{"id":6287,"date":"2014-09-09T06:44:20","date_gmt":"2014-09-09T06:44:20","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/agterstand-kelder-swart-rugbyspelers\/"},"modified":"2014-09-09T06:44:20","modified_gmt":"2014-09-09T06:44:20","slug":"agterstand-kelder-swart-rugbyspelers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6287","title":{"rendered":"\u2018Agterstand kelder swart rugbyspelers\u2019"},"content":{"rendered":"<p>Etniese swart rugbyspelers in Suid-Afrika het \u2019n sosio-ekonomiese agterstand wat ook bydrae tot die feit dat die spelers \u2019n reuse agterstand in hulle voeding het.<\/p>\n<p>Dit het al tien skolerugby-afrigters van regoor Suid-Afrika wat <i>Beeld<\/i> eens oor dit wat hulle dink die vernaamste oorsake is, dat so baie etniese swart spelers na skool verlore raak. As jy dink aan \u2019n swart speler wat vir homself naam in Suid-Afrikaanse rugby gemaak het, het een van die afrigters hom waarskynlik op skoolvlak onder hande gehad.<\/p>\n<p>\u201cOns het \u2019n besigheidsplan in werking gestel om di\u00e9 spelers se voeding reg te stel. Ons het die grootbaas van Supplements SA, Ewan Kromhout, ingekry. Hy het bevind dat di\u00e9 spelers reeds vanaf 12 jarige ouderdom nie die regte voedingswaarde inkry nie. Dit veroorsaak dat hulle nie so groot soos die wit spelers is wanneer hulle op o.19-, o.21-vlak of daarna kom nie,\u201d het Theo Pieterse, afrigter van Itembelihle, ges\u00ea.<\/p>\n<p>Pieterse het spelers soos die Springbok, Solly Tyibilika en die Pumas se slot Giant Mtyanda op skool geslyp.<\/p>\n<p>Buiten die voeding wat \u2019n probleem is, s\u00ea Pieterse dat sy skoolspan se veld eintlik \u2019n gemors is en dat hy vir die kinders \u2019n dro\u00eb broodrol voor oefening gee om te eet. Itembelihle het wel van Saru \u2019n gimnasium ontvang om te help met die spelers se ontwikkeling.<\/p>\n<p>Nog \u2019n afrigter wat baie vir swart spelers in Suid-Afrika doen is Andr\u00e9 Hay van Ben Vorster. Die Springbok-stut, Trevor Nyakane, is deur sy hande.<\/p>\n<p>\u201cDisipline is \u2019n faktor sowel as die struktuur waaraan die spelers op skool gebonde is. Na skool verval di\u00e9 struktuur en dan skielik kry die spelers geld wat hulle nooit gehad het nie en daar is skielik kuierplekke en meisies wat oor die pad kom en dan verdwyn die spelers,\u201d het Hay ges\u00ea.<\/p>\n<p>Daar is volgens Hay oorgenoeg spelers met talent. \u201cHier is rondom ons seker 600 swart skole in \u2019n 30\u2009km radius en die spelers moet geidentifiseer word en \u2019n ondersteuningsbasis,\u201d het Hay ges\u00ea.<\/p>\n<p>*Jacques Viljoen, wat lank \u2019n afrigter by \u2019n skool was wat heelwat swart spelers opgelewer het, voel dat enige speler ondanks sy kleur die regte toerusting, finansies, voeding en ondersteuning nodig het om dit as proffesionele speler te maak. \u201cEk het fenomenale spelers by di\u00e9 skool afgerig. Ek kan nie onderskei tussen wit en swart spelers nie, vir my is almal rugbyspelers,\u201d het Viljoen ges\u00ea.<\/p>\n<p>Viljoen stel voor dat afrigters op provinsiale o.19- en o.21-vlak dalk nie op hulle wenpersentasie geevalueer word nie, maar dalk liewer \u2019n doel gestel word om byvoorbeeld vier swart spelers elke jaar deur te bring wat gereed is om senior provinsiaal te speel.<\/p>\n<p>*Barend Potgieter was soos Viljoen ook by \u2019n tradisionele wit skool betrokke, wat besluit het om talentvolle swart spelers geleenthede te gee. \u201cDi\u00e9 spelers se agtergrond tel teen hulle. Hulle ontvang geen ondersteuning van die huis af nie en hulle ouers maak hulle nie in \u2019n rugbykultuur groot nie. Daar is ook nie \u2019n sisteem in plek vir die seuns wat nie kan gaan swot en nie skool kan klaarmaak nie, wat die geval by baie van die talentvolle swart spelers is,\u201d het Potgieter ges\u00ea.<\/p>\n<p>*\u2009Viljoen en Potgieter is skuilname vir afrigters wat bang is hulle word weens die sensitiewe aard van di\u00e9 saak benadeel.<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Etniese swart rugbyspelers in Suid-Afrika het \u2019n sosio-ekonomiese agterstand wat ook bydrae tot die feit dat die spelers \u2019n reuse agterstand in hulle voeding het. Dit het al tien skolerugby-afrigters van regoor Suid-Afrika wat Beeld eens oor dit wat hulle dink die vernaamste oorsake is, dat so baie etniese swart spelers na skool verlore raak. [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6287","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6287","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6287"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6287\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6287"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6287"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6287"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}