{"id":6259,"date":"2014-08-17T14:53:10","date_gmt":"2014-08-17T14:53:10","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-kollege-klop-maritzburg-kollege-in-rosestad\/"},"modified":"2014-08-17T14:53:10","modified_gmt":"2014-08-17T14:53:10","slug":"grey-kollege-klop-maritzburg-kollege-in-rosestad","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6259","title":{"rendered":"Grey-kollege klop Maritzburg-kollege in Rosestad"},"content":{"rendered":"<p><p>Grey-kollege se eerste rugbyspan het te veel skietgoed vir Maritzburg-kollege in die twee spanne se eerste ontmoeting sedert 2008 gehad. Die span van die Rosestad het op sy tuisveld gemaklik met 46-20 die pyp gerook.<\/p>\n<p>Die besluit deur Grey se afrigter, Wessel du Plessis, om sy drie stutte Callie Janse van Vuuren, Janu Botha en Ruben Terblanch\u00e9 saam in die voorry in te span het vrugte afgewerp. Die wenspan het die skrums oorheers en die insluiting van die meer fisieke Ruben Schoeman op slot het die enjinkamer ook meer krag gegee. Schoeman het ook met die bal in die hand \u2018n hele paar keer oor die voordeellyn gekom.<\/p>\n<p>Die flank, Henry Slabbert, is na afloop van die wedstryd welverdiend as speler van die wedstryd aangewys. Hy het by die afbreekpunte probleme vir die besoekers besorg. Hy het ook op verdediging \u2018n paar manne hard gelak, terwyl daar ook met sy ingooiwerk in die lynstane nie fout gevind kon word nie.<\/p>\n<p>Die heelagter, Henry Immelman, het \u2018n hele paar keer goed aansluiting by sy agterlyn gevind. Met die bal in die hand het hy telkemale verdedigers na lug laat gryp. Die vleuel, Jacques Roberts, het met sy vaart beindruk. Hy het op \u2018n keer met \u2018n breekslag vanuit sy eie gebied vir \u2018n hele paar verdedigers van Maritzburg-kollege hakskene gewys.<\/p>\n<p>Grey se vermo\u00eb om die bal lewendig te hou wanneer hulle op die aanval is het die besoekers die meeste probleme besorg.<\/p>\n<p>Vir die span van Pietermaritzburg het sy heelagter, Matthew Kriel, \u2018n uitstaande vertoning gelewer. Hy het elke keer wanneer hy aanvalle vanuit die laaste vesting geloots het \u2018n hele paar verdediger na lug laat gryp.<\/p>\n<p>Die eerstespan van Ho\u00ebrskool De Aar was te sterk vir Ho\u00ebrskool Vaalharts in die eindstryd van Griekwaland-Wes se A-liga vir kleinskole. Die span uit die Conroy-streek het die Brode met 50-0 verslaan.<\/p>\n<p><strong>Puntemakers:&nbsp;<\/strong><\/p>\n<p><strong>Grey-kollege 46 (18) \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Callie Janse van Vuuren (2), Tabu Maree, Jacques Grobler, Henry Slabbert, Henry Immelman. Doelskoppe: Julian Jordaan (5). Strafdoele: Jordaan (2). <strong>Maritzburg-kollege 20 (3) \u2013<\/strong> Drie: Masikane Mazwi, Daryn Goodson, Renard le Roux. Doelskop: Marcell Coetsee. Strafdoel: Coetsee.<\/p>\n<p><strong>De Aar 50 \u2013<\/strong> Drie\u00eb: Jacques Beukes (2), Didi Fourie, Gordon Ramaisa, Gloucester Hugo, Justin Pietersen, Strafdrie. Doelskoppe: Wickus Strauss (6). Strafdoel: Strauss. <strong>Vaalharts 0<\/strong>.<\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Grey-kollege se eerste rugbyspan het te veel skietgoed vir Maritzburg-kollege in die twee spanne se eerste ontmoeting sedert 2008 gehad. Die span van die Rosestad het op sy tuisveld gemaklik met 46-20 die pyp gerook. Die besluit deur Grey se afrigter, Wessel du Plessis, om sy drie stutte Callie Janse van Vuuren, Janu Botha en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6259","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6259","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6259"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6259\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6259"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6259"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6259"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}