{"id":6215,"date":"2014-07-18T08:09:24","date_gmt":"2014-07-18T08:09:24","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/bokke-sal-identiteit-behou\/"},"modified":"2014-07-18T08:09:24","modified_gmt":"2014-07-18T08:09:24","slug":"bokke-sal-identiteit-behou","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6215","title":{"rendered":"\u2018Bokke sal identiteit behou\u2019"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die Springbokke sal tradisionele Bok-rugby speel en nie probeer om die All Blacks, Wallabies of Engeland na te boots nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">S\u00f3 het Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA Rugby, tydens sy besoek aan die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Middelburg (Mpumalanga) ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cSuid-Afrika het \u2019n trotste rugby-erfenis en geskiedenis en Suid-Afrikaanse spanne en ook die Springbokke se manier van speel is wyd bekend. Dit is geskoei op al die vernaamste beginsels van rugby soos krag, vaart, spanwerk, fiksheid en taktiese akkuraatheid.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDeesdae is dit ook belangrik om professionaliteit by die lys te voeg,\u201d het Roux ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Springbokke gaan volgens Roux ook nie om verskoning vra omdat hulle tradisionele Springbok-rugby speel pleks van om die spel van die All Blacks, Wallabies of Engeland na te boots nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDit is baie belangrik dat die Springbokke hul eie identiteit in hul spelpatroon behou. Suid-Afrika het reeds twee keer die Webb Ellis-trofee gewen en daar is redes daarvoor. Die grondslag van sukses is geskep, ons moet seker maak ons bly ons teenstanders een voor in die uitvoering daarvan.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Springbokke het in 1995 en 2007 die W\u00eareldbeker verower. Die meeste van die spelers van albei di\u00e9 spanne het hul tande op die jaarlikse Cravenweek geslyp.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDie Cravenweek is uniek en iets waarop ons by Saru geweldig trots is. Die weke betrek die totale spektrum van skolerugbyspelers, van o.13 tot o.18. Dit beteken ons gee speelkans aan die beste provinsiale spelers in alle ouderdomsgroepe, wat baie belangrik is vir die ontwikkeling van die spelers.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cHulle kan hulself teen die beste in hul ouderdomgroepe meet. Soos jy weet, word \u2019n groot groep spelers n\u00e1 die week gekies, wat dan proewe speel, waarna die SA Skolespan gekies word. Dit gee ook die keurders die beste kans om al die talent in een plek op verskillende dae in aksie te sien.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Roux het ook die onderwysers wat as afrigters en administrateurs by skolerugby betrokke is vir hul bydraes tot Springbok-rugby geloof.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Suid-Afrikaanse skolerugby speel \u2019n groot rol om die Springbokke een van die voorste spanne in w\u00eareldrugby te hou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cElke speler wat \u2019n Springbok geword het, het op skolevlak begin, so die belangrikheid van skolerugby kan nie genoeg beklemtoon word nie. Skolerugby is baie belangrik vir die ontwikkeling en behoud van die spel in Suid-Afrika.\u201d<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Springbokke sal tradisionele Bok-rugby speel en nie probeer om die All Blacks, Wallabies of Engeland na te boots nie. S\u00f3 het Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA Rugby, tydens sy besoek aan die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Middelburg (Mpumalanga) ges\u00ea. \u201cSuid-Afrika het \u2019n trotste rugby-erfenis en geskiedenis en Suid-Afrikaanse spanne en ook die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6215","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6215","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6215"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6215\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6215"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6215"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6215"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}