{"id":62439,"date":"2025-01-16T11:12:26","date_gmt":"2025-01-16T09:12:26","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=62439"},"modified":"2025-01-16T11:12:26","modified_gmt":"2025-01-16T09:12:26","slug":"klofies-loods-verdediging-van-finsbury-titel-in-laeveld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=62439","title":{"rendered":"Klofies loods verdediging van Finsbury-titel in Laeveld"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_62524\" aria-describedby=\"caption-attachment-62524\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-62524 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/NHS-Cricket-400x267.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"267\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-62524\" class=\"wp-caption-text\">Foto: Hoerskool Nelspruit op Facebook.<\/figcaption><\/figure>\n<p>Die handboeke is skaars uitgedeel of die skole wat aan die jaarlikse <strong>Finsbury-<\/strong>reeks deelneem betree reeds die krieketveld op Saterdag, 18 Januarie.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <strong><a href=\"http:\/\/bit.ly\/supersportschools\">(www.supersportschools.com)<\/a>\u00a0<\/strong><\/p>\n<p>Afdeling A verwelkom vanjaar een nuweling, naamlik <strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne<\/strong> wat die plek neem van <strong>Ho\u00ebrskool Centurion<\/strong>. Dit volg nadat die Eldos vir die Woeries verlede jaar in die promosie\/relegasie-wedstryd geklop het.<\/p>\n<p>Die verdedigende kampioen van die Afdeling, <strong>Ho\u00ebrskool Waterkloof<\/strong>, begin sy aanslag op die titel weg van die huis, met &#8216;n betreklike jong klofie-span wat na die Laeveld reis vir &#8216;n kragmeting met <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong>. Die span van Pretoria het volgens breier, <strong>Cobus Pienaar<\/strong>, &#8216;n taamlike jong span, maar is dit welbekend dat die krieket-pyplyn by die skool in &#8216;n stewige fondasie l\u00ea.<\/p>\n<p>Die middelorde-kolwer, <strong>Riley Miller<\/strong>, voer die span vanjaar aan, en as &#8216;n matriekleerder is dit sy derde jaar in die Klofies se eerste krieketspan en bring hy hope ervaring tafel toe. Miller is boonop een van die land se beste veldwerkers op skolevlak.<\/p>\n<p><strong>Rico van der Walt<\/strong> neem die leisels as paaltjiewagter oor by eks-kaptein Beukes van den Berg. Van der Walt het reeds gewys wat in hom steek en sal as &#8216;n Graad 11-leerder heelwat verantwoordelikheid op sy skouers neem met die kolf.<\/p>\n<p>Die Klofies het voor die einde van die skoolvakansie reeds &#8216;n gesonde hoeveelheid krieket agter die rug gekry met hul toer na die jaarlikse Peninsula-krieketfees in die Kaap, waar hulle met <strong>Rondebosch<\/strong> en Kie kragte gemeet het.<\/p>\n<p>Die Nellies se <strong>Vaughn van Zyl<\/strong> is oorgehaal om die Klofies op tuisbodem te verwelkom. Van Zyl was verlede jaar sy span se grootste uitblinker met die bal in die reeks en sy selfvetroue sou &#8216;n hupstoot verkry het nadat hy verlede jaar vir Mpumalanga by die Khaya Majola-week verteenwoordig het.<\/p>\n<p>Verlede jaar se naaswenners, <strong>Potchefstroom Volkskool<\/strong>, beskik oor &#8216;n kranige groep wat vanjaar weer in aksie is, met aanvangskolwer, <strong>Louis van Wyk<\/strong>, wat die leisels van kaptein oorneem, terwyl sy kollega in die middelorde, Eduan van der Merwe, &#8216;n paaltjie sal wees wat die Volkies se teenstanders so vinnig as moontlik sal wil kry.<\/p>\n<p>Draaier, <strong>Olefa Padi<\/strong>, beloof om weer &#8216;n prominente deel van die Volkies se boulaanval uit te maak, terwyl die staatmaker met die nuwe bal, <strong>Herman Hesse<\/strong>, ook op sy pos is om die pas as die Volkies se voorste naatbouler aan te gee. Die span van Potchefstroom moet egter langer wag om sy reeks af te skop.<\/p>\n<p>Die Volkies is veronderstel om met <strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> in sy eerste uitstappie swaarde te kruis, maar die Rusties moet eers Fase Twee van die Schools SA20 aandurf. Dit is egter iets wat in die Rustenburgers se guns tel, aangesien die groot name, <strong>Callie Fryer<\/strong> en <strong>Nathan Rossouw<\/strong>, teen daardie tyd ook van hul internationale dienste teen Engeland se o.19 span sal teruggekeer het. Fryer se spoed en swaai met die nuwe bal is &#8216;n groot bate, terwyl Rossouw se veelsydigheid die boul-en kolflys aansienlik versterk.<\/p>\n<p>Eldoraigne loods as nuweling sy aanslag teen die gevaarlike<strong> Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong>. Die Parkies is oudergewoonte &#8216;n sterk aanspraakmaker om die afdeling te wen, met voorslagkolwers, <strong>Matt van der Westhuizen<\/strong> en <strong>Dian van Zyl<\/strong>, wat mooi op dreef is na die onlangse Grey-krieketfees in Bloemfontein.<\/p>\n<p>Snelbouler, <strong>Tiaan Serfontein<\/strong>, sal vir nog &#8216;n jaar opposisie-kolwers skrik op die lyf jaag. Sy ervaring in moeilike situasies is ook uiters waardevol in die Parkies se strewe om uiteindelik die Klofies as kampioen te ontroon. Di\u00e9 twee spanne word as die vroe\u00eb gunstelinge in die Afdeling beskou.<\/p>\n<p><strong>Bepalings:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Week 1:<\/strong><br \/>\nNelspruit t. Waterkloof<br \/>\nRustenburg t. Potchefstroom Volkskool<br \/>\nMenlopark t. Eldoraigne<\/p>\n<p><strong>Week 2:<\/strong><br \/>\nWaterkloof t. Eldoraigne<br \/>\nRustenburg t. Menlopark<br \/>\nNelspruit t. Potchefstroom Volkskool<\/p>\n<p><strong>Week 3:<\/strong><br \/>\nWaterkloof t. Menlopark<br \/>\nNelspruit t. Rustenburg<br \/>\nPotchefstroom Volkskool t. Eldoraigne<\/p>\n<p><strong>Week 4:<\/strong><br \/>\nPotchefstroom Volkskool t. Waterkloof<br \/>\nEldoraigne t. Rustenburg<br \/>\nNelspruit t. Menlopark<\/p>\n<p><strong>Week 5:<\/strong><br \/>\nWaterkloof t. Rustenburg<br \/>\nEldoraigne t. Nelspruit<br \/>\nMenlopark t. Potchefstroom Volkskool<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die handboeke is skaars uitgedeel of die skole wat aan die jaarlikse Finsbury-reeks deelneem betree reeds die krieketveld op Saterdag, 18 Januarie. Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com)\u00a0 Afdeling A verwelkom vanjaar een nuweling, naamlik Ho\u00ebrskool Eldoraigne wat die plek neem van Ho\u00ebrskool Centurion. Dit volg nadat die Eldos vir die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":62524,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-62439","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/62439","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=62439"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/62439\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/62524"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=62439"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=62439"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=62439"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}