{"id":6217,"date":"2014-07-19T06:51:27","date_gmt":"2014-07-19T06:51:27","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/school-of-rugby-s-sa-schools-team-for-2014\/"},"modified":"2014-07-19T06:51:27","modified_gmt":"2014-07-19T06:51:27","slug":"school-of-rugby-s-sa-schools-team-for-2014","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6217","title":{"rendered":"School of Rugby&#8217;s SA Schools team for 2014"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">MIDDELBURG. \u2013 Daar word nou wel nie vanjaar \u2019n Suid-Afrikaanse Skole-span net na afloop van vandag se hoofwedstryd van die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole hier bekend gemaak nie, maar <i>School of Rugby<\/i> het besluit om self \u2019n nasionale skolespan te kies.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar word wel na afloop van die hoofwedstryd \u2019n groep van 50 spelers bekend gemaak, wat op 26 Julie in Kemptonpark aan die nasionale skoleproewe sal deelneem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die hoofwedstryd word vanjaar tussen die Oostelike Provinsie en Suidwestelike Distrikte beslis.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><i>School of Rugby<\/i> se span is grootliks op vertonings tydens die week gekies. Van die ongelukkigstes om nie ons 22-tal te haal nie is Grens se vleuel Jerry Danquah, Vrystaat se skrumskakel Shirwin Cupido, Oostelike Provinsie se agtsteman Junior Pokomela, die Blou Bulle se senter Franco Naud\u00e9 en ook hulle kantman Justin Meintjies.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ons het ook nie vertonings tydens vanjaar se Akademie-week in ag geneem nie, wat deur die SA Skole-keurders dopgehou is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Luiperds se buitesenter, Markus Coetzer, speel vir sy skoolspan op losskakel, maar het op vanjaar se toernooi met sy spel op buitesenter be\u00efndruk. Hoewel Naud\u00e9 van die Ligbloues dalk die meer afgronde speler vir die posisie is, het ons op Coetzer besluit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy is boonop ook tot dusver met sy 44 punte die voorste puntemaker op die toernooi.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die twee grootste kragte oor al die jare op die Cravenweek, die Vrystaat en Westelike Provinsie, het elk net een speler, Victor Maruping (Vrystaat) en Gavin van den Berg (WP) wat \u2019n plek in die verkose span kon kry. Maruping was van die kant van die skrum af in albei sy span se wedstryde \u2019n staatmaker.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Verlede jaar se SA Skole-skrumskakel, Marco Janse van Vuren, haal nie vanjaar ons span nie. Die voorste vertoning deur \u2019n skrumskakel op die toernooi tot dusver was ongetwyfeld deur Jaywinn Juries van die Griffons.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><span id=\"U310396300841f9B\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span><b><i>School of Rugby<\/i> se SA Skole-span sal so lyk: <\/b><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">15 Morn\u00e9 Joubert (KwaZulu-Natal), 14 Athi Mayinje (Oostelike Provinsie), 13 Markus Coetzer (Luiperds), 12 JT Jackson (SWD), 11 S\u2019busiso Nkosi (Leeus), 10 Tinus de Beer (Blou Bulle), 9 Jaywinn Juries (Griffons), 8 Jaco Coetzee (KwaZulu-Natal), 7 Victor Maruping (Vrystaat), 6 PJ Toerien (Blou Bulle), 5 Eduard Zandberg (SWD), 4 Hendr\u00e9 Stassen (Valke), 3 Wynand de Necker (SWD), 2 Alandr\u00e9 van Rooyen (Oostelike Provinsie), 1 Gavin van den Berg (Westelike Provinsie). <b>Plaasvervangers:<\/b> 16 Jan-Henning Campher (Blou Bulle), 17 Madot Makombela (Limpopo Blou Bulle), 18 Ashton Fortuin (Blou Bulle), 19 McMillan Muller (KwaZulu-Natal), 20 Embrose Papier (Blou Bulle), 21 Curwin Bosch (Oostelike Provinsie), 22 Keanu Vers (Oostelike Provinsie).<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>MIDDELBURG. \u2013 Daar word nou wel nie vanjaar \u2019n Suid-Afrikaanse Skole-span net na afloop van vandag se hoofwedstryd van die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole hier bekend gemaak nie, maar School of Rugby het besluit om self \u2019n nasionale skolespan te kies. Daar word wel na afloop van die hoofwedstryd \u2019n groep van 50 spelers bekend [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6217","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6217","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6217"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6217\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6217"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6217"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6217"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}