{"id":6235,"date":"2014-08-01T07:20:12","date_gmt":"2014-08-01T07:20:12","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/rooi-bulle-speel-nie-deur-tot-laaste-agt\/"},"modified":"2014-08-01T07:20:12","modified_gmt":"2014-08-01T07:20:12","slug":"rooi-bulle-speel-nie-deur-tot-laaste-agt","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6235","title":{"rendered":"Rooi Bulle speel nie; deur tot laaste agt"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">HTS Middelburg se eerste rugbyspan is die eerste span wat vir vanjaar se kwarteindronde van die Beeldtrofee vir Makro-skole kon kwalifiseer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Pennypinchers en Timbercity is medeborge van di\u00e9 reeks.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Rooi Bulle moes vandag teen Vereeniging Gimnasium uitspeel om te bepaal wie teen Monument van Krugersdorp in die kwarteindstryd te staan sou kom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Gimmies het hulle egter aan di\u00e9 kragmeting onttrek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Ho\u00ebrskool Rustenburg pak om 12:30 op sy tuisveld vir Menlopark.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 wenner van die kragmeting sal teen die verdedigende kampioen, EG Jansen, in die kwarteindstryd te staan kom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Kemptonpark draf om 12:15 op sy tuisveld teen Waterkloof uit om te bepaal wie Ho\u00ebrskool Nelspruit in die kwarteindstryd pak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die ander uitspeelwedstryd in die Makro-afdeling is di\u00e9 tussen Florida en Centurion om 11:15 op eersgenoemde se tuisveld.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* In Thabazimbi kom Frikkie Meyer om 10:10 op sy tuisveld te staan teen Hugenote van Springs in \u2019n uitspeelwedstryd in die afdeling vir Groot-skole.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hugenote en Transvalia het Dinsdag met 29-elk gelykop in die eindstryd van die Valke-reeks gespeel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hugenote het die reeks as die Valke se voorste span betree nadat hy die eerste drie in di\u00e9 wedstryd gedruk het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volksrust is gasheer van sy uitspeelwedstryd om 11:00 teen die verdedigende kampioen van di\u00e9 afdeling, Transvalia.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Blou Bulle se naaswenner, Oos-Moot, moet op sy tuisveld om 11:00 verby Ho\u00ebrskool Linden kom as hy sy plek in die kwarteind wil bespreek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Helpmekaar moet na Lichtenburg reis waar hy om 11:15 teen die Liggies te staan sal kom. Die wenner van di\u00e9 kragmeting sal teen die Blou Bulle se kam\u00adpioen, Ho\u00ebrskool Tuine, sake in die kwarteindstryd uitspook.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* Die getal Klein-skole wat aan die reeks deelneem, het gekwyn. Daar is slegs een uitspeelwedstryd in di\u00e9 afdeling met Morgenzon en Balfour wat mekaar die stryd aans\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die wenner sal in die kwarteindstryd teen Curro Heuwelkruin speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">* In die nuwe afdeling vir Middel-skole pak Pretoria THS en Alberton High mekaar in \u2019n uitspeelwedstryd.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>HTS Middelburg se eerste rugbyspan is die eerste span wat vir vanjaar se kwarteindronde van die Beeldtrofee vir Makro-skole kon kwalifiseer. Pennypinchers en Timbercity is medeborge van di\u00e9 reeks. Die Rooi Bulle moes vandag teen Vereeniging Gimnasium uitspeel om te bepaal wie teen Monument van Krugersdorp in die kwarteindstryd te staan sou kom. Gimmies het [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6235","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6235","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6235"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6235\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6235"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6235"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6235"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}