{"id":6286,"date":"2014-09-05T10:36:02","date_gmt":"2014-09-05T10:36:02","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/de-aar-afrigter-geskors-oor-ouer-spelers\/"},"modified":"2014-09-05T10:36:02","modified_gmt":"2014-09-05T10:36:02","slug":"de-aar-afrigter-geskors-oor-ouer-spelers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6286","title":{"rendered":"De Aar-afrigter geskors oor ouer spelers"},"content":{"rendered":"<p><p><span style=\"color: #000000;\">Die rugbyafrigter van die Ho\u00ebrskool De\u2009Aar se o.17-span, Jan Botha, is vir ses maande geskors nadat hy twee o.18-spelers in \u2019n ligawedstryd teen die Ho\u00ebrskool Vaalharts van Jan Kempdorp ingespan het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die vonnis is vir \u2019n jaar opgeskort.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">SA Rugby se nuusverklaring oor die voorval lui dat Vaalharts die ligapunte vir die kragmeting kry, met De Aar wat sy ligapunte verbeur.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 Griekwa-liga se eindstryde is egter reeds op 16 Augustus beslis. Die betrokke liga-wedstryd is deur Vaalharts met 23-16 gewen. Volgens \u2019n ingeligte het Vaalharts al die aand voor die wedstryd op De Aar oorgeslaap. Die Brode moes 342\u2009km afl\u00ea vir die kragmeting.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Van De Aar se o.17-spelers het nie opgedaag nie en Botha het die twee o.18-spelers nader getrek om te verseker dat daar \u2019n wedstryd plaasvind.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens SA Rugby se Bok\u00adsmart-regulasies mag die o.18-spelers nie in die kragmeting gespeel het nie weens hul ouderdom.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2019n Speler mag ook nie twee jaar of jonger as die ouderdomsgroep van die kragmeting wees nie. Die twee spelers was nie goed genoeg om in De Aar se eerste span se groep te wees nie en sou dus glad nie vanjaar kon rugby speel nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die nuwe ouderdomsgroepe is juis deur Griekwas se skolevereniging tot stand gebring om te verseker dat rugby op die platteland voortbestaan. Skole neem in drie ouderdomsgroepe, o.19, o.17 en o.15, deel. Volgens die Boksmart-regulasies en die vorige indeling van ouderdomsgroepe sou spelers in hul o.16-jaar glad nie rugby by van die skole kon speel nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDie veiligheid van rugbyspelers in alle ouderdomsgroepe is vir ons van uiterste belang. Hierdie kritieke regulasies is goedgekeur en verlede jaar in werking gestel by al 14 unies om skolerugbyspelers se veiligheid te verseker,\u201d het Jurie Roux, uitvoerende hoof van Saru, ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Roux is die regulasies ingestel om te keer dat gevaarlike praktyke plaasvind waar spelers wat te jonk is teen ouer spelers speel. Saru sal afrigters vervolg wat di\u00e9 re\u00ebls oortree.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Griekwas se skeidsregtersvereniging, met Kat Swanepoel aan die stuur, is ongetwyfeld die unie wat Boksmart se regulasies die strengste toepas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar word glo \u2019n soortgelyke geval by die Ho\u00ebrskool Hopetown gedurende die seisoen ondersoek.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hoewel die regulasies erkenning verdien dat dit die spel baie veiliger maak, wonder kenners hoe groot die impak daarvan op die platteland is en hoeveel spelers verlore vir die spel raak.<\/span><\/p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die rugbyafrigter van die Ho\u00ebrskool De\u2009Aar se o.17-span, Jan Botha, is vir ses maande geskors nadat hy twee o.18-spelers in \u2019n ligawedstryd teen die Ho\u00ebrskool Vaalharts van Jan Kempdorp ingespan het. Die vonnis is vir \u2019n jaar opgeskort. SA Rugby se nuusverklaring oor die voorval lui dat Vaalharts die ligapunte vir die kragmeting kry, met [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6286","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6286","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6286"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6286\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6286"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6286"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6286"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}