{"id":62951,"date":"2025-01-23T17:18:02","date_gmt":"2025-01-23T15:18:02","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=62951"},"modified":"2025-01-23T17:18:02","modified_gmt":"2025-01-23T15:18:02","slug":"rusties-volkies-oorgehaal-vir-vanjaar-se-finsbury-reeks","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=62951","title":{"rendered":"Rusties, Volkies oorgehaal vir vanjaar se Finsbury-reeks"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_63048\" aria-describedby=\"caption-attachment-63048\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"wp-image-63048 size-medium\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/01\/Volkies-cricket-400x472.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"472\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-63048\" class=\"wp-caption-text\">Foto: <a href=\"https:\/\/www.facebook.com\/volkies.potch\">Potchefstroom Volkskool of Facebook<\/a>.<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg<\/strong> en <strong>Potchefstroom Volkskool<\/strong> kan uiteindelik hierdie week ook hul onderskeie <strong>Finsbury-<\/strong>veldtogte van stapel stuur.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regsteeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/SchoolsCricket2025\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Die Rustenburgers verwelkom &#8216;n gekweste <strong>Ho\u00ebrskool Menlopark<\/strong> op tuisbodem in Noordwes.<\/p>\n<p>Die Parkies, steeds een van die moeiliker spanne om vanjaar te troef, het die vorige week teen die nuweling, <strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne<\/strong>, met sewe paaltjies vasgeval.<\/p>\n<p>Die span van Pretoria het nietemin positiewe tekens getoon, met sy jong kolftalent, <strong>Jan-Willem Pienaar<\/strong>, wat duidelik mooi op dreef is. Aanvangskolwer, <strong>Owen Louwies<\/strong>, sal ook op sy belowende beurt van 46 teen die Eldos wil voortbou.<\/p>\n<p>Die klippie in die Pretorianers se skoen was in die boulafdeling, hoewel hul staatmaker en aanvangsbouler, <strong>Tiaan Serfontein<\/strong>, steeds aansienlike gevaar vir die tuisspan se toporde inhou.<\/p>\n<p>Die Rusties, wat effens klippe gekou het in die streek-uitspele van die Schools SA20 in Potchefstroom, het &#8216;n taamlike hupstoot ontvang op die vooraand van hul eerste kragmeting in die reeks. Spoedvraat, <strong>Callie Fryer<\/strong>, maak sy terugkeer tot die span nadat hy Engeland o.19 op hul onlangse toer na Suid-Afrika die stryd aanges\u00ea het.<\/p>\n<p>Fryer se teenwoordigheid versterk nie alleen die tuisspan se boulaanval nie, maar hy kan ook &#8216;n welkome bydrae lewer met die wilgerlat.<\/p>\n<p>Die Volkies durf die lang pad Laeveld toe aan, om met <strong>Ho\u00ebrskool Nelspruit<\/strong> swaarde te kruis. Die Nellies het die wenkbroue laat lig met &#8216;n puik boulvertoning teen die verdedigende kampioen, Ho\u00ebrskool Waterkloof. Draaier, <strong>Safwaan Miller<\/strong>, beloof om weer hoofbrekens vir sy teenstanders te besorg op &#8216;n blad wat in sy guns behoort te tel.<\/p>\n<p>Die Volkies sal self heelwat op hul draaier, <strong>Olefa Padi<\/strong>, steun. Die span van Potchefstroom het reeds &#8216;n paar strawwe kragmetings agter die rug, insluitende &#8216;n goeie oorwinning oor Northwood van KwaZulu-Natal in die onlangse <strong>Grey-krieketfees<\/strong>, en toon tekens van &#8216;n Volkie-span van ouds. In die kolfdepartement sal kaptein, <strong>Louis van Wyk<\/strong>, die pas met skitterbeurt wil aangee.<\/p>\n<p>Een van <strong>Ho\u00ebrskool Eldoraigne<\/strong> se grootste toetse in die reeks wag op die Klofies se <strong>Andr\u00e9 van der Walt-ovaal<\/strong>. Die feesvieringe by die Eldos na verlede week se sege sou van korte duur gewees het, met die oog op hierdie week se uitdaging. Die span van Centurion se boulers gaan ver\u00e1l in die spervuur wees, met die Klofie-kaptein, <strong>Riley Miller<\/strong>, wat reeds vroeg vanjaar sy voete begin vind het.<\/p>\n<p>Die Eldos se aanvangskolwers, <strong>Ryno Mulder<\/strong> en <strong>Kyle de Bruyn<\/strong>, sal dit verwelkom om op &#8216;n kolfvriendelike blad sake met die topspan in Pretoria uit te spook. Albei spog reeds met indrukwekkende 50-talle, wat &#8216;n groot aandeel in hul span se sege oor die Parkies gehad het. Die grootste vangs in die Eldo&#8217;s se dam sal egter di\u00e9 van die gevaarlike <strong>Benyael Morkel<\/strong> wees.<\/p>\n<p>Die stryd tussen bogenoemde trio en die Klofies se twee gevaarlike naatboulers,<strong> Jaco van der Walt<\/strong> en <strong>Jaydon Bloem<\/strong>, beloof om een van die hoogtepunte van die naweek te wees.<\/p>\n<p><strong>Bepalings:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Week Twee:<br \/>\n<\/strong>Ho\u00ebrskool Rustenburg t. Menlopark<br \/>\nHo\u00ebrskool Nelspruit t. Potchefstroom Volkskool<br \/>\nWaterkloof t. Eldoraigne<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Rustenburg en Potchefstroom Volkskool kan uiteindelik hierdie week ook hul onderskeie Finsbury-veldtogte van stapel stuur. Volg al die aksie regsteeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die Rustenburgers verwelkom &#8216;n gekweste Ho\u00ebrskool Menlopark op tuisbodem in Noordwes. Die Parkies, steeds een van die moeiliker spanne om vanjaar te troef, het die vorige week teen die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":63048,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-62951","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/62951","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=62951"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/62951\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/63048"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=62951"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=62951"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=62951"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}