{"id":6255,"date":"2014-08-18T00:43:45","date_gmt":"2014-08-18T00:43:45","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/nelspruit-en-garsies-in-eindstryd-van-beeldtrofee\/"},"modified":"2014-08-18T00:43:45","modified_gmt":"2014-08-18T00:43:45","slug":"nelspruit-en-garsies-in-eindstryd-van-beeldtrofee","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6255","title":{"rendered":"Nelspruit en Garsies in eindstryd van Beeldtrofee"},"content":{"rendered":"<p>Die eerste rugbyspanne van Ho\u00ebrskool Nelspruit en Garsfontein pak mekaar in die eindstryd van die Beeldtrofee. Pennypinchers en Timbercity is medeborge van die reeks.<\/p>\n<p>Die Blou Bul-kampioenspan, Garsfontein, het vir die eerste keer in sy geskiedenis deurgedring tot die eindstryd van die Beeldtrofee deur EG Jansen in een van die opwindendste skolewedstryde vanjaar met 32-29 te klop.<\/p>\n<p>In die Laeveld het die Witrenosters van Nelspruit verrassend met Monnas se Witbulle afgereken om vir die tweede keer in sy geskiedenis na die eindstryd deur te dring.<\/p>\n<p>Nelspruit het Monnas met 24-19 afgestof.<\/p>\n<p>Garsfontein het in sy klipharde en soms geniepsige stryd teen EG Jansen goed begin en die enkele geleenthede in die eerste helfte gebruik om gemaklik teen rustyd met 19-5 voor te loop.<\/p>\n<p>Garsfontein het gou voorgeloop deur twee keer te gaan druk. EG Jansen kon slegs met \u2018n drie in hierdie helfte antwoord.<\/p>\n<p>Die enkele keer wat die Jansies in hierduie helfte Garsfontein se verdediging kon klop, was toe hy die spel vining gemaak het en die Pretorianers se verdediging vir die eerste keer bes gegee het.<\/p>\n<p>Garsfontein se verdediging was \u2019n uitstaande kenmerk van hierdie helfte en het die Jansies min beweegruimte gegee en het die Boksburgers gesukkel om op die voorvoet te kom.<\/p>\n<p>Die eerste helfte is hoofsaaklik voorlangs beslis met Garsfontein wat baas in die los gespeel het en verskeie kere omgekeerde balbesit verkry het. Die flank en kaptin van Garsfontein, Ruan Ackermann, het \u2019n barshou in die los gespeel.<\/p>\n<p>Garsies het kort voor rustyd en aan die begin van die tweede helfte EG Jansen se droom om die Beeldtrofee suksesvol te verdedig \u2019n nekslag toegedien toe hy twee keer gaan druk het om \u2019n byna onaanvegbare voorsprong van 26-5 te h\u00ea. Die trotse Boksburgers het nie bes gegee nie en het sy terugvegpoging hierna vir aanskoulike en opwindende rugby gesorg. EG Jansen het stelselmatig die agterstand uitgewis deur nog vier keer te gaan druk om kort voor die einde die telling gelyk met 29-elk te laat trek.<\/p>\n<p>Die slot en kaptein, Quinton van der Schyff, het sy troepe voorlangs gelei en ook twee keer gaan druk.<\/p>\n<p>\u2019n Omstrede strafskop in die laaste minuut het aan Garsfontein se losskakel, JP Wegner, die geleentheid gebied om die wedstryd te beklink.<\/p>\n<p><span id=\"U310527200078a5H\" style=\"font-family: 'BoomerCond Bold'; font-weight: bold; font-style: normal;\">Beeld-trofee-eindstryde<\/span><\/p>\n<p><span id=\"U310527200078lCF\" style=\"font-family: 'BoomerCond Bold'; font-weight: bold; font-style: normal;\">Makro skole<\/span> (Al die wedstryde vind by Nelspruit plaas. <br \/>Eerste spanne: Nelspruit t. Garsfontein<br \/>o.16: EG Jansen t. Monnas <br \/>o.15: EG Jansen t. Monnas <br \/>o.14: Garsfontein t. Monnas<\/p>\n<p><span id=\"U310527200078loD\" style=\"font-family: 'BoomerCond Bold'; font-weight: bold; font-style: normal;\">Groot skole<\/span> (Al die wedstryde vind by Ho\u00ebrskool Klerksdorp plaas) <br \/>Eerste spanne: Ho\u00ebrskool Klerksdorp t. Transvalia <br \/>o.16: Pietersburg t. Ben Vorster <br \/>o.15: Lichtenburg t. Helpmekaar<br \/>o.14: Frikkie Meyer t. Ben Vorster<\/p>\n<p><span id=\"U310527200078Z0H\" style=\"font-family: 'BoomerCond Bold'; font-weight: bold; font-style: normal;\">Medium skole<\/span> (Al die wedstryde vind by Hans Strijdom plaas) <br \/>Eerste spanne: Hans Strijdom t. Vryburg <br \/>o.16: Ellisras t. Vryburg <br \/>o.15: Ben Viljoen t. Wesvalia <br \/>o.14: Ellisras t. Wesvalia<\/p>\n<p><span id=\"U310527200078RpF\" style=\"text-underline-style: none; font-family: 'BoomerCond Bold'; font-weight: bold; font-style: normal;\">Klein skole<\/span> (Al die wedstryde vind by Schweizer Reneke plaas) <br \/>Eerste spanne: Schweizer Reneke t. Koster <br \/>o.16: Curro Heuwelkruin t. Schweizer Reneke<br \/>o.15: Curro Heuwelkruin t. Koster <br \/>o.14: Schweizer Reneke t. Zeerust<\/p>\n<p><span id=\"U310527200078Os\" style=\"font-family: 'BoomerCond Bold'; font-weight: bold; font-style: normal;\">Middelskole<\/span> (Al die wedstryde vind by Alberton High plaas) <br \/>Eerste spanne: Alberton High t. Belvedere <br \/>o.16: Roodepoort t. Bergvlam <br \/>o.15: Alberton High t. Queens <br \/>o.14: Kriel t. Bergvlam.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste rugbyspanne van Ho\u00ebrskool Nelspruit en Garsfontein pak mekaar in die eindstryd van die Beeldtrofee. Pennypinchers en Timbercity is medeborge van die reeks. Die Blou Bul-kampioenspan, Garsfontein, het vir die eerste keer in sy geskiedenis deurgedring tot die eindstryd van die Beeldtrofee deur EG Jansen in een van die opwindendste skolewedstryde vanjaar met 32-29 [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":240,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6255","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6255","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6255"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6255\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/240"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6255"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6255"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6255"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}