{"id":6273,"date":"2014-08-25T12:06:55","date_gmt":"2014-08-25T12:06:55","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/bok-trots-op-sy-alma-mater\/"},"modified":"2014-08-25T12:06:55","modified_gmt":"2014-08-25T12:06:55","slug":"bok-trots-op-sy-alma-mater","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6273","title":{"rendered":"Bok trots op sy alma mater"},"content":{"rendered":"<p>Die Springbok-agtsteman, Duane Vermeulen, het Saterdag op twitter sy alma mater met hulle titel as kampioen van die Beeldtrofee vir Makro-skole geluk gewens. <\/p>\n<p>\u201cBaie geluk aan die Rhinos met julle wen in die Beeld Trofee Finaal. Baie trots om \u2019n oud Nellie en Rhino te kon wees. #Trots,\u201d het Vermeulen het uit Salta, Argentini\u00eb ure voor die Springbokke se rugbytoets teen Argentini\u00eb in die Rugbykampioenskap getwiet.  <\/p>\n<p>Die Rhinos van Ho\u00ebrskool Nelspruit het \u2019n naelskraapse sege van 20-19 oor Ho\u00ebrskool Garsfontein in die eindstryd in Mbombela behaal. Garsies se vleuel, Conree Poole, het in die doodsnikke gaan druk, maar die losskakel JP Wegner kon nie met die daaropvolgende doelskop slaag om die Rhinos se drome aan skerwe te laat spat nie. <\/p>\n<p>Dit is die eerste keer dat Nelspruit daarin kon slaag om alleenhouer van die Beeldtrofee te wees. Die skool se eerstespan het in 1972 en 1975 die Administrateursbeker met onderskeidelik Affies (6-elk) en Helpmekaar (3-elk) gedeel. Die skool se laaste verskyning in die eindstryd van die kompetisie was in 1989 toe die voormalige Springbok, Schutte Bekker, \u2019n lid van die span was. Toe het hulle met 13-8 die knie teen Kemptonpark gebuig. <\/p>\n<p>Interresant is dat Nelspruit se medeafrigter, Gerhard Holtzhausen en sy pa Louis nou albei met \u2019n sege in die eindstryd van die Beeldtrofee (voorheen Administrateursbeker) kan spog. <\/p>\n<p>Holtzhausen sr. se senuwees is ook behoorlik in 1973 se eindstryd getoets. Delmas het HTS Tom Naud\u00e9 in Pietersburg met \u2019n enkele punt 19-18 getroef. <\/p>\n<p>Wat Delmas se oorwinning in 1973 nog meer merkwaardig gemaak het is die feit dat die skool slegs 18 seuns tot sy beskikking vir die eerstespan gehad het. Holtzhausen sr. was Saterdag ook by die eindstryd om sy seun te ondersteun. <\/p>\n<p>Die Luiperds het die meeste spanne in die onderskeie eindstryde van vanjaar se Beeldtrofee gehad. Die manne van die Noordwes het vyf kampioene opgelewer, waarvan drie die onderskeie eerstespan kampioene van die Groot-skole (Klerksdorp), Mediumskole (Vryburg) en Kleinskole (Schweizer-Reneke) was. <\/p>\n<p>Limpopo het self tien spanne betrokke in die onderskeie eindstryde gehad, waarvan vyf as kampioene gekroon is.  <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Springbok-agtsteman, Duane Vermeulen, het Saterdag op twitter sy alma mater met hulle titel as kampioen van die Beeldtrofee vir Makro-skole geluk gewens. \u201cBaie geluk aan die Rhinos met julle wen in die Beeld Trofee Finaal. Baie trots om \u2019n oud Nellie en Rhino te kon wees. #Trots,\u201d het Vermeulen het uit Salta, Argentini\u00eb ure [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6273","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6273","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6273"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6273\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6273"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6273"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6273"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}