{"id":6279,"date":"2014-08-25T12:19:16","date_gmt":"2014-08-25T12:19:16","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/klerksdorp-onttroon-transvalia-as-beeltrofee-groot-skole-kampioen\/"},"modified":"2014-08-25T12:19:16","modified_gmt":"2014-08-25T12:19:16","slug":"klerksdorp-onttroon-transvalia-as-beeltrofee-groot-skole-kampioen","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6279","title":{"rendered":"Klerksdorp onttroon Transvalia as Beeltrofee Groot-skole kampioen"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6278\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2014\/08\/IMG_0514.JPG\" width=\"300\" height=\"200\" alt=\"IMG 0514\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Die eerste rugbyspan van die Ho\u00ebrskool Klerksdorp het Transvalia Saterdag met 27-15 as Beeldtrofee-kampioen vir groot skole onttroon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Luiperds het in drie van die vyf afdelings vir eerste \u00adspanne koning gekraai. Die Ho\u00ebrskool Vryburg en Schweizer-Reneke het in onderskeidelik die afdelings vir medium en klein skole koning gekraai.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Valia het eerste bloed geruik toe Wernich Human, sy heelagter, met \u2019n strafdoel vanuit sy eie halfgebied geslaag het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die tuisspan se man wat die pad doellyn toe ken, die vleuel Riaan Scholtz, het die enigste drie in die eerste helfte gedruk nadat \u2019n perfekte voetaangee van die senter Danie von Wielligh vir hom reg gewip het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Transvalia het nie meer na dieselfde span gelyk nadat<\/span><\/p>\n<p id=\"U3105576062420sD\" style=\"text-indent: 0;\"><span style=\"color: #000000;\">Sean Ritter, sy losskakel, weens \u2019n besering van die veld is nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Klerksdorp se agterste driehoek was uitmuntend. Des Waldeck, heelagter, was rotsvas en het ook \u2019n skitterende lopie vanuit sy eie kwartgebied begin wat amper op \u2019n drie vir Paul Maluleke, regtervleuel, uitgeloop het. Maluleke se verdediging was puik. Hy het \u2019n hele paar spelers grond toe gebring.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Scholtz het twee keer gaan druk, maar het \u2019n hele paar keer amper sy driekuns voltooi. Hy het ook op verdediging goeie werk verrig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Elrich Hough, Klerksdorp se losskakel, het egter weens sy skitterende skopvertoning met die toekenning as speler van die wedstryd weggestap. Hy het spel goed afgewissel en met sy akkurate stelskopwerk die druk op Transvalia gehou.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Voorlangs het Douglas<\/span><\/p>\n<p id=\"U310557606242ZKB\" style=\"text-indent: 0;\"><span style=\"color: #000000;\">Bruce-Smith. stut, en Adrian Snyman, haker, blink vertonings vir die wenspan gelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Werner van Zyl, Transvalia se skrumskakel, se diens aan sy agterlyn was van hoogstaande gehalte. Van Zyl moes die groot skoene van Valia se SA Skole-skrumskakel, Marko Janse van Vuren, volstaan.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Vir die verloorspan verdien Hendrick Combrinck, senter, en die flank Jaco Munnik ook elk \u2019n klop op die skouer<!-- vir hul vertonings-->.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit het gelyk of Transvalia met \u2019n terugvegpoging vorendag wou kom toe Phillip Barlow-Jones, Klerksdorp-agtsteman, weens \u2019n herhaalde oortreding \u2019n geel kaart gewys is. Valia het kantlyn toe geskop en van die rolmaalbeweging is sy plaasvervanger-losvoorspeler Stephan Jacobs weens \u2019n trap van die veld gejaag.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die eerste rugbyspan van die Ho\u00ebrskool Klerksdorp het Transvalia Saterdag met 27-15 as Beeldtrofee-kampioen vir groot skole onttroon. Die Luiperds het in drie van die vyf afdelings vir eerste \u00adspanne koning gekraai. Die Ho\u00ebrskool Vryburg en Schweizer-Reneke het in onderskeidelik die afdelings vir medium en klein skole koning gekraai. Valia het eerste bloed geruik toe [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6278,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6279","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6279","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6279"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6279\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6278"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6279"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6279"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6279"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}