{"id":6277,"date":"2014-08-25T12:17:16","date_gmt":"2014-08-25T12:17:16","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/beeldtrofee-kry-staanplek-in-nelspruit\/"},"modified":"2014-08-25T12:17:16","modified_gmt":"2014-08-25T12:17:16","slug":"beeldtrofee-kry-staanplek-in-nelspruit","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6277","title":{"rendered":"Beeldtrofee kry staanplek in Nelspruit"},"content":{"rendered":"<p id=\"U310557541490mP\" style=\"first-letter{font-family: 'BoomerCond Bold'; color: system-color('_black'); font-stretch: normal; font-weight: normal; display: block; float: left; char-count: 1; font-size: 300%;\">Die Ho\u00ebrskool Nelspruit het Saterdag vir die eerste keer die Beeldtrofee as kampioenspan van makroskole omhoog gehou deur Garsfontein naelskraap met 20-19 te klop.<\/p>\n<p>Nelspruit se veggees, vasberadenheid en vertroue in hul vermo\u00ebns nadat hulle Monnas verlede week in die halfeindstryd geklop het, was volgens Chris Mans, afrigter van die span, die deurslaggewende faktor in hierdie klipharde eindstryd.<\/p>\n<p>Garsfontein het sommer vroeg toegeslaan toe Herman Britz, senter, \u2019n paar verdedigers geklop het om die Garsies se rekening te open.<\/p>\n<p>Hoewel Garsfontein met sy groter pak voorspelers Nelspruit aanvanklik geknyptang het, het Nelspruit se veggees sy span stelselmatig terug in die prentjie gekry.<\/p>\n<p>Die Nellies het goed daarin geslaag om Garsfontein se lynstane te ontwrig en het al hoe meer balbesit begin kry om met \u2019n groter avontuurlustigheid te begin hardloop en het na die gevaarliker span in hierdie helfte gelyk.<\/p>\n<p>Nadat Ruan Ackermann, Garsies se kaptein, n\u00e1 \u2019n gevaarlike boorvat met \u2019n geel kaart <br \/>afgestuur is, het \u2019n paar krake in Garsfontein se andersins goeie verdediging ontstaan en Wessel Muller het drie verdedigers geklop om onder die pale te gaan druk. Nelspruit het vir <br \/>die eerste keer met 10-7 voor\u00adgeloop.<\/p>\n<p>N\u00e1 rustyd het Nelspruit weer eerste toegeslaan toe een van sy uitblinkers, die vleuel Lukas de Kock, uit die gebroke spel begin hardloop en langs die pale oorgeduik het.<\/p>\n<p>Garsfontein het hom nie van stryk laat bring nie en sy swaarder pak voorspelers het van \u2019n strafskop af met die bal begin hardloop en Ackermann het vir sy sondes vergoed deur vir die Garsies se tweede drie oor te duik en die telling tot 17-14 te laat krimp.<\/p>\n<p>Met sowat vyf minute oor het Muller sy span se voorsprong gerek toe hy \u2019n naelskraapse strafskop oor die pale gestuur het.<\/p>\n<p>Morn\u00e9 Pretorius, skrumskakel van Nelspruit, moes n\u00e1 geniepsige spel vir die laaste vyf minute in die koelkas deurbring. Garsfontein het toe die skroewe begin aandraai en verwoed begin aanval.<\/p>\n<p>Met nog enkele sekondes oor het Conree Poole, Garsies se regtervleuel, die ontwrigte verdediging van Nelspruit agterlangs uitgebuit en in die hoek oorgeduik om sy span \u2019n wenkans te gee.<\/p>\n<p>Die doelskop was egter mis en Nelspruit het vir die eerste keer die alleenhouer van die gesogte trofee geword.<\/p>\n<p>Riaan le Roux, slot van Neslpruit, is as speler van die wedstryd aangewys.<\/p>\n<p>Gerhard Holtzhausen, mede-afrigter van Nelspruit, kon sy vreugde met sy pa, Louis, deel wat in 1973 die Administrateursbeker as afrigter van Delmas gewen het.<\/p>\n<p><span id=\"U310557606086ZPH\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span><b>MAKROSKOLE<\/b><\/p>\n<p><b>Ho\u00ebrskool Nelspruit 20 (10): <\/b>Drie\u00eb: Wessel Muller, Lukas de Kock. Doelskoppe: Muller (2). Strafdoele: Muller (2). <b>Garsfontein 19 (7):<\/b> Drie\u00eb: Herman Britz, Ruan Ackermann, Conree Poole. Doelskoppe: JP Wegner (2).<\/p>\n<p><b>o.16:<\/b> Monument 27, EG Jansen 24. <b>o.15:<\/b> Monument 32, EG Jansen 16.<b> o.14: <\/b>Monument 27, Garsfontein 15.<\/p>\n<p><b><span id=\"U310557606086v5D\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span>GROOT SKOLE <\/b><\/p>\n<p><b>Ho\u00ebrskool Klerksdorp 27 (10): <\/b>Drie\u00eb: Riaan Scholtz (2), Michael Steinberg. Doelskoppe: Elrich Hough (3). Strafdoele: Hough (2). <b>Transvalia 15 (3): <\/b>Drie\u00eb: Hendrick Combrinck, Pleij van der Broek. Doelskop: Wernich Human. Strafdoel: Human.<\/p>\n<p><b>o.16:<\/b> Ho\u00ebrskool Pietersburg 25, Ben Vorster 22. <b>o.15:<\/b> Helpmekaar 21, Lichtenburg 17. <b>o.14:<\/b> Ben Vorster 17, Frikkie Meyer 0.<\/p>\n<p><span id=\"U310557606086nUE\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span><b>MEDIUM SKOLE<\/b><\/p>\n<p><b>Ho\u00ebrskool Vryburg 29:<\/b> Drie\u00eb: Joe van Huyssteen (2). Doelskoppe: BF van Staden (2). Strafdoele: Van Staden (5). <b>Hans Strijdom 21:<\/b> Drie\u00eb: Willem Dreyer, Pierre Janse van Vuuren, Jaco Kloppers. Doelskoppe: Conrad Engelbrecht (3).<\/p>\n<p><b>o.16:<\/b> Ellisras 19, Vryburg 18. <b>o.15:<\/b> Wesvalia 16, Ben Viljoen 0. <b>o.14:<\/b> Wesvalia 24, Ellisras 14.<\/p>\n<p><span id=\"U310557606086byE\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span><b>KLEIN SKOLE<\/b><\/p>\n<p><b>Schweizer-Reneke 27:<\/b> Drie\u00eb: Roodt van Zyl, Benjamin Maass, Pieter Taljaard. Doelskoppe: Freddie Botha (3). Strafdoele: Botha (2). <b>Koster-skool 10:<\/b> Drie\u00eb: AJ Lidderd, Dani\u00ebl Klopper.<\/p>\n<p><b>o.16: <\/b>Curro Heuwelkruin 22, Schweizer-Reneke 16. <b>o.15:<\/b> Curro Heuwelkruin 21, Koster-skool 19. <b>o.14:<\/b> Zeerust 24, Schweizer-Reneke 0.<\/p>\n<p><span id=\"U310557606086D3\" style=\"font-family: 'Nasdings';\">)\u2009<\/span><b>MIDDELSKOLE<\/b><\/p>\n<p><b>Alberton High 22 (10):<\/b> Drie\u00eb: Mykal Reed, Phillip Haarhoff, Neville Haarhoff. Doelskoppe: Tristan Delport (2). Strafdoel: Delport. <b>Belvedere 15 (15):<\/b> Drie: Hennie Swart, Thabo Tau. Doelskop: Swart. Strafdoel: Swart.<\/p>\n<p><b>o.16:<\/b> Roodepoort 16, Bergvlam 12. <b>o.15:<\/b> \u00adQueens 29, Alberton High 16. <b>o.14:<\/b> Bergvlam 31, Kriel 10.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Ho\u00ebrskool Nelspruit het Saterdag vir die eerste keer die Beeldtrofee as kampioenspan van makroskole omhoog gehou deur Garsfontein naelskraap met 20-19 te klop. Nelspruit se veggees, vasberadenheid en vertroue in hul vermo\u00ebns nadat hulle Monnas verlede week in die halfeindstryd geklop het, was volgens Chris Mans, afrigter van die span, die deurslaggewende faktor in [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":240,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6277","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6277","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6277"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6277\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/240"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6277"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6277"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6277"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}