{"id":6216,"date":"2014-07-19T06:46:35","date_gmt":"2014-07-19T06:46:35","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/agtstemanne-hou-sleutel-in-vandag-se-hoofwedstryd\/"},"modified":"2014-07-19T06:46:35","modified_gmt":"2014-07-19T06:46:35","slug":"agtstemanne-hou-sleutel-in-vandag-se-hoofwedstryd","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6216","title":{"rendered":"Agtstemanne hou sleutel in vandag se hoofwedstryd"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">MIDDELBURG. \u2013 Met albei unies wat mekaar vandag in die hoofwedstryd van die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole op HTS Middelburg se hoofveld pak se laaste verskynings in die gesogte wedstryd het hulle sterk op die leierskap van hulle agtstemanne gesteun.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oostelike Provinsie en Suidwestelike Distrikte se mekaar om 12:45 in die hoofwedstryd die stryd aan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Voltruisboere was laas in 2008 in Pretoria teen die Vrystaat in die hoofwedstryd met sy agtsteman en kaptein, CJ Stander, wat hulle tot \u2019n sege van 31-25 geinspireer het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van die Baai se kaptein en agtsteman met hulle laaste verskyning in die hoofwedstryd in 2005 was die Springbok Dewald Potgieter. Oostelike Provinsie het op di\u00e9 dag met 38-15 teen die Leeus die knie in Bloemfontein gebuig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oostelike Provinsie was laas in 1979 aan die wenkant in die hoofwedstryd. Die span se agtsteman, Junior Pokomela, kan met nog \u2019n stewige vertoning sy span se lang droogte verbreek. Die Voltruisboere se agtsteman is, Navada Jacobs.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is die eerste keer sedert 2000 dat nie een van Suid-Afrika se sogenaamde Groot Vyf unies in di\u00e9 wedstryd in aksie is nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Toe was dit die stryd van die losskakels met Derick Hougaard (Boland) en Nel Fourie (Pumas) wat in \u2019n stryd gewikkel was. Die Pumas het die naelbyt-stryd met 19-18 gewen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is ook die eerste eindstryd sedert 2010 in Welkom waarin die Leeus nie te sien sal wees nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Drie spanne sal na afloop van vanjaar se toernooi met \u2019n onoorwonne rekord kan spog. Buiten die wenner van die hoofwedstryd sal die Griffons, Luiperds en Griekwas almal vandag veg om hulle onoorwonne statusse te behou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Perses het sedert die 2011-toernooi nog net een keer verloor. Hulle kom teen die Luiperds in die hoofwedstryd van die tweede veld, Ho\u00ebrskool Middelburg se hoofveld, te staan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hulle sal egter nie gelukkig met die bepalings wees nie. Met di\u00e9 wedstryd is hulle ontneem daarvan om vir hulself \u2019n beter posisie op SA Rugby se rangorde vir volgende jaar se toernooi in Durban te verwerf, maar ook om hulself behoorlik te toets. Die Griffons was verlede jaar ook onoorwonne en verdien eintlik om vandag op die hoofveld te speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die vroe\u00ebre dae van die Cravenweek toe die spanne wat die opwindendste rugby tydens die toernooi opgedis het, beloon is om in die hoofwedstryd of op die hoofveld te speel sou die Griffons, Luiperds en Griekwas dalk vandag op die hoofveld te sien gewees het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Perses en Poubloues is boonop die enigste twee spanne op die toernooi wat nog onoorwonne is, wat vier om meer drie\u00eb in albei hulle kragmetings tot dusver gedruk het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b><span id=\"U310396301054f2E\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Vandag se bepalings is: <\/b><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>HTS Middelburg A-veld \u2013 08:30:<\/b> Pumas t. Leeus; <b>09:50:<\/b> Westelike Provinsie t. Vrystaat; <b>11:10:<\/b> KwaZulu-Natal t. Blou Bulle; <b>12:45: <\/b>Suidwestelike Distrikte t. Oostelike Provinsie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Ho\u00ebrskool Middelburg A-veld \u2013 08:30:<\/b> Zimbabwe t. Namibi\u00eb; <b>09:50: <\/b>Griekwas t. Grens; <b>11:10: <\/b>Griffons t. Luiperds.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>Ho\u00ebrskool Middelburg B-veld \u2013 08:30:<\/b> Griekwa-platteland t. Grens-platteland; <b>09:50: <\/b>Boland t. Limpopo Blou Bulle; <b>11:10:<\/b> OP-platteland t. Valke.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>MIDDELBURG. \u2013 Met albei unies wat mekaar vandag in die hoofwedstryd van die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole op HTS Middelburg se hoofveld pak se laaste verskynings in die gesogte wedstryd het hulle sterk op die leierskap van hulle agtstemanne gesteun. Oostelike Provinsie en Suidwestelike Distrikte se mekaar om 12:45 in die hoofwedstryd die stryd aan. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6216","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6216","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6216"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6216\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6216"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6216"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6216"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}