{"id":6252,"date":"2014-08-11T07:42:30","date_gmt":"2014-08-11T07:42:30","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/diamantveld-verbreek-sewe-jaar-se-wendroogte\/"},"modified":"2014-08-11T07:42:30","modified_gmt":"2014-08-11T07:42:30","slug":"diamantveld-verbreek-sewe-jaar-se-wendroogte","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6252","title":{"rendered":"Diamantveld verbreek sewe jaar se wendroogte"},"content":{"rendered":"<p>Die eerste rugbyspan van die Ho\u00ebrskool Diamantveld in Kimberley het Saterdag op sy tuisveld \u2019n droogte van sewe jaar teen die Ho\u00ebrskool Noord-Kaap verbreek.<\/p>\n<p>En was die lafenis van die sege van 24-12 nie lekker vir die span van Diamonds nie. Di\u00e9 span het vir 60 minute van die kragmeting die soort rugby gespeel wat indien hulle dit kan herhaal, hulle nie maklik in die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) gestuit gaan word nie. <i>Volksblad<\/i> is \u2019n medeborg van die kompetisie.<\/p>\n<p>Diamantveld kon laas in 2007 daarin slaag om Noord-Kaap te troef en was op daardie dag met 25-0 baas. Die wenspan het Saterdag by die afbreekpunte met Janco Cloete aan die spits die oorhand gehad.<\/p>\n<p>Northerns se agterhoede se swak balverspreiding het die span die meeste in die steek gelaat.<\/p>\n<p>Diamonds se ster was sonder twyfel sy losskakel, Gerco Nortj\u00e9, wat met sy taktiese skopwerk, balverspreiding en uitmuntende besluitneming vir Noord-Kaap probleme besorg het.<\/p>\n<p>Die span se kaptein, Nardus Bosman, het sy span met voorbeeld gelei. Diamonds se verdediging was rotsvas.<\/p>\n<p>Vir Noord-Kaap het sy twee slotte, Rikus Swarts en Bradley Leijdekkers, in die vastelos en in die lynstane goeie spel gelewer. Northerns se Geo Davel het vroeg in die wedstryd tien minute in die koelkas deurgebring na hy deur die skeidsregter Lourens van der Merwe \u2019n geelkaart toegeken is.<\/p>\n<p>Diamantveld sal nou teen die kampioen van die Vrystaatse A1-liga in die halfeindstryd van die Shimla-liga te staan kom. Northerns sal teen die Griffons se kampioen te staan kom.<\/p>\n<p><span id=\"U310497616324HYD\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Grey-kollege het Dinsdag en Donderdag vir onderskeidelik Jim Fouch\u00e9 (59-7) en Sand du Plessis (66-13) kafgedraf. Albei wedstryde is vroeg gestop.<\/p>\n<p>Teen Jim Fouch\u00e9 het die heelagter, Henry Immelman, \u2019n driekuns aan drie\u00eb behaal. Hy het die week 37 punte in di\u00e9 twee kragmetings aangeteken. Hy het 20 punte tot die sege oor Sannies bygedra.<\/p>\n<p>Teen Sannies het die vleuel, Glenn Erickson drie keer agter die doellyn gaan kuier.<\/p>\n<p>Louis Botha het met \u2019n sege van 33-26 oor die Cherries dit duidelik gemaak dat hy vanjaar die voorste span in die Vrystaatse A1-liga is.<\/p>\n<p>Die Cherries se heelagter, Christiaan Troskie, het 21 van sy span se punte in die wedstryd aangeteken. hy het \u2019n drie gaan druk, met albei doelskoppe geslaag en ook drie strafdoele tussen deur die pale gejaag.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste rugbyspan van die Ho\u00ebrskool Diamantveld in Kimberley het Saterdag op sy tuisveld \u2019n droogte van sewe jaar teen die Ho\u00ebrskool Noord-Kaap verbreek. En was die lafenis van die sege van 24-12 nie lekker vir die span van Diamonds nie. Di\u00e9 span het vir 60 minute van die kragmeting die soort rugby gespeel wat [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6252","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6252","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6252"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6252\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6252"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6252"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6252"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}