{"id":6214,"date":"2014-07-18T08:06:50","date_gmt":"2014-07-18T08:06:50","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/swd-en-op-pak-mekaar-in-die-hoofwedstryd-van-cravenweek2014\/"},"modified":"2014-07-18T08:06:50","modified_gmt":"2014-07-18T08:06:50","slug":"swd-en-op-pak-mekaar-in-die-hoofwedstryd-van-cravenweek2014","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6214","title":{"rendered":"SWD en OP pak mekaar in die hoofwedstryd van #Cravenweek2014"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">MIDDELBURG. \u2013 Oostelike Provinsie het met sy eerste sege oor die Vrystaat sedert 1991 op die Cravenweek vir die eerste keer sedert 2005 sy plek in die hoofwedstryd van die toernooi bespreek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 sege van 19-5 op die 51ste Cravenweek op HTS Middelburg se veld is ook die span van die Baai se grootste nog oor die Vrystaters sedert die onstaan van die toernooi in 1964.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">OP en Suidwestelike Distrikte sal mekaar more in die hoofwedstryd van die toernooi pak. Dit sal die eerste keer sedert 2000 wees wat albei spanne wat in di\u00e9 kragmeting betrokke is nie een van die Groot Vyf unies is nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In 2000 het die Pumas vir Boland met 19-18 in die hoofwedstryd geklop.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van die Baai se binnesenter, Heino Bezuidenhout, het die Vrystaat met sy kraglopies hoofbrekens besorg. Die heelagter Keanu Vers, vleuel Athi Mayinje en losskakel Curwin Bosch het almal bygedra tot opwindende agterspel deur die wenspan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voor die senter, Julian Jordaan met sy drie sy span se enigste punte aangeteken het, het dit geblyk of die Vrystaters vir die eerste keer sedert 1994 nie daarin sou slaag om punte in \u2019n wedstryd aan te teken nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span id=\"U310392698528ulF\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Die Jukskei-derby is deur die Blou Bulle met 21-10 gewen. Hulle het die sege beklink omdat hulle daarin geslaag het om di\u00e9 druk wat die Leeus op hulle in die tweede helfte geplaas het suksesvol te verwerk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Leeus het die oorhand in die tweede helfte gehad en die Ligbloues kon nie \u2019n enkele punt in di\u00e9 helfte aanteken nie. Die Rooibontes kon egter net een drie deur die kantman, Constant Beckerling, vir al hulle moeite in di\u00e9 helfte wys.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span id=\"U3103926985287SC\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Griekwas het sy onoorwonne status op vanjaar se toernooi behou deur Boland met 38-27 die loef af te steek. Albei spanne het vier drie\u00eb gedruk met die skopskoen van die Poubloues se losskakel, Robbie Petzer. Hy het onder andere met die langste poging van sy loopbaan \u2019n strafdoel van 57 meter geslaag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Poubloues is een van vyf spanne wat die laaste dag onoorwonne sal ingaan. Die ander vyf is Oostelike Provinsie, Suidwestelike Distrikte, die Griffons en die Luiperds.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Petzer het waarskynlik met sy vertoning in di\u00e9 wedstryd vir hom \u2019n plek in die groep vir die SA Skole-proewe bespreek. Sy skakelmaat, Brandon de Melim, het self \u2019n uitstaande vertoning gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span id=\"U3103926985284vC\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Die Luiperds se buitesenter, Markus Coetzer, het met nog \u2019n kragtige vertoning gewis \u2019n paar regmerkies van die nasionale skolekeurders ontvang. Hy het 21 van sy span se punte in sy oorwinning van 26-20 oor die Valke aangeteken. Sy sentermaat, Stefan van Vuuren, het ook weer uistaande spel gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir die Valke het die heelagter, Martin van Wyk, \u2019n hele paar keer op die aanval gevaarlike lopies geloots.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span id=\"U310392698528Ck\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Namibi\u00eb was stadig uit die blokke teen Grens-platteland en het teen rustyd slegs 24-0 voorgeloop, maar in die tweede helfte na \u2019n ho\u00ebr rat oorgeskakel om uiteindelik met 69-0 te wen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Biltongboere se agtsteman, Adriaan Booysen, het \u2019n driekuns aan drie\u00eb behaal. Grens-platteland het nou 165 punte in sy twee wedstryde afgestaan en nog nie \u2019n enkele punt aangeteken nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b><span id=\"U310392698528UZH\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>More se bepalings is: <\/b><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>HTS Middelburg A-veld \u2013 08:30:<\/b> Pumas t. Leeus; <b>09:50:<\/b> Westelike Provinsie t. Vrystaat;<b> 11:10: <\/b>KwaZulu-Natal t. Blou Bulle; <b>12:45: <\/b>Suidwestelike Distrikte t. Oostelike Provinsie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Ho\u00ebrskool Middelburg A-veld \u2013<\/b> <b>08:30:<\/b> Zimbabwe t. Namibi\u00eb;<b> 09:50:<\/b> Griekwas t. Grens; <b>11:10:<\/b> Griffons t. Luiperds.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Ho\u00ebrskool Middelburg B-veld \u2013 08:30: <\/b>Griekwa-platteland t. Grens-platteland; <b>09:50:<\/b> Boland t. Limpopo Blou Bulle; <b>11:10:<\/b> OP-platteland t. Valke.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>MIDDELBURG. \u2013 Oostelike Provinsie het met sy eerste sege oor die Vrystaat sedert 1991 op die Cravenweek vir die eerste keer sedert 2005 sy plek in die hoofwedstryd van die toernooi bespreek. Di\u00e9 sege van 19-5 op die 51ste Cravenweek op HTS Middelburg se veld is ook die span van die Baai se grootste nog [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6214","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6214","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6214"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6214\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6214"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6214"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6214"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}