{"id":6267,"date":"2014-08-19T17:17:16","date_gmt":"2014-08-19T17:17:16","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/sa-skole-draf-wallis-maklik-op-george-kaf\/"},"modified":"2014-08-19T17:17:16","modified_gmt":"2014-08-19T17:17:16","slug":"sa-skole-draf-wallis-maklik-op-george-kaf","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6267","title":{"rendered":"SA Skole draf Wallis maklik op George kaf"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\">Die Suid-Afrikaanse Skole-rugbyspan het gister die vuur s\u00f3 teen die Rooi Drake gestook dat hulle bestuurspan met \u2019n warm patat sit oor wie om vir Saterdag se wedstryd teen Engeland te kies.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die nasionale skolespan het Wallis se o.18-span met 40-15 op Outeniquapark in George gekarnuffel. Die Engelse moes verlede week spook om die Rooi Drake met 24-21 onder te kry.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die SA Skole-breier, Hein Kriek, en die nasionale o.20-afrigter, Dawie Theron, sal gewis na gister se kragmeting kop krap oor wie om Saterdag in Stellenbosch in te span en wie om weg te laat.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die moeilikste keuse wat op hulle wag is wie die skakelpaar teen die Engelse sal wees. Die Ligbloues se Cravenweek-skakelpaar van Embrose Papier en Tinus de Beer was teen Wallis uitstaande. Dit terwyl die losskakel Curwin Bosch een van die span se sterre verlede week in die sege van 28-13 oor Frankryk was. Die ander skrumskakel in die groep, Marko Janse van Vuren, het ervaring aan sy kant omdat hy reeds verlede jaar \u2019n lid van die span was. Sy speelstyl sal waarskynlik beter by Suid-Afrika se spelstyl pas wat hulle na verwagting teen Engeland sal volg.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Papier het die aanvoorwerk met \u2019n perfekte aangee in die eerste minuut van die kragmeting gedoen vir die slot, Ashton Fortuin, se drie. Hy het self ook gaan druk na die slot, Eduard Zandberg, vanuit die tuisspan se halfgebied weggebars het en net kort voor die doellyn platgetrek is.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">De Beer het met sy spel goed afgewissel en met sy skopskoen 20 van sy span se punte aangeteken.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die eerste helfte was daar net een span op die veld. Die Suid-Afrikaners het meeste van die balbesit geniet en die feit dat besoekers sewe strafskoppe afgestaan het, het hulle saak besleg. De Beer het vier van di\u00e9 strafskoppe deur die pale gejaag.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die buitesenter, Heino Bezuidenhout, het die beseerde Morn\u00e9 Joubert in die groep vervang en met sy spel in die middelveld be\u00efndruk. Die wenspan het Wallis in die fisieke aspekte van die spel oorheers en Zandberg, die agtsteman Edmund Rheeder en flank Arnold Gerber verdien die meeste lof hiervoor.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Wallis het hulle twee drie\u00eb in die laaste vyf minute van die wedstryd as troos gedruk.<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"color: #000000;\">Puntemakers:<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><b>SA Skole 40 (26):<\/b> Drie\u00eb: Ashton Fortuin, Heino Bezuidenhout, Embrose Papier, JT Jackson. Doelskoppe: Tinus de Beer (4). Strafdoele: De Beer (4). <b>Wallis o.18 15 (3): <\/b>Drie\u00eb: Owen Watkin, Josh Middleton. Doelskop: Dan Jones. Strafdoel: Jones.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Suid-Afrikaanse Skole-rugbyspan het gister die vuur s\u00f3 teen die Rooi Drake gestook dat hulle bestuurspan met \u2019n warm patat sit oor wie om vir Saterdag se wedstryd teen Engeland te kies. Die nasionale skolespan het Wallis se o.18-span met 40-15 op Outeniquapark in George gekarnuffel. Die Engelse moes verlede week spook om die Rooi [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6267","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6267","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6267"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6267\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6267"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6267"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6267"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}