{"id":6212,"date":"2014-07-17T08:11:10","date_gmt":"2014-07-17T08:11:10","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/kampioen-kry-pak\/"},"modified":"2014-07-17T08:11:10","modified_gmt":"2014-07-17T08:11:10","slug":"kampioen-kry-pak","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6212","title":{"rendered":"\u2018Kampioen\u2019 kry pak"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">MIDDELBURG. \u2013 Daar sal vanjaar \u2019n nuwe nie-amptelike kampioen op die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole hier by die HTS Middelburg gekroon word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Suidwestelike Distrikte het die Westelike Provinsie met 38-23 in die hoofwedstryd van die derde dag die loef afgesteek om waarskynlik sy plek in die hoofwedstryd van die toernooi te bespreek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Shadward Fillies, vleuel van SWD, het met twee drie\u00eb in slegs drie minute die Streeptruie teen die toue gehad. Net voor Fillies se eerste drie, het WP-flank Mervano de Silva oorgeval om die wenspan se voorsprong tot net 19-14 te krimp.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Fillies het van die afskop af die bal gevang en gaan druk. Net daarna het hy \u2019n aangee van die WP-skrumskakel, Jondr\u00e9 Williams, onderskep om sy tweede te gaan druk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die SWD-binnesenter, JT Jackson, se vertoning sal waarskynlik die langste onthou word. Hy het \u2019n hele paar keer soos \u2019n warm mes deur botter deur die Streeptruie se verdediging gesny. Hy het self twee keer gaan druk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het wel vier pogings na die pale verbrou. Jackson sal volgende jaar sy loopbaan by die Blou Bulle voortsit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* KwaZulu-Natal het die Pumas met 38-27 verslaan en met sy vertoning gewys dat hy \u2019n span van gehalte is. Die agtsteman, Jaco Coetzee, en heelagter, Morn\u00e9 Joubert, het uitmuntend vertoon. Die losskakel, Curtis Jonas, het ook \u2019n goeie wedstryd beleef.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Coetzee se posisionele spel was van hoogstaande gehalte en elke keer as hy die bal onder die arm vasgeknyp het, het hy ver veld gewen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Pumas se heelagter en kaptein, Barend Smit, het ook weer op sy skool se tuisveld meer as sy deel bygedra.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* Die Griffons het met hul sege van 33-15 oor Oostelike Provinsie-platteland hul onoorwonne vertoningslys op die toernooi tot agt wedstryde gerek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 rekord word deur die Westelike Provinsie gehou wat in 14 agtereenvolgende wedstryde tussen 1970 en 1974 onoorwonne was.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Perses het sedert 2011 se toernooi in Kimberley nog net een keer verloor: teen die Pumas in 2012 in Port Elizabeth.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Noord-Vrystaters het dus slegs een van hul laaste 11 wedstryde verloor.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hul senterpaar, Boeta Vermaak en Siya Ngxesha, was aan die voorpunt van die sege.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* Drie driekunste deur Grens-spelers het aan hul span \u2019n oorwinning van 78-17 oor die Limpopo Blou Bulle besorg. Die een vleuel Jerry Danquah en die twee senters, David Brits en Michael Brink, het elk drie drie\u00eb gedruk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Grens was rustyd reeds met 54-0 voor.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* Die vleuel Denvill Joseph het in die laaste beweging \u2019n drie gedruk om Griekwas-platteland se sege van 26-20 oor Zimbabwe te verseker. Dit was ook die eerste keer in die wedstryd dat Griekwas voorgeloop het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenspan se slot, Cobus Wiese, is as Speler van die Wedstryd aangewys. Sy twee ouer broers, Japie (2005) en Jasper (2012-13), het Griekwas ook op die Cravenweek verteenwoordig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2009Vandag se bepalings is: 10:10: Namibi\u00eb t. Grens-platteland; 11:30: Boland t. Griekwas; 12:50: Valke t. Luiperds; 14:10: Blou Bulle t. Leeus; 15:30: Oostelike Provinsie t. Vrystaat.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>MIDDELBURG. \u2013 Daar sal vanjaar \u2019n nuwe nie-amptelike kampioen op die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole hier by die HTS Middelburg gekroon word. Suidwestelike Distrikte het die Westelike Provinsie met 38-23 in die hoofwedstryd van die derde dag die loef afgesteek om waarskynlik sy plek in die hoofwedstryd van die toernooi te bespreek. Shadward Fillies, vleuel [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6212","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6212","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6212"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6212\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6212"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6212"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6212"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}