{"id":6296,"date":"2014-10-01T14:40:15","date_gmt":"2014-10-01T14:40:15","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/stellenbosch-gasheer-van-2015-se-cravenweek\/"},"modified":"2014-10-01T14:40:15","modified_gmt":"2014-10-01T14:40:15","slug":"stellenbosch-gasheer-van-2015-se-cravenweek","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6296","title":{"rendered":"Stellenbosch gasheer van 2015 se Cravenweek"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6295\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/Cravenweeku18_Logo.jpg\" alt=\"Cravenweeku18 Logo\" width=\"142\" height=\"282\" srcset=\"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/Cravenweeku18_Logo.jpg 319w, https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/Cravenweeku18_Logo-151x300.jpg 151w\" sizes=\"auto, (max-width: 142px) 100vw, 142px\" \/>Die Coca-Cola Cravenweek vir ho\u00ebrskole sal volgende jaar vir die vyfde keer in Stellenbosch aangebied word. Di\u00e9 toernooi sou aanvanklik vir die eerste keer sedert 1990 na Durban teruggekeer het, maar die feit dat Paul Roos Gimnasium volgende jaar sy 150ste bestaansjaar vieringe hou het &#8216;n groot invloed gehad dat die toernooi na die Kaap skuif.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">KwaZulu-Natal se skolerugby-vereniging het hulle aansoek om die toernooi aan te bied terug getrek, na dit reeds aan hulle toegeken is. Die Westelike Provinsie het ook aansoek gedoen, maar die aansoek het glo nie die regte kanale gevolg nie en is so laat deur die Suid-Afrikaanse Skolerugby-vereniging (SASRV) ontvang.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit sal die vyfde keer wees sedert die eerste toernooi in 1964 dat die Cravenweek in die Eikestad aangebied sal word. Die Vrystaat het die Westelike Provinsie op die laaste toernooi in Stellenbosch met 52-3 in die hoofwedstryd verniel. In daardie Vrystaatse span was die Ebersohn-tweeling (Robert en Sias) aan die spits met toekomstige eersterangse spelers Coenie Oosthuizen, Pieter Labuschagn\u00e9 en Boom Prinsloo in sy geledere.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Streeptruie se span het spelers soos Nick Koster (kaptein), Johann Sadie, Jurgen Visser en Rossouw de Klerk ingesluit. Ander bekende spelers wat daardie jaar in die Eikestad in aksie was is Francois Brummer, Marnus Schoeman, Andries Ferreira, Gerhard van den Heever (almal Blou Bulle), Sampie Mastriet, Clayton Blommetjies, Rynhardt Elstadt (almal Boland), Lionel Cronj\u00e9 (Grens), David Bulbring, Phillip van der Walt, JJ Engelbrecht (almal Oostelike Provinsie), Rudy Paige, Julian Redelinghuys (albei Leeus), Schalk van der Merwe, Joubert Engelbrecht (albei Griekwas), Cecil Afrika, Peet Marais, Jandr\u00e9 Marais, RJ Liebenberg, Alistair Vermaak, Branco du Preez, Hoffman Maritz (almal Griffons), Martin Bezuidenhout (Luiperds), Trevor Nyakane (Limpopo Blou Bulle), Marnitz Boshoff, Jaco Kriel, Howard Mnisi (albei Pumas), Pat Lambie, Guy en Ross Cronj\u00e9, Brynard Stander, en Dale Chadwick (almal KwaZulu-Natal) en CJ Stander (SWD). \u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Stellenbosch sal volgende jaar slegs die tweede gasheer word om vir die vyfde keer die gesogte toernooi aan te bied. Oos-Londen wat die eerste twee jaar in 1964 en 1965 die gasheer was, het ook in 1979, 1991 en 2009 die Cravenweek aangebied. Die Eikestad was voorheen in 1973, 1980, 1996 en 2007 die gasheer.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Paul Roos Gimnasium het volgende &#8216;n volgepakte jaar wat op hom wag. Die skool sal ook Suid-Afrika op die jaarlikse Sannix-toernooi in Japan verteenwoordig. Die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl het vanjaar in die eindstryd teen Hamilton Boys&#8217; High van Nieu-Seeland met 15-11 die knie in die eindstryd gebuig.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die span van Stellenbosch het al voorheen di\u00e9 toernooi bygewoon. Di\u00e9 skool was die eerste Suid-Afrikaanse span wat die toernooi in Japan bygewoon het toe dit in 2000 vir die eerste keer aangebied is.\u00a0<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die Coca-Cola Cravenweek vir ho\u00ebrskole sal volgende jaar vir die vyfde keer in Stellenbosch aangebied word. Di\u00e9 toernooi sou aanvanklik vir die eerste keer sedert 1990 na Durban teruggekeer het, maar die feit dat Paul Roos Gimnasium volgende jaar sy 150ste bestaansjaar vieringe hou het &#8216;n groot invloed gehad dat die toernooi na die Kaap [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6295,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6296","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6296","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6296"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6296\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6295"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6296"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6296"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6296"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}