan het, iets waarmee afrigter, Corne Craig, self &#8216;n kranige naatbouler op sy dag, nie tevrede sou wees nie, het Gouws en Swanepoel uiteindelik sewe paaltjies tussen die twee van hulle laat spat. Gouws het vier laat kantel vir net 11 lopies, terwyl Swanepoel se draaiers vir n\u00f3g drie paaltjies gesorg het.<\/p>\n<p><strong>Celliers van der Merwe<\/strong> het &#8216;n moeilike begin met die bal agter hom gesit en leiding met die kolf geneem. Sy blitsige 32 lopies het die Pieties uiteindelik gemaklik teen <strong>Witteberg<\/strong> laat se\u00ebvier.<\/p>\n<p><strong>Bokang Mohasa<\/strong> het van voor gelei met sowel die bal as kolf in <strong>Ho\u00ebrskool Trio<\/strong> se oorwinning met vyf paaltjies oor Voortrekker van Bethlehem. Mohasa het eers die Voortrekker-kolwers laat bontstaan met &#8216;n boulskof wat drie paaltjies opgelewer het en dit opgevolg met &#8216;n puik kolfbeurt van 28.<\/p>\n<p><strong>Myburgh Jacobs<\/strong> het egter die die kollig gesteel met die kolf, met &#8216;n onoorwonne 34 lopies wat van slegs 15 aflewerings gekom het.<\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg<\/strong> was die enigste span wat op die eerste oggend daarin kon slaag om hul telling suksesvol te verdedig. <strong>WJ Enslin<\/strong>, ook &#8216;n uitstekende rugbyspeler, het<strong>\u00a0Sentraal<\/strong> se boulers gekasty met 39 lopies, wat die span van Middelburg in staat gestel het om &#8216;n verdedigbare telling van 115\/9 aan te teken.<\/p>\n<p><strong>Marinus Enslin<\/strong> en <strong>Henco Britz<\/strong> het dit beaam deur elk drie paaltjies te laat kantel vir slegs 15 lopies gesamentlik, om Sentraal vir &#8216;n teleurstellende 59 almal uit te boender en &#8216;n sege van 56 lopies te verseker.<\/p>\n<p><strong>Beknopde telkaarte:\u00a0<\/strong><\/p>\n<p><strong>Driehoek 57<\/strong> (Janco Smith 14; Dylan Greninger 2\/9, Nathan Ackerman 2\/15, Devante Claasens 2\/15); <strong>Fichardtpark 60\/3<\/strong> (Jaden Geldenhuys 31; Rico Kruger 2\/4). <strong>Fichardtpark wen met sewe paaltjies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Upington 103\/6<\/strong> (Ruann Esterhuizen 49, Wilin Lombaard 24; Duan Bastone 4\/21); <strong>Jim Fouch\u00e9 105\/4<\/strong> (Niel Wilken 51*; Adin Likumbi 2\/23). <strong>Jim Fouch\u00e9 wen met ses paaltjies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Witteberg 102\/8<\/strong> (Ekstras 33, Xander Fourie 23; Dian Gouws 4\/11, Stephan Swanepoel 3\/11); <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg 103\/5<\/strong> (Celliers van der Merwe 32, Jan-Hendrik Boneshance 29; Anru Erasmus 3\/9, Mila Oerson 2\/19). <strong>Ho\u00ebrskool Pietersburg wen met vyf paaltjies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>Bethlehem Voortrekker 105<\/strong> (Jayden Strydom 30, Ruan Heunis 21; Bokang Mohasa 3\/19, WJ van Niekerk 2\/14); <strong>Trio 106\/5<\/strong> (Myburgh Jacobs 34*, Bokang Mohasa 28; Rodney Turner 3\/23). <strong>Trio wen met vyf paaltjies<\/strong>.<\/p>\n<p><strong>HTS Middelburg 115\/9<\/strong> (WJ Enslin 39, Ekstras 25; Reshe Wales 3\/20, Aldo Bezuidenhout 2\/6, Danny Botes 2\/15); <strong>Sentraal 59<\/strong> (Janre Bornman 14; Marinus Enslin 3\/7, Henco Britz 3\/8). <strong>HTS Middelburg wen met 56 lopies<\/strong>.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste dag van die tweede Kovsie Smash-toernooi is gekortwiek deur nat weer in die Rosestad, maar dit het nie die gasheer, Ho\u00ebrskool Fichardtpark, verhoed om &#8216;n eerste oorwinning te behaal nie. Herleef al die aksie op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Dit was die Fichies se boulers, gelei deur Dylan Greninger, wat die eerste houe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":62117,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-62116","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/62116","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=62116"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/62116\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/62117"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=62116"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=62116"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=62116"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}