{"id":6275,"date":"2014-08-25T12:10:38","date_gmt":"2014-08-25T12:10:38","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/grey-voorste-skolespan-van-2014\/"},"modified":"2014-08-25T12:10:38","modified_gmt":"2014-08-25T12:10:38","slug":"grey-voorste-skolespan-van-2014","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6275","title":{"rendered":"Grey voorste skolespan van 2014"},"content":{"rendered":"<p>Grey-kollege se eerste rugbyspan is weer die beste skolerugbyspan in Suid-Afrika.<\/p>\n<p>Di\u00e9 span van Bloemfontein het Paul Roos-Gimnasium van Stellenbosch in die Rosestad met 25-20 die loef afgesteek om die seisoen as Suid-Afrika se voorste skolespan af te sluit.<\/p>\n<p>Die grootste verskil tussen die twee spanne was die twee strafdoele van bykans 60 meter waarmee die wenspan se heelagter, Henry Immelman, in die eerste helfte geslaag het.<\/p>\n<p>Di\u00e9 heelagter, wat waarskynlik later vanjaar sy buiging vir die Vrystaat-Cheetahs in die Curriebeker-reeks sal maak, het altesaam 16 punte aangeteken. Hy het Grey se enigste twee drie\u00eb afgerond en het met twee strafdoele geslaag.<\/p>\n<p>Grey se kaptein en agtsteman, Alex Jonker, en die flank De Wet Bezuidenhout het albei ook deurslaggewende bydraes gelewer.<\/p>\n<p>Grey was met die omdraaislag met 12-8 voor nadat die besoekers vroeg met 8-0 voorgeloop het, danksy \u2019n drie deur hul kaptein en kantman, Michael Meyer.<\/p>\n<p>Immelman se tweede strafdoel het Grey die eerste keer met 9-8 laat voorloop.<\/p>\n<p><span id=\"U310545033113oXG\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>Boland-Landbou is baas op die plaas. Hy het, danksy \u2019n beter taktiese benadering in die modder op sy tuisveld, Oakdale-Landbou met 13-7 in die jaarlikse interskole getroef.<\/p>\n<p>Boland-Landbou se skrumskakel, Jondr\u00e9 Williams, was veral met sy skopvoet en besluitneming goud werd agter die oond.<\/p>\n<p>Die tuisspan het di\u00e9 sege behaal, ondanks die feit dat hy \u2019n volle helfte met net 14 spelers moes klaarkom. Die flank Dawid Labuschagn\u00e9 is net voor rustyd met \u2019n rooikaart vir \u2019n kopstamp van die veld af gejaag.<\/p>\n<p>Oakdale se flank Armand Heunis het \u2019n krag-drie gedruk toe hy die bal agter \u2019n losskrum opgepik en bo-oor twee van Boland-Landbou se verdedigers gehol het.<\/p>\n<p>Die wenspan se binnesenter, JT Potgieter, het net daarna die sege verseker met \u2019n drie wat deur die heelagter, Luke Philander, aangevoer is. Philander het \u2013 van net buite sy eie kwartgebied af \u2013 soos \u2019n wafferse Gio Aplon verby Oakdale se verdedigers gedans, voordat hy Potgieter in besit gestel het.<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Grey-kollege se eerste rugbyspan is weer die beste skolerugbyspan in Suid-Afrika. Di\u00e9 span van Bloemfontein het Paul Roos-Gimnasium van Stellenbosch in die Rosestad met 25-20 die loef afgesteek om die seisoen as Suid-Afrika se voorste skolespan af te sluit. Die grootste verskil tussen die twee spanne was die twee strafdoele van bykans 60 meter waarmee [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6275","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6275","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6275"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6275\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6275"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6275"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6275"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}