{"id":6230,"date":"2014-08-03T07:42:35","date_gmt":"2014-08-03T07:42:35","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/gimmies-sink-boishaai\/"},"modified":"2014-08-03T07:42:35","modified_gmt":"2014-08-03T07:42:35","slug":"gimmies-sink-boishaai","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6230","title":{"rendered":"Gimmies sink Boishaai"},"content":{"rendered":"<p><byline><author><name><span style=\"background-color: transparent;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6229\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Francois_Stemmet.jpg\" width=\"246\" height=\"198\" alt=\"Francois Stemmet\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Francois_Stemmet.jpg 1024w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Francois_Stemmet-300x241.jpg 300w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/Francois_Stemmet-768x617.jpg 768w\" sizes=\"auto, (max-width: 246px) 100vw, 246px\" \/>Die rugbyspan van Paarl Gimnasium het sy houvas op sy jaarlikse derby sedert 2009 teen die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl gister op Faure-straat, danksy die geleerde skopskoen van sy heelagter Grant Hermanus, behou.<\/span><\/name><\/author><\/byline><\/p>\n<p>Gimmies het met 16-15 gewen en was deurgaans voor. Boishaai kon laas in 2009 daarin slaag om Gimmies te klop.<\/p>\n<p>Hermanus, wat verlede jaar in die SA Skolespan was, het met al vier sy stelskoppe geslaag. Sy lang lynskoppe het ook \u2019n reuse-aandeel in sy span se sege gespeel.<\/p>\n<p>Vir Boishaai het sy senter Curtley Grain heelwat geleenthede op die aanval geskep.<\/p>\n<p>Hy het met albei sy span se drie\u00eb deur Rayhaan Lombaard en Tristan Solomons die laaste aangee uitgegee.<\/p>\n<p><span id=\"U310465078965pmH\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Grey PE het die eerste keer sedert 2004 Grey-kollege met die kous oor die kop huis toe gestuur.<\/p>\n<p>Die span van die Baai het op sy tuisveld met 27-20 koning gekraai.<\/p>\n<p>Die spel van veral die heelagter Curwin Bosch, die losskakel Garrick Matteus en die flank Junior Pokomela was deurslaggewend.<\/p>\n<p>Matteus se reuse-skopvoet het die span van die Rosestad op die agtervoet in veral die tweede helfte gehou. Bosch was op die aanval, sowel as met sy skopskoen, \u2019n doring in die Bloemfonteiners se vlees.<\/p>\n<p>Pokomela het met sy verdediging vrees by sy teenstanders ingeboesem en ook meters ver veld gewen met hardlooprugby. Bosch en Pokomela is albei in vanjaar se SA skolespan ingesluit.<\/p>\n<p>Hoewel Grey-kollege die oorhand in die skrums gehad het, was die tuisspan by die afbreekpunte baas.<\/p>\n<p><span id=\"U3104650789651b\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Kroonstad sal vanjaar die rooiste wees wat hy n\u00f3g was.<\/p>\n<p>Die Afrikaanse Ho\u00ebrskool Kroonstad (Rooiskool) het \u2019n rekord-wegholsege van 52-0 oor die Ho\u00ebrskool Kroonstad (Blou-skool) in hul jaarlikse wedstryd behaal.<\/p>\n<p>Die Griffons se Cravenweek-kaptein en kantman, Francois Stemmet, het senter gespeel en die meeste van al die spelers met sy spel be\u00efndruk.<\/p>\n<p>Hy het twee keer agter die Blouskool se doellyn gaan kuier.<\/p>\n<p>Die Blouskool het laas in 2007 sy buurman geklop.<\/p>\n<p>Voortrekker se agtsteman Junior Oosthuizen en skrumskakel Phillip Mar\u00e9 het elk \u2019n driekuns aan drie\u00eb in hul span se derby teen Witteberg behaal.<\/p>\n<p>Die Trekkers het die Griffon-liga met di\u00e9 sege van 57-14 onoorwonne afgesluit.<\/p>\n<p>In die ander derby van die Noord-Vrystaat het Goudveld- Ho\u00ebrskool, met sy blink senter Carlton Coeries aan die spits, Welkom-Gimnasium met 36-18 verhinder om tot die uitkloprondes van die liga deur te dring.<\/p>\n<p><span id=\"U310465078965LuF\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Kempton Park, Centurion en Menlopark het met seges oor onderskeidelik Waterkloof (22-20), Florida (25-17) en die Ho\u00ebrskool Rustenburg (72-12) hul plekke in die kwarteindstryde van die Beeldtrofee vir makroskole bespreek.<\/p>\n<p>Die SA skole-losskakel Tinus de Beer het twee geelkaarte ontvang nadat hy rolmaalbewegings onwettig gestuit het.<\/p>\n<p>Hy is toe van die veld af gejaag, wat sy span waarskynlik die wedstryd gekos het.<\/p>\n<p>Kempton Park het ook n\u00e1 sy eerste geelkaart \u2019n strafdrie gekry.<\/p>\n<p><span id=\"U310465078965izE\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>JG Meiring het in Kaapstad die Ho\u00ebrskool President se 50ste bestaansjaarvieringe in hul interskole-kragmeting met \u2019n sege van 27-17 bederf.<\/p>\n<p><span id=\"U310465078965zzE\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Wilgerivier van Frankfort is die vierde agtereenvolgende jaar as die Oos-Vrystaat se kampioen gekroon nadat hy Vrede met 46-14 verslaan het.<\/p>\n<p>Sy kaptein en agtsteman, Gerrie Muller, het \u2019n driekuns aan drie\u00eb behaal.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die rugbyspan van Paarl Gimnasium het sy houvas op sy jaarlikse derby sedert 2009 teen die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl gister op Faure-straat, danksy die geleerde skopskoen van sy heelagter Grant Hermanus, behou. Gimmies het met 16-15 gewen en was deurgaans voor. Boishaai kon laas in 2009 daarin slaag om Gimmies te klop. Hermanus, wat verlede [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6229,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6230","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6230","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6230"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6230\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6229"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6230"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6230"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6230"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}