{"id":63116,"date":"2025-01-24T18:10:30","date_gmt":"2025-01-24T16:10:30","guid":{"rendered":"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/?p=63116"},"modified":"2025-01-24T18:10:30","modified_gmt":"2025-01-24T16:10:30","slug":"merensky-wessies-reeds-vir-tweede-keer-vanjaar-slaags","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=63116","title":{"rendered":"Merensky, Wessies reeds vir tweede keer vanjaar slaags"},"content":{"rendered":"<figure id=\"attachment_60582\" aria-describedby=\"caption-attachment-60582\" style=\"width: 400px\" class=\"wp-caption alignleft\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\"size-medium wp-image-60582\" src=\"https:\/\/ssschoolsplus.co.za\/wp-content\/uploads\/2024\/11\/Rinaldo-Bornman-Merensky-Landbou-Akademie-400x377.jpg\" alt=\"\" width=\"400\" height=\"377\" \/><figcaption id=\"caption-attachment-60582\" class=\"wp-caption-text\">Rinaldo Bornman van Merensky op die aanval teen Mohodi Hub. FOTO: Ankia Botha<\/figcaption><\/figure>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Wesvalia<\/strong> soek &#8216;n tweede hap van die kersiekoek wanneer hy Saterdag, vir die tweede keer vanjaar, teen <strong>Merensky Landbou Akademie<\/strong>, agter die sitrusgordyn in Tzaneen, te staan kom.<\/p>\n<p>Volg al die aksie regstreeks op <strong>SuperSport Schools<\/strong> &#8211; <a href=\"https:\/\/bit.ly\/SchoolsCricket2025\"><strong>(www.supersportschools.com)<\/strong><\/a><\/p>\n<p>Die twee spanne het vroe\u00ebr reeds by die jaarlikse <strong>Kovsie Smash<\/strong> T20-toernooi swaarde gekruis. Alhoewel die Wessies as kampioen van die toernooi gekroon is, het die Plasies, op die dag, met sewe paaltjies koning gekraai.<\/p>\n<p>Dit is juis die gevaarman, <strong>Rinaldo Bornman<\/strong>, waarvoor die besoekers hierdie slag versigtig sal wees. Buiten sy kolfvernuf, sal die veelsydige Bornman se draaiboulwerk ook &#8216;n sleutelrol in die Plasies se boulaanval speel.<\/p>\n<p>Die tuisspan se kaptein, <strong>Luka Heinlein<\/strong>, behoort opgewonde te wees oor die vooruitsig om weer op sy tuisveld te boul, want dii is in Tzaneen waar Heinlein se swaaiballe op hul geniepsigste is.<\/p>\n<p><strong>Eduard Dreyer<\/strong>, die Wessies se voorslagkolwer, sou kwaai bespreking in Tzaneen uitgelok het. Hy het reeds die lopies begin opstapel en was die Kovsie Smash se voorste lopievraat met &#8216;n totaal van 302 lopies. Die hotklou-swaaibouler, <strong>Quwen Fourie<\/strong>, hou ook groot gevaar in, aangesien hy, nes Heinlein, die bal om &#8216;n hoek kan swaai en die Plasies se toporde op hul tone behoort te hou.<\/p>\n<p><strong>Ho\u00ebrskool Dr. EG Jansen<\/strong> kan uiteindelik sy veldtog loods, nadat sy eerste wedstryd verlede naweek weens re\u00ebn afgelas moes word. Hy skop tuis af teen <strong>Ho\u00ebrskool Linden<\/strong>. Die Jansies het reeds &#8216;n aantal wedstryde by die Ho\u00ebr Jongenskool Paarl se krieketfees agter die blad. Kaptein, <strong>Jayden Barnes<\/strong>, en die veelsydige <strong>Brenton Francis<\/strong> is goed op dreef met die kolf.<\/p>\n<p>Linden lek nog sy wonde na &#8216;n ses-paaltjie nederlaag teen Ho\u00ebrskool Secunda die week vantevore, maar besef dat hierdie &#8216;n nuwe geleentheid bied om punte op puntelys te plaas.<\/p>\n<p>Die einste <strong>Ho\u00ebrskool Secunda<\/strong> geniet tuisveldvoordeel wanneer hy Saterdag vir <strong>Ho\u00ebrskool Klerksdorp<\/strong> in Mpumalanga verwelkom. Aanvangskolwer, <strong>Andries Coetzer<\/strong>, behoort oorgehaal te wees om die wilgerlat op tuisbodem in te l\u00ea. Coetzer was in die sege oor Linden sy span se voorste kolwer met &#8216;n onoorwonne 58 lopies.<\/p>\n<p>Die Klerksdorpers moes die knie met ses paaltjies buig in hul derby teen Wesvalia verlede week. Die kolwers sou vandeesweek egter hard skouer aan die wiel gesit het om &#8216;n soortgelyke ineenstorting hierdie naweek te voorkom.<\/p>\n<p><strong>Bepalings:<\/strong><\/p>\n<p><strong>Week 2:<\/strong><br \/>\nMerensky t. Wesvalia<br \/>\nEG Jansen t. Linden<br \/>\nHoerskool Secunda t. Hoerskool Klerksdorp<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ho\u00ebrskool Wesvalia soek &#8216;n tweede hap van die kersiekoek wanneer hy Saterdag, vir die tweede keer vanjaar, teen Merensky Landbou Akademie, agter die sitrusgordyn in Tzaneen, te staan kom. Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools &#8211; (www.supersportschools.com) Die twee spanne het vroe\u00ebr reeds by die jaarlikse Kovsie Smash T20-toernooi swaarde gekruis. Alhoewel die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":6,"featured_media":60582,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-63116","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/63116","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/6"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=63116"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/63116\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/60582"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=63116"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=63116"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=63116"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}