{"id":6274,"date":"2014-08-25T12:09:51","date_gmt":"2014-08-25T12:09:51","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/riller-in-die-laeveld\/"},"modified":"2014-08-25T12:09:51","modified_gmt":"2014-08-25T12:09:51","slug":"riller-in-die-laeveld","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6274","title":{"rendered":"Riller in die Laeveld"},"content":{"rendered":"<p id=\"U31055546835723G\" style=\":first-letter{font-family:'BoomerSerifCond Black';color:system-color('6__red');font-stretch:normal;font-weight:heavy;display:block;float:left;char-count:1;font-size:300%;}\">Die vreugdevure brand hoog in die Laeveld nadat die Ho\u00ebrskool Nelspruit se Rhinos die eerste keer die Beeldtrofee vir makroskole gewen het.<\/p>\n<p>Nelspruit het Garsfontein gistermiddag in \u2019n spannende eindstryd met 20-19 geklop. Die rustydtelling was 10-7 in die nuwe kampioen se guns.<\/p>\n<p>Nelspruit se ondersteuners het in die laaste minuut kwaai naels gekou toe Conree Poole van Garsfontein gaan druk het. Die doelskop was egter skeef en die eindfluitjie het geblaas \u2013 tot groot verligting en vreugde van die tuisspan.<\/p>\n<p>In die geheel gesien het die Laevelders verdien om di\u00e9 senutergende stryd te wen. Die wedstryd was \u2019n mooi advertensie vir skolerugby en Garsfontein verdien ook eer vir sy bydra tot di\u00e9 skouspel.<\/p>\n<p>\u201cDit is \u2019n geskiedkundige dag vir ons skool,\u201d het die Rhinos se kaptein, Oscar Schuld, n\u00e1 die sege ges\u00ea.  <\/p>\n<p>Volgens Gerhard Holzhausen, een van Nelspruit se afrigters, sal die sege met een punt \u201c\u2009\u2019n groot verskil in hierdie seuns se lewe maak\u201d.<\/p>\n<p>Nelspruit se losskakel Wessel Muller het 15 van punte aangeteken. Die slot Riaan le Roux is as die speler van die wedstryd aangewys.<\/p>\n<p><span id=\"U310555468357ZZD\" style=\"font-family:'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Die Ho\u00ebrskool Klerksdorp het Transvalia se planne bederf om sy titel in die afdeling vir grootskole te behou.<\/p>\n<p>Klerksdorp het met 27-15 gewen en die eerste keer sedert 2009 die Beeldtrofee verower. Die kampioen se losskakel, Elrich Hough, het sy skopskoen aangehad en ook sy agterlyn seepglad weggestuur. <\/p>\n<p>Die tuisspan se vleuel Riaan Scholtz het met sy vaart be\u00efndruk en twee keer gaan druk. Hy sluit di\u00e9 seisoen met 20 drie\u00eb vir sy skool af. <\/p>\n<p>Transvalia het nog goed opgeweeg totdat sy losskakel,   Sean Ritter, die veld met \u2019n besering moes verlaat. Klerksdorp het toe \u2019n voorsprong van 27-3 opgebou. <\/p>\n<p>Vir die besoekers het skrumskakel, Werner van Zyl, \u2019n goeie wedstryd beleef. <\/p>\n<p><span id=\"U310555468357RuB\" style=\"font-family:'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Vryburg het sy vlekkelose vertoningslys in eindstryde van die Beeldtrofee behou deur Hans Strijdom met 29-21 in die afdeling vir mediumskole te klop. <\/p>\n<p>Die Noordwesters se losskakel, BF van Staden, het 19 punte met die stewel bygedra. Die vleuel Joe van Huysteen het twee keer agter Hansies se doellyn gekuier.<\/p>\n<p><span id=\"U310555468357qqH\" style=\"font-family:'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Schweizer-Reneke het op sy tuisveld Kosterskool as die Beeldtrofee se kleinskole-kampioen met 27-10 onttroon. <\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die vreugdevure brand hoog in die Laeveld nadat die Ho\u00ebrskool Nelspruit se Rhinos die eerste keer die Beeldtrofee vir makroskole gewen het. Nelspruit het Garsfontein gistermiddag in \u2019n spannende eindstryd met 20-19 geklop. Die rustydtelling was 10-7 in die nuwe kampioen se guns. Nelspruit se ondersteuners het in die laaste minuut kwaai naels gekou toe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6274","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6274","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6274"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6274\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6274"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6274"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6274"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}