{"id":6314,"date":"2014-10-30T09:46:05","date_gmt":"2014-10-30T09:46:05","guid":{"rendered":"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/n-stryd-vir-swart-spelers\/"},"modified":"2014-10-30T09:46:05","modified_gmt":"2014-10-30T09:46:05","slug":"n-stryd-vir-swart-spelers","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/?p=6314","title":{"rendered":"\u2019n Stryd vir swart spelers"},"content":{"rendered":"<p><span style=\"color: #000000;\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" class=\" alignleft size-full wp-image-6313\" src=\"https:\/\/rugby.supersportschools.com\/wp-content\/uploads\/2014\/10\/NuusG_Itembelihleveld.JPG\" width=\"316\" height=\"237\" alt=\"NuusG Itembelihleveld\" style=\"margin: 0px 10px 5px 0px; float: left;\" \/>Maatskaplik-ekonomiese agterstande veroorsaak dat nie genoeg jong swart rugbyspelers hul stempel in Suid-Afrika afdruk nie, skryf <strong>Hannes Nienaber<\/strong>.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Baie swart spelers gaan n\u00e1 skool vir die spel verlore. Die vernaamste rede daarvoor is die maatskaplik-ekonomiese agterstande waarmee hulle grootgeword het, s\u00ea verskeie afrigters.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) erken ook di\u00e9 feit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Saru het sy provinsiale unies vroe\u00ebr vanjaar in e-pos gevra om talentvolle swart spelers te identifiseer wat na tradisionele rugbyskole gestuur kan word.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Saru sal die regering beurse aan die spelers moet gee om \u201cerkende rugbyskole\u201d te kan bywoon.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 spelers moet volgens Saru leerlinge wees wat kom van \u201cklein, nuwe en nie-betalende skole en skole waar rugbyspelers al hoe minder word\u201d.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In die e-pos vra Saru ook dat die keurders in gedagte moet hou dat di\u00e9 spelers goed genoeg moet wees om in hul o.18-jaar aan die Akademie-week of Cravenweek te kan deelneem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Goodman Ndaba, \u2019n administrateur van die departement van sport, het bevestig dat Saru die departement gevra het of sy keurders swart spelers kan identifiseer in die Suid-Afrikaanse Skole-kampioenskap vir o.16-spelers. Die departement organiseer die toernooi.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar kan egter nie net van Saru verwag word om di\u00e9 agterstand te probeer uitwis nie, meen die afrigters.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Nuwe idees is nodig<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Jaarliks neem meer as 170 gekleurde spelers aan die Cravenweek vir ho\u00ebrskole deel. Nog 275 is jaarliks in die Akademie-week in aksie. Dit wil s\u00ea ongeveer 400 gekleurde spelers van gehalte word jaarliks deur die skolestruktuur opgelewer.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Saru se strategiese transformasieplan bepaal dat die helfte van die Springbokspan teen 2019 uit gekleurde spelers moet bestaan, terwyl 60% van di\u00e9 spelers etnies swart moet wees.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar sal dus op o.19- en o.21-vlak vir die volgende paar jaar met nuwe idees vorendag gekom moet word om sy teikens vir 2019 te kan behaal.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u2019n Afrigter wat lank by \u2019n skool was wat heelwat swart spelers opgelewer het, meen enige speler het die regte toerusting, geld, kos en ondersteuning nodig om professioneel te kan meeding \u2013 ongeag hul kleur.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cEk het fenomenale spelers by di\u00e9 skool afgerig. Ek kan nie onderskei tussen wit en swart spelers nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cVir my is almal rugbyspelers,\u201d het die afrigter ges\u00ea.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het gevra om anoniem te bly.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy stel voor dat afrigters op provinsiale o.19- en o.21-vlak dalk nie volgens hul wenpersentasie beoordeel word nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hulle moet eerder die doel gestel word om byvoorbeeld elke jaar vier swart spelers op te lewer wat gereed is om op senior provinsiale vlak te speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cAs \u2019n afrigter onder druk is om te presteer op di\u00e9 ouderdomsvlakke, gaan hy nie tyd bestee aan spelers se kondisionering en om toe te sien dat hulle reg eet nie. Hy gaan bloot die speler kies wat reeds gereed is om op daardie vlak mee te ding.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cOns het swart spelers gaan haal en help ontwikkel. Die ouens se skoolgeld word betaal, hulle kry aanvullings en eet ook reg. Dan breek die skoolvakansie aan en as die speler terugkom koshuis toe, is sy kondisionering weer nie na wens nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cBaie van die spelers kry nie die regte kos by die huis nie en dit strem hul ontwikkeling.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Twee van Suid-Afrika se blinkste Springbokke, Oupa Mahoje en Trevor Nyakane, spog met die Nelson Mandela-trofee wat die Bokke in September teen die Wallabies op Nuweland gewen het. Foto: Gallo Images<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>\u200bVoeding speel &#8216;n rol<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Itembelihle in Port Elizabeth is een van die tradisionele swart skole wat tot dusver \u2019n groot bydrae tot Suid-Afrikaanse rugby gelewer het.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Theo Pieterse, die skool se afrigter, het die hulp van Supplements SA ingeroep.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens Pieterse het Ewan Kromhout, die grootbaas van Supplements SA, bevind dat spelers al van 12 jaar af nie kos met die regte voedingswaarde kry nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cOns het \u2019n plan ingestel om die spelers se voeding reg te stel,\u201d s\u00ea Pieterse.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy het al spelers soos die Springbok Solly Tyibilika en die Pumas se slot Giant Mtyanda by die skool onder hande gehad.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die plan sluit aanvullings en oefenprogramme in om die spelers van Itembelihle toe te rus om hul stempel n\u00e1 skool op die rugbyveld af te druk.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Die maatskaplik-ekonomiese agterstand \u201cveroorsaak dat hulle nie so groot soos die wit spelers is wanneer hulle op o.19-, o.21- en senior vlak moet meeding nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cOp skool kan hulle egter in \u2019n mate teen die wit kinders meeding, maar daarna word die gaping te groot,\u201d s\u00ea Pieterse.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit gaan soms so erg dat Pieterse die kinders voor oefeninge \u2019n dro\u00eb broodrol gee om te eet.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Boonop is die veld waarop gespeel word, byna sonder gras. Di\u00e9 skool van die Baai het wel \u2019n gimnasium by Saru gekry om met die spelers se ontwikkeling te help.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Ondersteuning is nodig<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nog \u2019n afrigter wat baie vir swart spelers in Suid-Afrika doen, is Andr\u00e9 Hay van Ben Vorster in Tzaneen. Die Springbok-stut Trevor Nyakane is deur hom afgerig.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Daar is volgens Hay oorgenoeg spelers met talent.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cHier is rondom ons in \u2019n radius van 30\u2009km seker 600 swart skole. Die spelers moet ge\u00efdentifiseer word en ondersteuning kry.\u201d<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Volgens hom het baie van die swart spelers wat kontrakte by unies gekry het, skielik n\u00e1 skool \u201cgeld in hul hande\u201d en weet dan ook nie hoe om dit te hanteer nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Baie van di\u00e9 spelers verval dan \u2019n kultuur van drankmisbruik wat hul ontwikkeling as rugbyspelers verder strem.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cHulle het dan nie meer die strukture van \u2019n skool om op te steun nie en oor naweke hang hulle in kuierplekke uit,\u201d s\u00ea Hay.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Nog \u2019n afrigter wat verkies het om anoniem te bly, het by \u2019n tradisionele wit skool afgerig waar besluit is om talentvolle swart spelers geleenthede te gee.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Hy meen ook dat van die jong spelers se persoonlike agtergrond \u2019n rol speel.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDi\u00e9 spelers se agtergrond tel teen hulle. Hulle kry geen ondersteuning by die huis nie en hul ouers maak hulle ook nie in \u2019n rugbykultuur groot nie.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u201cDaar is ook nie \u2019n stelsel vir di\u00e9 seuns wat nie skool klaargemaak het wat dit moontlik maak dat hulle verder kan gaan studeer nie,\u201d s\u00ea hy.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\"><strong>Dadels kom van Saru-beloftes<\/strong><\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">\u200bDie rugbyveld van Itembelihle in Port Elizabeth is in \u2019n haglike toestand. Die veld se gras is kol-kol versprei. Daar is ook heelwat klippe oor die hele veld.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Dit is slegs een van die verskeie probleme waarmee een van Suid-Afrika se voedingsbronne vir swart rugbyspelers sit.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">Di\u00e9 skool het onder andere die Springbok Solly Tyibilika opgelewer. Theo Pieterse, afrigter van die skool se eerste span, is al sedert 1979 by die skool se rugby betrokke.<\/span><\/p>\n<p><span style=\"color: #000000;\">In 2004 het Saru sy amptenare Edwin Ncula en Mike Stofile na die skool gestuur oor die veld se toestand. In die tien jaar sedert hul besoek het egter dadels gekom van hul beloftes.<\/span><\/p>\n<p>&nbsp;<\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Maatskaplik-ekonomiese agterstande veroorsaak dat nie genoeg jong swart rugbyspelers hul stempel in Suid-Afrika afdruk nie, skryf Hannes Nienaber. Baie swart spelers gaan n\u00e1 skool vir die spel verlore. Die vernaamste rede daarvoor is die maatskaplik-ekonomiese agterstande waarmee hulle grootgeword het, s\u00ea verskeie afrigters. Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) erken ook di\u00e9 feit. Saru het sy provinsiale [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":2,"featured_media":6313,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-6314","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6314","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/2"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=6314"}],"version-history":[{"count":0,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/posts\/6314\/revisions"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/media\/6313"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=6314"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcategories&post=6314"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/test.ssschoolsplus.co.za\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Ftags&post=6314"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}