{"id":6219,"date":"2014-07-22T08:15:04","date_gmt":"2014-07-22T08:15:04","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/kings-hoort-tussen-grotes-se-breier\/"},"modified":"2014-07-22T08:15:04","modified_gmt":"2014-07-22T08:15:04","slug":"kings-hoort-tussen-grotes-se-breier","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6219","title":{"rendered":"Kings h\u00f3\u00f3rt tussen grotes, s\u00ea breier"},"content":{"rendered":"<p>&nbsp;<\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">MIDDELBURG. \u2013 \u201cOns het dit gedoen om te wys dat die Oostelike Provinsie Kings in Superrugby hoort.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was die woorde van die OP se Cravenweek-span se hoofafrigter, Louis Gerber, n\u00e1 sy span die eerste keer sedert 1977 daarin geslaag het om as nie-amptelike kampioen van die week gekroon te word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die OP het sy bure, die Suidwestelike Distrikte, met 25-7 in die hoofwedstryd van die 51ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole in Middelburg verslaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDaar was van ons eerste oefening \u2019n samehorigheid onder die spelers. Ons spangees was uitstekend en al die seuns was voor die tyd reeds p\u00ealle,\u201d het Gerber ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 span het slegs drie drie\u00eb tydens die toernooi afgestaan. Die Volstruisboere se skrumskakel Dominic Smit, die Vrystaat se senter Julian Jordaan en die Blou Bulle se slot Ettienne Matthys is die spelers wat die span van die Baai se doellyn kon oorsteek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cOns is baie trots op ons verdediging en het voor die toernooi ges\u00ea dat as ons net drie drie\u00eb afstaan, ons die week kan wen.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDaar was baie beplanning. Ons het geweet as ons die Blou Bulle klop, sou ons moontlik teen die Vrystaat speel. Al die spelers het vooraf geweet teen wie hulle sou speel en wat hul rol sou wees,\u201d het Gerber ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2019n Paar van die spelers in vanjaar se groep het in 2009 ook op die Cravenweek vir laerskole met die kroon weggestap.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Saterdag was die kaptein en flank, Johann van Niekerk, die vleuel Athi Mayinje en heelagter, Keanu Vers die enigste oorblywende lede van 2009 se span. Jordaan was in di\u00e9 hoofwedstryd Speler van die Wedstryd.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ook vir Curwin Bosch het die week \u2019n persoonlike hoogtepunt opgelewer. Toe Bosch in sy span se eerste wedstryd teen die Blou Bulle in die doodsnikke \u2019n doelskop van die kantlyn oorgeskop het vir \u2019n sege van 26-25, het hy wraak op die Pretorianers geneem. Hy was verlede jaar in die OP se o.16-span wat in die doodsnikke met 30-26 teen die Ligbloues verloor het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Griffons is die enigste ander span wat die toernooi onoorwonne kon afsluit. Di\u00e9 span het die derde keer die afgelope vier jaar daarin geslaag om al hul Cravenweek-wedstryde te wen.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>&nbsp; MIDDELBURG. \u2013 \u201cOns het dit gedoen om te wys dat die Oostelike Provinsie Kings in Superrugby hoort.\u201d Dit was die woorde van die OP se Cravenweek-span se hoofafrigter, Louis Gerber, n\u00e1 sy span die eerste keer sedert 1977 daarin geslaag het om as nie-amptelike kampioen van die week gekroon te word. Die OP het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6219","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6219","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6219"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6219\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6219"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6219"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6219"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}