{"id":6226,"date":"2014-07-27T08:11:19","date_gmt":"2014-07-27T08:11:19","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/kwotaskok-in-skole\/"},"modified":"2014-07-27T08:11:19","modified_gmt":"2014-07-27T08:11:19","slug":"kwotaskok-in-skole","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6226","title":{"rendered":"Kwotaskok in skole"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Minstens die helfte van die Suid-Afrikaanse skolespan m\u00f3\u00e9t vanjaar uit swart spelers bestaan en di\u00e9 syfer sal aanhou toeneem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie \u00ad(Saru) het glo verlede week opdrag gegee dat minstens 14 van die 28 spelers in di\u00e9 span swart, bruin of Indi\u00ebr moet wees. D\u00edt net enkele dae voor \u2019n finale ronde van proewe gister in Kempton Park gehou is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens ingeligtes is dit die eerste keer dat di\u00e9 kwota amptelik op skolevlak afgedwing word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Keurders het gistermiddag vergader om die skolespan te kies vir \u2019n reeks \u201ctoetse\u201d teen Frankryk, Engeland en Wallis.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rapport verneem betroubaar dat die groep van 28 wat n\u00e1 die vergadering aan Saru voorgel\u00ea is vir goedkeuring en m\u00f4re aangekondig sal word, wel 50% swart is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit kom nadat Mervyn Green, Saru se hoofbestuurder van ontwikkeling, verlede Donderdag tydens die Cravenweek in Middelburg die keurders ingelig het dat die helfte van die skolespan swart m\u00f3\u00e9t wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Huidige en voormalige skolekeurders het bevestig dit is \u2019n wending en dat \u2019n raskwota nog nooit so rigied neergel\u00ea is nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 eis het glo ook beteken dat die groep wat gekies is om aan gister se proewe deel te neem inderhaas van 50 tot 55 spelers vergroot is, aangesien dit aanvanklik nie aan Saru se transformasievoorskrifte voldoen het nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die afgelope ses jaar het die Suid-Afrikaanse skolespan nog net een keer \u201cbloot toevallig\u201d uit minstens 50% swart spelers bestaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit was in 2009 toe 11 uit die groep van 22 swart was. Onder di\u00e9 spelers was die Springbok-losvoorspeler Siya Kolisi, die Stormers se Scarra Ntubeni en Nizaam Carr en die Bulls-haker \u00adBongi Mbonambi.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Green het Rapport se navrae verwys na Andy Colquhoun, Saru se mediabestuurder. Colquhoun het teen druktyd nog nie gereageer nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Jurie Roux, Saru se uitvoerende hoof, het vroe\u00ebr die afgelope week volgehou die keurproses is \u201clank en weldeurdag\u201d.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cOns identifiseer die skolegroep reeds by die nasionale o.16-week en hoewel daar mettertyd enkele spelers bykom en wegval, bly die kern van die groep dieselfde,\u201d het Roux ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDie dae van \u2019n flash in the pan-speler van wie ons nie voorheen bewus was nie, maar wat in die Cravenweek be\u00efndruk en dan gekies word, is verby.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die jongste kwota-herrie kom enkele weke nadat die land se rugby\u00adbase deur die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) geroskam is oor die \u201cgebrek aan transformasie\u201d in die Springbokspan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Oregan Hoskins, die Saru-president, het gevolglik aan die Bokafrigter, Heyneke Meyer, opdrag gegee om meer swart spelers vir verlede maand se toets teen Skotland te kies.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Ondanks die Saskok-kritiek gaan dit egter baie goed met rugbytransformasie. Selfs die departement van sport stem saam.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Rapport kan vandag ook onthul dat \u2019n studie wat deur die departement van sport onderneem is, bevind het Saru vaar die beste van al die groot sportfederasies \u2013 rugby, krieket, sokker, netbal en atletiek \u2013 wat transformasie betref.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Saru se \u201cslaagsyfer\u201d van 71% op \u2019n sogenaamde \u201ctransformasietelkaart\u201d was glo ho\u00ebr as enige van die ander federasies s\u2019n.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Saru werk, ongeag hul relatiewe sukses gemeet aan ander federasies, steeds aan \u2019n plan om hul tekortkominge reg te stel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit sal einde volgende maand aan die departement voorgel\u00ea word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die regeringstudie, onder leiding van die sportadministrateur Willie Basson, is intussen uitgebrei tot 12 ander sportsoorte.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Basson fokus di\u00e9 studie op die demografiese profiel van Suid-Afrikaners van 18 jaar en jonger om die sukses van sporttransformasie te meet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cMeer as 80% van kinders in di\u00e9 groep is etnies swart en die res is bruin, Indi\u00ebr en wit. Dit word egter nie naastenby in die samestelling van ons nasionale spanne weerspie\u00ebl nie,\u201d het Basson aan Rapport ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDie probleem moet op eers op skole- en klubvlak gepak word sodat ons oor 10 of 20 jaar van nou af nie meer op die minderheidsgroepe in ons nasionale spanne staatmaak nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDie plan is om die persentasie geleidelik te laat toeneem op di\u00e9 vlakke totdat dit uiteindelik in ons na\u00adsionale spanne weerspie\u00ebl word.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Basson sal die studie binne die volgende paar weke aan die regering oorhandig word.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Minstens die helfte van die Suid-Afrikaanse skolespan m\u00f3\u00e9t vanjaar uit swart spelers bestaan en di\u00e9 syfer sal aanhou toeneem. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie \u00ad(Saru) het glo verlede week opdrag gegee dat minstens 14 van die 28 spelers in di\u00e9 span swart, bruin of Indi\u00ebr moet wees. D\u00edt net enkele dae voor \u2019n finale ronde van proewe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6226","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6226","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6226"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6226\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6226"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6226"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6226"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}