{"id":6249,"date":"2014-08-11T05:02:14","date_gmt":"2014-08-11T05:02:14","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/tuine-verras-helpmekaar-in-beeldtrofee\/"},"modified":"2014-08-11T05:02:14","modified_gmt":"2014-08-11T05:02:14","slug":"tuine-verras-helpmekaar-in-beeldtrofee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6249","title":{"rendered":"Tuine verras Helpmekaar in Beeldtrofee"},"content":{"rendered":"<p>Die eerste rugbyspan van die Ho\u00ebrskool Tuine in Pretoria het vir die grootste opskudding in Saterdag se Beeldtrofee-kwarteindstryde gesorg deur die Helpmekaar-kollege van Johannesburg met 21-18 in die afdeling vir groot skole te klop.<\/p>\n<p>Pennypinchers en Timbercity is medeborge van di\u00e9 reeks.<\/p>\n<p>Tuine se binnesenter, Jeandr\u00e9 Rossouw, het twee keer agter Helpies se doellyn gaan kuier. Sy pa, Naas Rossouw, is een van Tuine se breiers en hou die rekord vir die meeste eersterangse wedstryde vir die Valke. Hy het 158 keer vir hulle uitgedraf.<\/p>\n<p>Helpmekaar het met lemoentyd met 15-14 voorgeloop. Tuine sal nou teen Transvalia in die halfeindstryd te staan kom. Transvalia was met 29-18 oor die Ho\u00ebrskool Pietersburg baas.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Standerton het ook sy spiere in die grootskole-afdeling gebult en Hugenote van Springs met 47-28 verslaan. Die span se Cravenweek-vleuel, Mfundo Ndlovu, het twee keer agter Hugenote se doellyn gaan kuier.<\/p>\n<p>Die Ho\u00ebrskool Klerksdorp en Oos-Moot van Pretoria was in \u2019n titaniese stryd gewikkel wat eersgenoemde met 6-3 gewen het.<\/p>\n<p><span id=\"U31049711199436F\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>In die afdeling vir medium-skole het die Lian Steynsburg van Brandwag in Benoni \u2019n skitterende vertoning met \u2019n driekuns van drie\u00eb afgerond. Brandwag het Barberton met 41-7 kafgedraf. Die span sal in die halfeindstryd teen Vryburg te staan kom.<\/p>\n<p>Vryburg het self be\u00efndruk met \u2019n oortuigende sege van 34-12 oor Bekker. Hans Strijdom kom in die ander halfeindstryd teen Wesvalia van Klerksdorp te staan.<\/p>\n<p><span id=\"U310497111994zNI\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>In die afdeling vir klein skole het Koster vir Curro Hazeldean met 35-14 verslaan. Die wenspan se buitesenter, Dolf Burger, en skrumskakel, AJ Hoffmann, het albei dubbele driedruk-plesier ervaar.<\/p>\n<p>Koster sal nou teen Morgenzon in die halfeindstryd te staan kom. Heilbron, wat ook nie veel probleme ondervind het om Komatipoort met 36-18 te klop nie, sal Schweizer-Reneke in die ander halfeindstryd pak.<\/p>\n<p><span id=\"U310497111994GC\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Die Afrikaanse Ho\u00ebr Seunskool van Pretoria het sy onoorwonne rekord sedert 2008 teen Pretoria Boys\u2019 High met \u2019n sege van 34-26 voortgesit. Die span se stut, DP du Plessis, het twee keer gaan gedruk.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste rugbyspan van die Ho\u00ebrskool Tuine in Pretoria het vir die grootste opskudding in Saterdag se Beeldtrofee-kwarteindstryde gesorg deur die Helpmekaar-kollege van Johannesburg met 21-18 in die afdeling vir groot skole te klop. Pennypinchers en Timbercity is medeborge van di\u00e9 reeks. Tuine se binnesenter, Jeandr\u00e9 Rossouw, het twee keer agter Helpies se doellyn gaan [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6249","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6249","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6249"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6249\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6249"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6249"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6249"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}