{"id":6310,"date":"2014-10-29T21:42:27","date_gmt":"2014-10-29T21:42:27","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/coca-cola-craven-week-fixtures-2015\/"},"modified":"2014-10-29T21:42:27","modified_gmt":"2014-10-29T21:42:27","slug":"coca-cola-craven-week-fixtures-2015","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6310","title":{"rendered":"Coca-Cola Craven Week Fixtures &#8211; 2015"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"font-size: small; color: #000000;\">Die gasheer van die 52ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole, die Westelike Provinsie, sal in die hoofwedstryd van die eerste dag van di\u00e9 toernooi in 2015 teen sy aartsvyande die Blou Bulle te staan kom. Di\u00e9 toernooi sal volgende jaar vir die vyfde keer sedert 1964 in Stellenbosch gehou word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-size: small; color: #000000;\">Hoewel die kragmeting tussen die Streeptruie en Ligbloues moontlik ook volgende jaar die hoofwedstryd van di\u00e9 toernooi kon wees, behoort di\u00e9 kragmeting op die eerste dag sommer vroeg die standaard vir die res van die toernooi se vertonings stel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-size: small; color: #000000;\">Die Ligbloues het sy suksesvolste era op die Cravenweek in die Eikestad in 1996 afgeskop. Die span het die Streeptruie met 24-12 in daardie jaar se hoofwedstryd verslaan. Die grootste sege in die geskiedenis van di\u00e9 hoofwedstryd van die toernooi is in 2007 deur die Vrystaat teen die Streeptruie opgestel. Met die Ebersohn-tweeling (Robert en Sias) aan die spits het die Vrystaters die gasheer met 52-3 gestreepsuiker.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-size: small; color: #000000;\">Die twee spanne wat mekaar vanjaar in die hoofwedstryd van di\u00e9 week gepak het, die Oostelike Provinsie en Suidwestelike Distrikte, sal mekaar op die tweede dag in die hoofwedstryd pak. Di\u00e9 wenner van di\u00e9 herontmoeting sal waarskynlik die wenner van die kragmeting tussen KwaZulu-Natal en die Goue Leeus op die vierde dag van die toernooi pak.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-size: small; color: #000000;\">Die Griffons is uiteindelik beloon vir hulle goeie rekord op die Cravenweek sedert 2011 se toernooi in Kimberley. Die span van die Noord-Vrystaat sal op die eerste dag teen die Vrystaat uitdraf. Dit sal die eerste keer sedert 1988 se toernooi wees dat die twee spanne mekaar op die week ontmoet. Die Vrystaters van Charl Marais was op daardie dag met 35-0 baas.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-size: small; color: #000000;\">Di\u00e9 span van Marais het toekomstige Springbokke Pieter M\u00fcller, Heinrich F\u00fcls, Naka Drotsk\u00e9 en Ruben Kruger in sy geledere gehad.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-size: small; color: #000000;\">Die Perses het die afgelope twee toernooie in Polokwane en Middelburg (Mpumalanga) onoorwonne afgesluit. Die span het die afgelope vier toernooie nog net een keer teen die Pumas (48-28) in 2012 in Port Elizabeth die knie gebuig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-size: small; color: #000000;\"><b>Die bepalings is: <\/b><\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-size: small; color: #000000;\"><b>Eerste dag \u2013<\/b> Namibi\u00eb t. Grens-platteland; Boland t. Limpopo Blou Bulle; Pumas t. Grens; Vrystaat t. Griffons; Westelike Provinsie t. Blou Bulle.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-size: small; color: #000000;\"><b>Tweede dag \u2013 <\/b>Griekwa-platteland t. Zimbabwe; Valke t. OP-platteland; Luiperds t. Griekwas; KwaZulu-Natal t. Goue Leeus; Oostelike Provinsie t. Suidwestelike Distrikte.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Die gasheer van die 52ste Cravenweek vir ho\u00ebrskole, die Westelike Provinsie, sal in die hoofwedstryd van die eerste dag van di\u00e9 toernooi in 2015 teen sy aartsvyande die Blou Bulle te staan kom. Di\u00e9 toernooi sal volgende jaar vir die vyfde keer sedert 1964 in Stellenbosch gehou word. Hoewel die kragmeting tussen die Streeptruie en [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":0,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6310","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6310","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6310"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6310\/revisions"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6310"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6310"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6310"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}